Moembaai
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Moembaai is die hoofstad van die Indiese staat Maharashtra en die hoogs bevolkte stad in Indië. Moembaai lê op 'n eiland aan die weskus van Indië by 18.96° N 72.82° O. Dit is die sesde grootste metropolitaanse gebied in die wêreld met 'n bevolking wat in 2005 op 17 miljoen geskat is. As die grootste hawestad in Wes-Indië met 'n diep natuurlike hawe word meer as helfte van Indië se passasiervervoer hanteer.