Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Rugby - Wikipedia

Rugby

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Twee Australiaanse spelers voer 'n harde duikslag op 'n Engelse speler uit
Twee Australiaanse spelers voer 'n harde duikslag op 'n Engelse speler uit

Neem kennis die term Rugby hier verwys na "Rugby Union" soos wat die gebruik in Suid-Afrika is

Rugby is 'n spansport wat (volgens legende) ontwikkel het uit die reëls wat gebruik is om sokker te speel in die dorp Rugby in Engeland. Twee spanne, elkeen met 15 spelers het die taak om meer punte as die opponerende span aan te teken. Spelers speel met 'n eiervormige bal wat hulle in hulle hande of arms dra en mag die bal agtertoe of lateraal oor die veld na mekaar aangee of dit dan skop. Die opponerende span poog om die baldraer se vordering te stuit deur hom te duik Wanneer die baldraer geduik is, moet hy die bal los en vind daar 'n stryd (losgemaal of 'n losskrum) plaas vir besit van die bal. Die Internasionale rugbyraad (IRB) is in 1886 gestig en publiseer ook die reëls van die spel.

Inhoud

[wysig] Speltegniek

In Rugby anders as in sokker mag die hande gebruik word om die bal te hanteer. 'n Speler kan egter slegs die bal agtertoe aangee na 'n ander speler of dit vorentoe skop. Dit beteken dat die spelers van 'n aanvallende span veld wen deur om die beurt die bal aan 'n medespeler aan te gee, vorentoe te hardloop om veld te wen ensovoorts totdat 'n speler uiteindelik geduik word en proses weer van voor af begin. Elkeen van hierdie siklusse in die spel word na verwys as 'n fase.

Die doel van rugby is vir 'n span om meer punte as die opponerende span aan te teken. Spanne kan op verskeie maniere punte aanteken:

[wysig] Aanteken van punte

  • Deur die bal te plaas met afwaartse druk van enige punt op die liggaam van die middel tot by die nek op of oor die teenstanders se doellyn. ('n Drie, tans 5 punte werd).
  • Na die druk van 'n drie, kan die span wat die drie gedruk het probeer om die drie te verdoel: 'n speler skop na die pale vanaf 'n lyn loodreg vanwaar die drie gedruk is en kry sy span 'n addisionele 2 punte indien hy oorskop.
  • Deur die bal oor die dwarslat tussen die pale te skop. Dit kan plaasvind vanaf 'n strafskop wat die skeidsregter toeken na 'n oortreding deur die opposisie of tydens die spel waar 'n speler die kan skepskop, wat beteken dat die bal die grond moet tref voor hy hom skop. Beide tipe doele is 3 punte werd.

[wysig] Vastespel

Verskeie vorme van vastespel vind plaas, hoofsaaklik:

[wysig] Afskoppe

Aan die begin van die twee helftes van die wedstryd skop een kant die bal af. Daar word met behulp van die gooi van 'n muntstuk bepaal wie eerste afskop. Die afskop vind plaas wanneer 'n speler van die een span 'n skepskop vanaf die middellyn neem. Die reëls bepaal dat die bal ten minste 10 meter ver moet trek voor dit die grond raak. 'n Algemene taktiek wat die span wat afskop dan gebruik is om die bal so hoog as moontlik te skop en om dit net oorkant die tien-meter stippellyn te laat val. Dit gee dan vir die skoppende span 'n kans om vir die bal te kompeteer of om dit te vang voordat die verdedigers dit kan vang. 'n Alternatiewe strategie is dan dikwels om die bal diep in die opponente se gebied in te skop, om sodoende soveel moontlik gebiedsvoordeel te verkry.

Daar vind ook 'n kwartlyn afskop plaas. Dit word toegeken wanneer die aanvallende span die bal in die doel-area inskop en die verdedigende span die bal dooddruk. Indien die bal deur die aanvallers oor die doellyn geskop word en dit hou aan rol tot oor die doodlyn, het die verdedigende die span die keuse van 'n kwartlyn afskop of 'n skrum op die plek vanwaar die aanvallende span die bal geskop het. Die kwartlyn afskop mag vanaf enige punt op (of agter) die kwartlyn af waargeneem word.

Nota: In rugby anders as sokker, word die kantlyne van die speelveld geag as buite spel te wees. Dus as 'n speler op die lyn staan sonder om daarbuite te trap word daar steeds bepaal dat hy uitgetrap het.

[wysig] Duik

'n Speler mag 'n opponent duik wat die bal dra deur hom vas te hou terwyl hy hom grond toe dwing. As 'n baldraer deur 'n opponent vasgehou word maar steeds voorwaartse momentum het mag hy vorentoe oor die doellyn gly om 'n drie aan te teken. As 'n speler se knie of die bal die grond raak is dit genoeg om die speler as geduik te ag. 'n Geduikte speler moet die bal los en die speler wat die duikslag uitgevoer het moet hom ook uitlos en weg beweeg om sodoende die bal beskikbaar te stel vir 'n losskrum om plaas te vind. Indien 'n baldraer vasgehou word maar nie op die grond vasgehou word nie, word dit nie as 'n duikslag beskou nie en word daar normaalweg 'n losgemaal gevorm.

Spelers sal dikwels doelbewus grond toe gaan eerder as om toe te laat dat daar 'n losgemaal vorm om voordeel te trek uit die reëls wat losskrums en losgemale beheer. Wanneer 'n speler grond toe gegaan het en daar is ten minste twee ander spelers in oor die bal stoot (gewoonlik deur aanmekaar by die skouers te bind in 'n poging om die bal te wen) word dit as 'n losskrum geag. Geen speler mag verby die agterste voet van hul spanlede beweeg tensy hulle aan die losskrum gebind is nie. As 'n speler dit doen en aan die spel deelneem, deur byvoorbeeld aan die bal te raak, word hy onkant geag te wees. Die losskrum word gewoonlik beëindig wanneer 'n speler in die losskrum 'n houvas op die bal kan kry om selfs daarmee te hardloop of dit uit te gee (of as die skrumskakel dit onder die voete van die agterste spelers in die losskrum kan optel). Die span wat nie besit het nie word toegelaat om aktief mee te ding in 'n losgemaal om besit van die bal deur dit uit die baldraer se hande uit te ruk. Dit is daarom gewoonlik makliker om besit van die bal in 'n losskrum te behou (waar die opponente nie aan die bal mag raak nie) as in 'n losgemaal. 'n Losskrum laat 'n span ook gewoonlik toe om die bal vinniger te wen en dan weer daarmee te beweeg en sodoende weer 'n volgende aanval te loods voordat hulle tyd het om te herorganiseer.

Daar is 'n aantal reëls wat bepaal hou 'n duikslag uitgevoer mag word, die mees noemenswaardige daarvan is dat 'n speler nie toegelaat word om iemand bo die skouers vas te vat nie (die nek en kop is buite die reëls) en verder moet die duiker 'n poging aanwend om sy arms om die speler te vou om sy duikslag te voltooi. Dit is onwettig om 'n speler met die voet of 'n been te pootjie, maar hande mag ingespan word (in die algemene taal na verwys as 'n skapie).

[wysig] Losskrum

'n Losskrum is 'n stryd om besit van die bal. Wanneer 'n speler geduik word, moet hy asook die duiker die bal laat gaan en poog om uit die pad te beweeg. Die eerste speler(s) wat by die los bal aankom van watter span ook al mag dan die bal optel; sodra daar egter meer as een speler aanmekaar gebind het met die bal by hul voete word dit beskou as 'n losskrum en mag ander spelers slegs aan die spel deelneem as hulle dit vanuit hulle eie gebied doen. In 'n losskrum mag geen speler sy hande gebruik om die bal te wen nie, maar moet elke span probeer om die ander span terug te stoot en die bal met hulle voete na hulle kant toe terug te hak na hulle eie kant toe waar dit dan deur die skrumskakel of agterste speler in die losskrum (mag nie meer gebind wees nie) opgetel kan word. Spelers in 'n losskrum mag nie doelbewus gaan lê nie. Indien die bal vassteek in die losskrum, ken die skeidsregter die vaste skrum toe aan die span wat vorentoe beweeg het.

Die meeste oortredings kom normaalweg in die losskrums voor. Spelers probeer dikwels die terugwen van die bal deur die opponente te vertraag of om dit vinniger vir hulself te wen deur onwettiglik van hulle hande gebruik te maak, op die bal te lê, of deur doelbewus te gaan lê. Sulke oortredings word dan gestraf deur die toekenning van 'n strafskop aan die ander span.

As die aanvallende span op wettig wyse besit sou verloor hetsy deurdat die aanvallende speler die bal laat val het of deur die toedoen van 'n verdedigende speler wat die bal by hom afneem dan word daar gesê dat die besit "omgekeer" is. Na die omgekeerde besit hou die spel weer aan behalwe dat die aanvaller/verdediger rolle van die spanne nou verander het.

[wysig] Losgemaal

'n Losgemaal vorm as die baldraer vasgehou word en 'n speler van beide kante aan hom bind. Die opponent probeer om die bal by hom weg te ruk en sy medespeler sal probeer om hom vorentoe te stoot. Wanneer 'n losskrum eers gevorm het mag ander spelers ook aansluit by die losgemaal maar moet hulle net soos in die geval van 'n losskrum moet hulle dit vanuit hulle eie kant af doen. As die losgemaal ophou om vorentoe te beweeg ken die skeidsregter 'n skrum aan die span wat nie in besit was toe die losgemaal begin het nie toe. 'n Taktiek wat dikwels hier gebruik word om gebiedsvoordeel te verkry sonder om besit te verloor deurdat die losgemaal tot stilstand gedwing word, is om die bal in die losgemaal agtertoe aan te gee tot in die hande van 'n speler agter in die losgemaal, hy sal dan om die kant van die losgemaal sal rol om 'n nuwe losgemaal aan die gang te sit. Dit is teen die reëls (op veiligheidsgronde) om die losgemaal af te trek grond toe. Skeidsregters is bewus daarvan dat baie spanne sal probeer om 'n losgemaal te stop deur dit doelbewus te laat val en hou daarom die beweging met valkoë dop.

[wysig] Skrum

'n Skrum op Ellispark
Vergroot
'n Skrum op Ellispark

Skeidsregters ken gewoonlik skrums toe vir aanslane, waar 'n speler die bal vorentoe laat val het, of vir oortredings wat nie doelbewus aangegaan word nie. As 'n strafskop toegeken word vir 'n ernstiger oortreding, kan die span waaraan dit toegeken is, kies om eerder die skrum as die strafskop te neem. Dit word dan gewoonlik gedoen wanneer die aanvallende span naby die opponente se doellyn is en wil probeer om die teenstanders se voorspelers almal op een punt bymekaar te trek om hulle agterlyn meer spasie te gee of as hulle glo dat hulle, hul teenstanders oor die doellyn kan stoot om sodoende 'n "oorstootdrie" aan te teken.

Lees die artikel, skrum, vir meer besonderhede oor die faset van die spel.

[wysig] Lynstaan

'n Lynstaan op Ellispark gedurende 'n wedstryd tussen die Cats en die Sharks in 2006
Vergroot
'n Lynstaan op Ellispark gedurende 'n wedstryd tussen die Cats en die Sharks in 2006

Wanneer die bal uit is ken die skeidsregter 'n lynstaan toe. Die voorspelers van elke span staan dan in twee lyne 'n meter uitmekaar, 5 tot 15 meter vanaf die kantlyn af, uit. As die bal vanaf 'n strafskop af uit is, word die ingooi aan die span wat geskop het toegeken, indien nie sal die ingooi aan die ander span toegeken word. Beide spanne kompeteer om besit van die bal en spelers mag ook hulle spanmaats oplig.

Lees die artikel, lynstaan, vir meer besonderhede oor die faset van die spel.

[wysig] Spelerposisies

'n Rugbyspan bestaan uit 15 spelers, agt voorspelers met nommers van 1 tot 8 en sewe agterlynspelers wie se truie van 9 tot 15 genommer word. Afhangende van die spesifieke kompetisie se reëls kan daar tot soveel as 7 reserwe spelers ook wees.

Die hoofrol van die voorspelers is om besit van die bal te wen en te behou. Hulle neem deel in die vastespel soos die skrums en die lynstane. Oor die algemeen is die voorspelers dus groter en sterker as agterlynspelers, maar ook stadiger. Voorspelers speel ook 'n rol in die vorentoe dra van die bal, maar oor die algemeen doen hulle dit deur in die opponente se voorspelers in te dryf eerder as om, om hulle te probeer hardloop.

Die rol van die agterspelers is om die spel vorentoe te beweeg deur met die bal te hardloop of die bal te skop. Die losskakel is gewoonlik die besluitnemer wat besluit oor of daar geskop of gehardloop gaan word. As 'n reël teken agterlynspelers meer drieë aan. Hulle is gewoonlik kleiner en daarom gewoonlik ratser en vinniger as die voorspelers.

Die diagram hieronder dui die verskeie posisies in die 15-man span aan. Alle lede van die 15-tal wat aanvanklik eerste op die veld draf se truie is genommer van 1 tot 15 wat verbind is aan die posisies waarin hulle speel. Die eerste agt spelers staan bekend as die "voorspelers" en neem almal aan die skrums deel. Die oorblywende sewe spelers staan as die agterlyn bekend.

Spelerposisies in rugby
1 Loskopstut 2 Haker 3 Vaskopstut
4 Slot 5 Slot
6 Linkerflank 8 Agsteman 7 Regterflank
 
9 Skrumskakel
10 Losskakel
12 Binnesenter
13 Buitesenter
11 Linkervleuel 14 Regtervleuel
15 Heelagter

'n Skeidsregter beheer die wedstryd en word gewoonlik deur twee lynregters bygestaan. In groter professionele wedstryde is daar soms ook 'n derde of TV skeidsregter wat die skeidsregter bystaan in die maak van besluite met behulp van TV-opnames.

[wysig] Rugbyspelende lande

Die groot Rugbyspelende Lande bestaan uit die nasies van die noordelike halfrond" wat deelneem aan die Ses Nasie Kampioenskap: Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis en die lande van die "suidelike halfrond" wat deelneem aan die Drienasie-reeks: Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Die Britse en Ierse Leeus toer eenkeer elke vier jaar en kies dan die beste spelers vanuit Engeland, Ierland, Skotland en Wallis. Die volgende toer van die Britse leeus vind in 2005 na Nieu-Seeland plaas.

Dan is daar ook die "kleiner nasies" wat gekwalifiseer het vir die Rugby Wêreldbeker: Argentinië, Kanada, Fidji, Georgië, Japan, Namibië, Roemenië, Samoa, Spanje, Tonga, Verenigde State, Uruguay. Vir verdere besonderhede sien die Lys van internasionale rugbyspanne. Rugby is die nasionale sport van Wallis, Nieu-Seeland, en die Stille-Oseaanlande soos Tonga, Fidji en Samoa.

[wysig] Spanne

[wysig] Internasionale spanne

Die groot internasionale spanne (op die IRR) verteenwoordig is:

  • Argentinië (ook die Pumas genoem)
  • Australië (ook genoem die Wallabies)
  • Engeland
  • Frankryk (verwys na hulself as die Les bleus of deur Suid-Afrikaners die Hane)
  • Ierland
  • Italië
  • Nieu-Seeland (ook die All Blacks genoem)
  • Skotland
  • Suid-Afrika (ook die Springbokke genoem)
  • Wallis
  • Lys van internasionale rugbyspanne

Sien ook:

  • Rugbyspanne van Suid-Afrika

[wysig] Toernooie

[wysig] Groot toernooie

[wysig] Rugby Wêreldbeker

Engeland het die mees onlangse toernooi in Australië gewen op Saterdag die 22 November 2003 toe Jonny Wilkinson op die laaste minuut 'n skepskop tussen die doelpale deurgestuur het om die wedstryd 20-17 in hulle guns in ekstra tyd te beklink teen die Australianers.

[wysig] Sesnasie-toernooi

Die eerste treë na die moderne Sesnasie-toernooi is alreeds in 1871 gegee toe Engeland met een doel teen Skotland te Raeburn Place, Edinburgh verloor het. In die 1880s het beide Wallis en Ierland hul aangesluit en is die Home International Championship begin. Frankryk het in die 1900s by die span aangesluit en in 1910 is die term Vyf Nasies vir die eerste keer gebruik.

In 2000 het Italië ook by die toernooi aangesluit, wat gelei het tot die moderne Sesnasie kompetisie soos hy tans daar uitsien.

[wysig] Drienasiereeks

Die Drienasie reeks is 'n jaarlikse internasionale Rugbytoernooi wat tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika beslis word. Die reeks word beslis op 'n een tuiswedstryd en een wegwedstryd tussen elk van die spanne onderling. Die spanne met die meeste punte na die twee rondtes speel dan in die finaal uit vir die kampioenskap. Sedert die aanvang van die reeks in 1996 is die wedstryde tussen Australië en Nieu-Seeland ook gebruik om die wenner van die Bledisloe Beker elke jaar te bepaal.

[wysig] Ander toernooie

  • Super Powers Beker — Kanada, Japan, Rusland en die Verenigde State
  • Churchill Beker — Kanada, Verenigde state, Engeland met een genooide span
    • In hierdie kompetisie stuur Engeland nie hulle volle nasionale mans span nie, maar eerder hul A span. Hulle stuur egter wel hulle nasionale vrouespan na die toernooi.
  • Pacific Drienasietoernooi — Fidji, Tonga, en Samoa
  • Europese Nasies Beker — nasionale spanne vanuit tweede liga lande.
  • Wêreld Sewes Reeks
  • Super 14 — spanne vanuit Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika
  • Heineken Beker — Europese klub, provinsiale en streekspanne
  • Europese Uitdaagbeker en Europese Skild — Europese klub-, provinsiale- en streekspanne uitklop toernooi.
  • Guinness Premierkap — Engelse klubs
  • Powergen Cup — Engelse klubs in 'n uitkloptoernooi
  • Curriebeker — Suid-Afrikaanse provinsiale toernooi
  • National Provincial Championship (NPC) – Nieu-Seeland provinsiale toernooi
  • Ranfurly Shield — Nieu-Seeland provinsiale uitdaagtrofee
  • Celtic League — provinsiale/streekspanne uit Ierland, Skotland en Wallis
  • Ligue Nationale de Rugby — Franse klubs
  • Super 10 (Italiaanse premierskap) — Italiaanse klubs

[wysig] Internasionale trofeë

  • Antim Cup — Georgië and Roemenië
  • Bledisloe Beker — Australië en Nieu-Seeland
  • Calcutta Beker — Engeland en Skotland
  • Cook Beker — Australië en Engeland
  • Freedom Beker — Nieu-Seeland en Suid-Afrika
  • Gallaher Beker — Frankryk en Nieu-Seeland
  • Hopetoun Beker — Australië en Skotland
  • Lansdowne Beker — Australië en Ierland
  • Mandela Uitdaagplaat — Australië en Suid-Afrika
  • Millennium Trofee — Engeland en Ierland
  • Puma Trofee — Argentinië en Australië
  • Trophée des Bicentenaires — Australië en Frankryk

[wysig] Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Rugby

Die legendariese storie oor die oorsprong van Rugby, wat vertel van 'n jong man genaamd William Web Ellis wat die bal opgetel en begin hardloop het tydens 'n sokkerwedstryd by 'n skool te Rugby is waarskynlik 'n verdigsel. Die trofee van die Rugby Wêreldbeker dra egter die naam van Webb Ellis ter ere van hom en 'n plaat ter 'herdenking' van die 'prestasie'.

Rugby as 'n spel het 'n lang tradisie in Engeland en het Rugby wedstryde waarskynlik al vir tweehonderd jaar lang by die Rugby skool plaasgevind toe drie seuns in 1845 vir die eerste keer 'n stel reëls vir die spel gepubliseer het. Voor die vorming van die Football Association in Oktober van 1863 het elke span onderling ooreengekom op 'n stel reëls voordat hulle begin speel het.

Rugby kan op die wêreld se eerste "Voetbal kluk" aanspraak maak, deurdat die Guy's Hospital Football Club al in 1843 in London gestig is deur oud leerlinge van die Rugby skool. 'n Aantal klubs is gevorm om Rugby te speel volgens die reëls van die Rugby skool. Blackheath Rugby Club wat in 1858 gestig is is een van die wêreld se oudste oorlewende rugby klubs.

Blackheath Rugby Club was 'n stigterslid van die Football Association. Toe dit egter duidelik word dat die FA nie sou instem tot reëls wat sou toelaat dat mense die bal kan optel en daarmee kon hardloop nie ('n fundamentele deel van 'n rugbywedstryd), het Blackheath hom vanuit die FA onttre, minder as 'n maand na die aanvangsvergadering. Ander rugby klubs het hul voorbeeld gevolg en nie by die FA aangesluit nie.

Vir die volgende paar jaar het rugbyklubs aangehou om voor die aanvang van elke wedstryd op 'n stel reëls ooreen te kom, tot en met die vorming van die Rugby Football Union in 26 Januarie, 1871 wat gelei het tot die standardisering van die reëls vir alle klubs in Engeland wat 'n spel, gebaseer op die oorspronklike Rugby skool reëls, gespeel het. Binnekort het die meeste lande met 'n noemenswaardige rugbyspelende gemeenskap hulle eie nasionale unies gestig. In 1886 het die Internasionale Rugbyraad (IRR) tot stand gekom en die oorkoepelende reëlgewende gesagsorganisasie vir Rugby geword. Die RFU het dit in 1890 as sulks erken. Vir meer oor die geskiedenis van rugby in Suid-Afrika sien die artikel oor die Geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby.

[wysig] Sien ook

  • Lys van internasionale rugbyspanne
  • Lys van rugbyspelers (in alfabetiese volgorde)
  • Lys van rugbyspelers volgens nasionaliteit
  • Rugby Sewes vir die sewe aan 'n kant weergawe van die spel
  • Onkant reëls
  • Strafskop
  • Skrum
  • Lynstaan
  • Rugby liga
  • Bob Loubser


Nasionale Rugby Unies van die IRR

Argentinië | Australië | Kanada | Engeland | Fidji | Frankryk | Georgia | Ierse Republiek | Italië | Japan | Namibië | Nieu-Seeland | Roemenië | Samoa | Skotland | Suid-Afrika | Spanje | Tonga | Uruguay | V.S.A | Wallis | Zimbabwe

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com