Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Santa Cruz (Kalifornië) - Wikipedia

Santa Cruz (Kalifornië)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die ligging van Santa Cruz in Kalifornië
Vergroot
Die ligging van Santa Cruz in Kalifornië

Santa Cruz is die administratiewe hoofstad Santa Cruz County van die deelstaat Kalifornië (Verenigde State) met 'n oppervlak van 40,4 vierkante kilometer en 54 700 inwoners (2004). Die stad lê teen die noordelike kant van die Montereybaai, sowat 100 kilometer suid van San Francisco. 'n Kampus van die Universiteit van Kalifornië in Santa Cruz (Engels: University of California, Santa Cruz) lê noord-wes van die stad.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

'n Uitsig oor Santa Cruz en Montereybaai
Vergroot
'n Uitsig oor Santa Cruz en Montereybaai

Die gebied is oorspronklik deur die Ohlone, jagters en versamelaars en een van Kalifornië se Eerste Nasies, bewoon. Op 28 Augustus 1791 het Padre Fermín Lasuén die sendingstasie Santa Cruz gestig, wat na die naamdag van sy stigtingsdatum vernoem is. Dit was die twaalfde van altesame 21 sendingstasies in Alta California (Opper-Kalifornië). Hier het aanvanklik lede van die Ohlone-stam, later ook Yokut begin werk. Die sendingstasie is in 1818 uit vrees vir 'n pirateaanval ontruim. In plaas van dit te beskerm, het Spaanse setlaars die stasie geplunder. Nadat dit later deur 'n aardbewing verwoes is, is die sendingwerk in Santa Cruz gestaak.

Die naam Santa Cruz is later vir die nedersettings in die omgewing oorneem. Terwyl die Ohlone deur Spaanse setlaars verdryf is of aan siektes en dwangarbeid beswyk het, het Santa Cruz in die 19de eeu danksy setlaars van die Amerikaanse Ooskus en Midweste en immigrante uit Skotland, Italië, Sjina en Portugal begin groei. Die Spaanse setlaars is onteien en verdryf, nadat Kalifornië 'n deelstaat van die Verenigde State (VSA) geword het.

Die Loma Prieta-aardbewing van die jaar 1989 het baie historiese geboue in die binnestad van Santa Cruz verwoes en vyf menselewens geëis. Danksy sy ligging naby die Kaliforniese Silicon Valley het die eiendomspryse as gevolg van die groei in die hoëtegnologie-sektor die hoogte ingeskiet, en Santa Cruz word nog steeds as een van die vyf Amerikaanse stede met die hoogste eiendomspryse gelys.

[wysig] Toerisme

Die vermaaklikheidspark Boardwalk
Vergroot
Die vermaaklikheidspark Boardwalk

Santa Cruz, wat ook Surf City USA genoem word, was in 1885 die eerste stad in Kalifornië, waar die branderplankrysport beoefen is. Talle internasionale branderplankry-wedstryde vind nog steeds hier plaas.

Die vermaaklikheidspark Santa Cruz Beach Boardwalk is die oudste in Kalifornië. Toerisme is naas landbou, tersiêre onderwys en hoëtegnologie nog steeds een van die hoofsaaklike bronne van inkomste in Santa Cruz.

[wysig] Ekonomie

Santa Cruz het met die oprigting van die universiteitskampus 'n groot aantal jong mense gelok en ook alternatiewe lewensstyle gewild gemaak. Die stad het sodoende ook 'n sentrum van die organiese boerdery geword.

Die bekendste plaaslike hoëtegnolgie-maatskappye is The Santa Cruz Operation (SCO) (tans Tarantella, Inc.) en Plantronics. Ander belangrike ondernemings, wat hulle hoofkwartiere in Santa Cruz het, is Giro (fietshelme), The Santa Cruz Guitar Company (kitare), Good Earth Tea (tee) en Erik's Deli Café.

[wysig] Eksterne skakels

Commons
Multimedia oor hierdie onderwerp is te vinde op Wikimedia Commons onder die titel:
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com