Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Selenium - Wikipedia

Selenium

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

34 arseenseleniumbroom
S

Se

Te
Algemeen
Naam, Simbool, Getal selenium, Se, 34
Chemiese reeks nie-metale
Groep, Periode, Blok 16, 4, p
Voorkoms grys, metaalglans
Atoommassa 78.96 (3) g/mol
Elektronkonfigurasie [Ar] 3d10 4s2 4p4
Elektrone per skil 2, 8, 18, 6
Fisiese Eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) (grys) 4.81 g/cm³
Digtheid (naby k.t.) (alpha) 4.39 g/cm³
Digtheid (naby k.t.) (vitreous) 4.28 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 3.99 g/cm³
Smeltpunt 494 K
(221 °C)
Kookpunt 958 K
(685 °C)
Kritieke punt 1766 K, 27.2 MPa
Smeltingswarmte (grys) 6.69 kJ/mol
Verdampingswarmte 95.48 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 25.363 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 500 552 617 704 813 958
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur heksagonaal
Oksidasietoestande ±2, 4, 6
(sterk suur oksied)
Elektronegatiwiteit 2.55 (Skaal van Pauling)
Ionisasie energieë
(meer)
1ste: 941.0 kJ/mol
2de: 2045 kJ/mol
3rde: 2973.7 kJ/mol
Atoomradius 115 pm
Atoomradius (ber.) 103 pm
Kovalente radius 116 pm
Van der Waals radius 190 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking geen data
Termiese geleidingsvermoë (300 K) (amorf)
0.519 W/(m·K)
Termiese uitsetting (25 °C) (amorf)
37 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf) (20 °C) 3350 m/s
Young se modulus 10 GPa
Skuifmodulus 3.7 GPa
Massamodulus 8.3 GPa
Poissonverhouding 0.33
Mohs se hardheid 2.0
Brinell hardheid 736 MPa
CAS-registernommer 7782-49-2
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van selenium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
72Se sin 8.4 d ε - 72As
γ 0.046 -
74Se 0.87% Se is stabiel met 40 neutrone
75Se sin 119.779 d ε - 75As
γ 0.264, 0.136,
0.279
-
76Se 9.36% Se is stabiel met 42 neutrone
77Se 7.63% Se is stabiel met 43 neutrone
78Se 23.78% Se is stabiel met 44 neutrone
79Se sin 1.13×106 j β- 0.151 79Br
80Se 49.61% Se is stabiel met 46 neutrone
82Se 8.73% 1.08×1020 j β-β- 2.995 82Kr
Verwysings

Selenium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Se en atoomgetal van 34. Dit is 'n toksiese nie-metaal wat chemies verwant is aan swael en tellurium. Dit kan in verskeie vorme voorkom maar een van hulle is 'n stabiele grys metaalagtige vorm wat elektrisiteit beter in die teenwoordigheid van lig as in die donker kan gelei en word in fotoselle gebruik. Die element word gevind in sulfiedertse soos piriet.

Inhoud

[wysig] Vervaardiging

Selenium is 'n algemene byproduk van koperraffinering of die vervaardiging van swaelsuur[1][2][3]. Die suiwering van selenium word dikwels bemoeilik deur die teenwoordigheid van ander verbindings en elemente. Die algemeenste proses begin gewoonlik met die oksidasie met natriumkarbonaat om natriumseleniet te lewer. Die natriumseleniet word dan aangesuur met swaelsuur wat selenoëēsuur lewer. Swaeldioksied word dan deur die selenoësuur geborrel om die elementêre selenium te lewer.

[wysig] Gebruike

  • Word gebruik in fotoselle, ligmeters en sonselle vanweë sy fotovoltaïse en fotogeleidende eienskappe.
  • Word in gelykrigters gebruik.
  • Word gebruik om kleur in glas te verwyder aangesien dit die groen kleur van ysterbevattende onsuiwerhede teenwerk.
  • Word gebruik om 'n rooi kleur aan glasse en emaljes te verleen.
  • Word gebruik om die skuurweerstand van gevulkaniseerde rubber te verbeter.
  • Word in fotokopiëring aangewend.
  • Word in fotografie gebruik.

[wysig] Geskiedenis

Selenium (Grieks σελήνη selene wat "Maan" beteken) is in 1817 deur Jöns Jakob Berzelius ontdek. Die groei in seleniumverbruik het egter eers veel later plaasgevind met die ontwikkeling van nuwe gebruike daarvan, insluitende toepassings in rubbersamestelling, staallegerings en seleniumgelykrigters. Teen 1970 is seleniumgelykrigters grootliks met silikongelykrigters vervang maar is steeds as fotogeleier in gewone papierkopieërders gebruik en is tot vandag toe nog een van die grootste gebruike vir selenium. Tydens die 1980's het fotogeleiertoepassings begin afneem met die vervaardiging van meer en meer organies gebaseerde fotogeleiers. In 1996 het navorsing 'n positiewe verband met selenium aanvullings en die voorkoming van kanker in mense bevestig, maar die wydverspreide gebruik van selenium in hierdie verband het nie die verbruik van selenium noemenswaardig vermeerder nie vanweë die klein dosisse wat benodig word. Sedert die laat 1990's is selenium as legering in geelkopers vir loodgietwerk gebruik om aan die geen lood vereiste van nuwe omgewingstandaarde te voldoen.

[wysig] Verspreiding

Selenium kom in verskeie anorganiese vorme voor, insluitende elementêre selenium, selenied, selenaat en seleniet. Selenium kam ook voor in organiese stowwe soos dimetielselenied, selenometioon en selenosistien.

Selenium word meestal vervaardig vanuit selenied in baie sulfiedertse, soos dié van koper, silwer of lood. Dit word as byproduk van die verwerking van hierdie ertse verkry, vanaf die anodemodder van koperraffinaderye en die modder vanuit die loodkamers van swaelsuuraanlegte. Hierdie modders kan op verskeie maniere verwerk word om suiwer selenium te verkry.

Natuurlike bronne van selenium sluit in sekere seleniumryke sand en selenium wat deur sekere giftige plante bioverryk is.

[wysig] Isotope

Selenium het ten minste 29 isotope, waarvan 5 stabiel is en 6 kernisomere.

[wysig] Selenium en gesondheid

Alhoewel selenium in groot dosisse giftig is, is selenium 'n noodsaaklike spoorelement in alle bekende lewensvorme. Dit 's 'n komponent van die ongewone aminosure selenosistien en selenometionien. In mense is selenium 'n spoorelement wat funksioneer as 'n kofaktor vir die reduksie van anti-oksidant ensieme soos glutatioonperoksidase en tioredoksienreduktase. Dit speel ook 'n rol in die werking van die skildklier deur as 'n kofaktor vir deiodenase van skildklierhormoon op te tree[4]. Dieetkundige selenium word aangetref in graankosse, vleis, vis en eiers. Die aanbevole dieetkundige innamme vir volwassenes is 55 mikrogram per dag. Lewer en Brasiliaanse neute (paraneut) is veral ryk aan selenium. 'n Lys van seleniumryke voedsels is op die internet beskikbaar[5].

[wysig] Giftigheid

Al is selenium 'n noodsaaklike spoorelement is dit giftig indien te veel daarvan ingeneem word. Die inname van meer as die toelaatbare vlak van 400 mikrogram per dag kan aanleiding gee tot selenosis[6]. Simptome van selenose sluit in 'n asem wat na knoffel ruik, afwykings in die spysverteringskanaal, haarverlies, los naels, moegheid, prikkelbaarheid en neurologiese skade. Uiterste gevalle van selenose kan lei tot lewerversaking , longontsteking en die dood[7].

Elementêre selenium en die meeste metaalagtige seleniede se giftigheid is relatief laag as gevolg van hulle biobeskikbaarheid. In teenstelling is selenaat en seleniet uiters giftig en die werking daarvan is soortgelyk aan dié van arseen. Waterstofselenied is 'n uiters giftige, korrosiewe gas[8]. Selenium kom ook voor in organiese verbindings soos dimetielselenied, selenometionien en selenosistien wat almal 'n hoë biobeskikbaarheid het wat slegs in hoë dosisse giftig is.

Seleniumverfigtiging as gevolg van landbou aflope kan ook geboorte-afwykings in voëls tot gevolg hê.

[wysig] Seleniumtekort

Seleniumtekorte is 'n relatief rare verskynsel by mense met 'n gesonde dieet. Dit kom voor by pasiënte met ernstige afwykings in dermkanaalfunksie, of diegene wat totale binne-aarse voeding ontvang. Mense wat afhanklik is van voedsels wat in seleniumarme grond verbou word kan ook die siekte opdoen. Die aanbevole dieetkundige dosis vir volwassenes is 55 mikrogram per dag.

Seleniumtekorte kan lei tot Keshan se siekte wat moontlik noodlottig kan wees asook Kashin-Beck se siekte[9]. Die hoofsimptome van Keshan se siekte is miokardiese nekrose, wat lei tot die verswakking van die hartspier. Kashin-Beck se siekte lei tot atrofie (wegkwyn), verval en nekrose van kraakbeenweefsels. Keshan se siekte maak die liggaam ook meer vatbaar vir siektes wat veroorsaak word deur gebrekkige voeding, biochemiese oorsake of aansteeklike siektes.

Hierdie siektes kom die meeste voor in sekere dele van Sjina waar die grond uiters arm is in selenium. Studies in die Jiangsu provinsie van Sjina dui aan dat 'n afname in die voorkoms van die siekte plaasvind wanneer selenium aanvullings geneem word. Seleniumtekorte is ook al verbind met kropswelling, kretinisme en herhaalde miskraam in mense[10].

[wysig] Verbindings

  • Waterstofselenied (H2Se)
  • Seleniumdioksied (SeO2)
  • Seleniumsuur (H2SeO4)
  • Selenoësuur (H2SeO3)
  • Seleniumsulfiede: Se4S4, SeS2, Se2S6
  • Natriumseleniet (Na2SeO3)
  • Sinkselenied (ZnSe)

[wysig] Verwysings

  1. Agentskap vir die Registrasie van Giftige stowwe en siektes in die V.S.A toksikologiese profiel van Selenium
  2. Los Alamos National Laboratory - Data oor Selenium
  3. Webelements.com artikel oor Selenium
  4. Artikel oor die voedingswaarde van Selenium by die Linus Pauling Instituut
  5. Data oor voedsels wat selenium bevat
  6. Inligting oor die gesondheidsrisikos van selenium
  7. Hoofstuk oor die toksikologie van selenium van die ATSDR inligtingsblad vir selenium.
  8. Gids oor die hantering van Waterstofselenied in die Kanadese Departement van vervoer se Gidsboek oor die hantering en vervoer van gevaarlike stowwe
  9. Sien verwysing no. 7
  10. Sien verwysing no. 7

[wysig] Eksterne skakels

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com