Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Nieu-Engeland - Wikipedia

Nieu-Engeland

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Nieu-Engeland
Ligging van Nieu-Engeland
Vergroot
Ligging van Nieu-Engeland
Politieke geskiedenis
Geoktrooieer as Plymouthse Raad vir Nieu-Engeland 1620
Gevorm as die Verenigde Kolonies van Nieu-Engeland 1643
Gevorm as Dominium van Nieu-Engeland 1686
Toelating tot die VSA
 - Connecticut
 - Maine
 - Massachusetts
 - New Hampshire
 - Rhode Island
 - Vermont

 - 9 Januarie 1788 (5de)
 - 15 Maart 1820 (23ste)
 - 6 Februarie 1788 (6de)
 - 21 Junie 1788 (9de)
 - 29 Mei 1790 (13de)
 - 4 Maart 1791 (14de)
Statistieke gegewens
Grootste stad Boston
VSA-deelstate Connecticut, Maine, Massachusetts, New Hampshire, Rhode Island en Vermont
Oppervlak
 - Totaal

181 440 vk km
Bevolking
 - Totaal (2006)
 - Bevolkingsdigtheid

13 922 517
76,7 mense per vk km

Nieu-Engeland is 'n gebied in die noordoostelike Verenigde State van Amerika met sowat 14 miljoen inwoners, wat deur die deelstate Connecticut, Maine, Massachusetts, New Hampshire, Rhode Island en Vermont gevorm word. Die klimaat is kontinentaal en vogtig, die grond is egter nie baie geskik vir landbou nie. Die Nieu-Engelandstate is bekend vir die pragtige kleure wat sy bosgebiede in die najaar (Indian Summer) vertoon. Sneeuval in die winter maak die gebied geskik vir wintersport. Toerisme en nuwe tegnologiese nywerhede het die tradisionele tekstiel- en ander nywerhede lankal vervang. Die belangrikste ekonomiese en kulturele sentrum is die stad Boston (Massachusetts).

[wysig] Geskiedenis

Boston word as die kulturele en historiese hoofstad van Nieu-Engeland beskou
Vergroot
Boston word as die kulturele en historiese hoofstad van Nieu-Engeland beskou

Setlaars van die Britse Eilande het hulle sedert die vroeë 17de eeu langs die Atlantiese kus gevestig. In die periode tussen die stigting van Jamestown in 1607 en die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring in die laat 18de eeu het die bevolking tot sowat vier miljoen mense gestyg, waarvan 90 persent van Engelse, Skotse en Ierse afkoms was.

Van die vroegste Engelse nedersettings in Nieu-Engeland is in 1620 deur die Pelgrimvaders (Engels: Pilgrim Fathers) gestig, wat met hul skip Mayflower in die Massachusettsbaai, naby die huidige stad Plymouth, geland het. In die 17de eeu het Boston tot die belangrikste seehawe van Noord-Amerika ontwikkel, en dit was ook die plek waar met die beroemde Boston Tea Party in die jaar 1773 die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog 'n aanvang geneem het. In die tydperk tussen 1620 en 1640 het meer as 15 000 setlaars op sowat 200 skepe na Nieu-Engeland geseil, en in die laasgenoemde jaar het die bevolking tot 25 000 mense gegroei. Die meeste immigrante het hulle aanvanklik in Massachusetts gevestig, maar klein gemeenskappe het op soek na goedkoper land of meer vryhede in noordelike en suidelike rigting verhuis. Danksy hierdie setlaars is die kolonie Connecticut in 1634 gestig, terwyl ander immigrante na Maine en Rhode Island getrek het. Weens die felle weerstand van die plaaslike Eerste Nasies het gebiede soos New Hampshire aanvanklik net stadigaan ontwikkel.

Nieu-Engeland was 'n gepaste naam vir die gebied, aangesien die meeste setlaars van Engelse afkoms was. Van hulle het die meeste van die oostelike graafskappe (East Anglia) gekom, 'n vesting van die destydse Engelse puritanisme.

Die Nieu-Engelandstate word tans as die mees progressiewe deelstate van die VSA beskou, wat op die gebied van politieke en maatskaplike hervorming, van die afskaffing van die slawerny tot by die toelating van gay huwelike, steeds 'n pioniersrol speel. Met die tradisionele town meetings - dorpsvergaderings - word 'n element van direkte demokrasie bewaar. John Kerry, die Demokratiese Party se kandidaat in die presidentsverkiesing van 2004, woon in Boston.

[wysig] Indian Summer

Die kleureprag van die Indian Summer
Vergroot
Die kleureprag van die Indian Summer

Die Indian Summer is die besonderse natuurskouspel van die najaar, wat uniek is aan Nieu-Engeland en Kanada. Net in 'n gebied waar daar winters met sneeu en koue is, tree hierdie verskynsel op. Hier volg op die reënstorms van die somer en die eerste ryp van die najaar 'n stabiele hoogdrukstelsel, voordat uiteindelik die winterstorms begin. Tydens hierdie "goue herfs" begin die natuur gloei.

Volgens 'n ou Indiaanse legende is dit die bloed van 'n beer wat gedood is en die bome se blare rooi verf. Vir die Indiane van toeka se tyd begin in die herfs nie net die oestyd nie, maar ook die jagseisoen en die tyd, wanneer die strydbyl opgeneem word.

Vandag lok die kleureprag toeriste, digters en kunstenaars, al is daar nou 'n wetenskaplike verklaring vir die natuurskouspel. Plante absorbeer die energie in lig met die groen pigment chlorofil, wat tydens die somer in die blare oorheers. In die herfs word die chlorofil egter afgebreek, en die ander pigmente, wat in die blare voorkom, tree op die voorgrond - met gloeiende kleure van goud, geel, rooi en oranje.

[wysig] Die Franse taal in Nieu-Engeland

Frans in die Verenigde State
Vergroot
Frans in die Verenigde State

In die tydperk tussen 1840 en 1930 vestig hulle sowat 500 000 Franstalige Kanadese in die Nieu-Engeland-state. Die landbou in Québec kan nie meer voldoende werksgeleenthede vir die groeiemde bevolking skep nie, terwyl in die nywerheod van Nieu-Engeland 'n kroniese tekort aan werkers ontstaan.

Die Franse taal word teen die middel van die 20ste eeu nog steeds in Nieu-Engeland gebesig, alhoewel die agteruitgang van die tradisionele nywerhede en die groei van die tersiêre sektor, wat gepaard gaan met maatskaplike veranderings, in 'n toenemende mate tot verengelsing lei. Die ou Franstalige woonbuurte begin nou verdwyn.

Die aantal mense, wat Frans as hulle moedertaal praat, het in Nieu-Engeland in die afgelope drie dekades drasties verminder:

Jaar Moedertaalsprekers
1970 906 000
1980 412 000
1990 339 000
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com