Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Michael Faraday - Wikipedia

Michael Faraday

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Michael Faraday was op 22 September 1791 gebore in Newington Butts (nou 'n deel van Londen genoem Elephant and Castle). Na basiese skoling het hy by die ouderdom van 14 in 1805 as 'n vakleerling by George Riebau, 'n boekbinder, aangesluit. Gedurende sy sewe jaar as 'n vakleerling het hy wetenskap oor die algemeen en veral chemie bestudeer. Hy het begin om sy eie eksperimente uit te voer en het sy eie elektrostatiese masjien gebou. Van meer belang is die feit dat hy in 1810 by die City Philsophical Society aangesluit het. Hier het hy saam met ander mense weekliks na wetenskaplike aanbiedings geluister en dìt bespreek. Hy het self ook die groep begin toespreek.

Naby die einde van sy vakleerlingskap, in 1812, ontvang Faraday kaartjies om na Humphry Davy se laaste vier verhandelings by die Royal Institution te gaan luister. Later in die jaar het Faraday vir Davy ontmoet en het by hom aansoek gedoen vir werk by die Instituut. Davy het blykbaar nie op die stadium 'n posisie om vir Faraday aan te bied nie maar die volgende jaar was die Instituut se Chemiese Assistent afgedank nadat hy in 'n geveg met die Instrumentmaker betrokke was. Davy het Faraday onthou en het die pos van Chemiese Assistent aan hom gebied op die 1e Maart 1813.

Kort hierna was Davy vervang as Proffessor van Chemie met William Thomas Brande en Faraday werk toe onder hom gedurende meeste van die 1810 en 1820er jare.

Die tyd was onderbreek van Oktober 1813 tot April van 1815 toe Faraday saam met Davy op 'n wetenskaplike toer van die Europese kontinent gegaan het. Davy se paspoort, toegestaan deur Napoleon, was slegs vir Davy, sy vrou, haar diensmeisie en 'n lyfkneg. Davy moes Faraday ompraat om in laasgenoemde rol saam te gaan. Davy het hom as 'n dienskneg behandel en dit het tot spanning tussen die twee gelei. Hulle het 'n aantal lande besoek. Terwyl hulle in Parys was het Davy aan die Franse chemici bewys dat Jodium 'n element is. In Italië het hulle Volta ontmoet en Davy het 'n diamant afgebreek na koolstof toe met die gebruik van die Hertog van Tuscany se groot lens. Hulle het ook Switserland, en die suide van Duitsland besoek. In April 1815 het hulle na Engeland teruggekeer.

Terug by die Royal Institute het Faraday voortgegaan met sy werk onder Brande as Chemiese Assistent en het hy ook vir Davy van tyd tot tyd gedurende 1816 en 1817 gehelp met sy werk aan die mynveiligheidslamp. Tussen 1818 en 1822 het hy chirurgiese instrumentmaker James Stoddart gehelp om 'n verbeterde staal te ontwikkel in die instituut se goed-toegeruste laboratorium.

Gedurende die tyd, op die 21ste Mei 1821, was hy bevorder tot die Huissuperintendent by die Royal Institute. Op die 2e Junie trou hy met Sarah Barnard, 'n lid van een van die prominente Sandemaniese Kerk families en op die 15e Julie lê hy geloofsbeleidenis af in die kerk. Hy het ook gedurende hierdie jaar sy eerste belangrike bydrae gelewer in die wetenskap.

In die vorige jaar, 1820, het die Deense wetenskaplike, Hans Christian Ørsted, eletromagnetisme ontdek. Alhoewel daar baie dinge in Ørsted se referaat was wat Britse wetenskaplikes nie mee saamgestem het nie of selfs nie verstaan het nie, was dit duidelik dat hy 'n groot deurbraak gemaak het. As gevolg van sy opvolg navorsing op Ørsted se werk het Faraday op die 3de en 4de September 1821 in sy eie laboratorium by die instituut elektromagnetiese rotasie ontdek. Dit het die deur oopgemaak vir die ontwikkeling van die elektriese motor.

Faraday het nog aan chemiese navorsing gewerk en het onder andere chloor suksesvol in vloeistof vorm verander en benseen ontdek maar sy navorsing het afgeneem omdat hy in ander aktiwiteite betrokke geraak het. Davy het hom byvoorbeeld omgepraat om die eerste sekretaris te word van die nuwe Athenaeumklub in 1824. Gedurende die volgende jare het hy hom gewend aan die maak van optiese glas vir die Royal Society en die Board of Longitude.

Hy het ook in 1826 sy Friday Evening Discourses en sy Kersfees referate vir jongmense begin. Dit het hom bekend gemaak as 'n uitstaande dosent en beide die Discourses en die Kersfees referate word nou nog gehou.

Nagenoeg tien jaar later het hy weer sy navorsing in verband met elektromagnetisme intensief kon hervat. Op die 29e Augustus 1831 ontdek hy dus eletromagnetiese induksie, die beginsel wat na die elektriese kragopwekker en transformator gelei het. Nou word elektriese kragopwekking, verspreiding en verbruiking uiteindelik 'n werklikheid. Sy daaropvolgende werk was in die realm van elektrochemiese aksie. Ons het dus onder andere die volgende woorde aan hom te danke: elektrode, elektroliet, anode, katode en ioon. Hy het hom ook verdiep in die studie van statiese elektrisiteit en verdere studie van elektriese induksie. Belangrik was dat hy tot die gevolgtrekking gekom het dat dat die aanvaarde idee van elektrisiteit as 'n vloeistof verkeerd was. Hy het dit begin sien as 'n tipe krag wat van een atomiese deeltjie na 'n ander oorgedra word.

Van 1836 to 1865 was Faraday aangestel as Wetenskaplike Raadgewer vir Trinity House wat verantwoordelik is vir skeepsveiligheid langs die kuste van Engeland en Wallis. Gedurende hierdie tyd het Faraday gepoog om die lampe van die ligtorings meer effektief te maak sodat hulle brandstofverbruik verminder kon word. In die 1840er jare het hy 'n lampskoorsteen ontwikkel wat meer van die lamp se ontbrandings produkte van die vlam af verwyder het. Die lamp is deur sy broer Robert gepantenteer en is in al die ligtorings geïnstalleer asook in die Athenaeumklub se gebou, Buckinghampaleis en ander plekke. Faraday het ook heelwat tyd gespandeer aan die ontwikkeling van elektriese lampe, veral gedurende die 1860er jare. Sy elektriese lampstelsels was in die Tynemouth en South Foreland ligtorings geïnstalleer.

Gedurende dieselfde bestek van tyd in bogenoemde paragraaf was hy ook Professor van Chemika by die Koninklike Militêre Akademie naby Woolwich. Offisiere van die Englse leër het dus hulle kennis van chemika van hom geleer. Die Admiralty het dikwels van hom raad gevra oor 'n verskeidenheid onderwerpe byvoorbeeld hoe hawer sal vaar wanneer dit op skepe gestoor word en wat die beste manier sal wees om Cronstadt aan te val gedurende die Krimoorlog. In 1844 was Faraday en Charles Lyell gevra om die ontploffing by Haswellkoolmyn te ondersoek om uit te vind wat dit veroorsaak het. Hulle gevolgtrekking was dat beter wentelasie die moontlikheid van ontploffings sal verminder maar die regering het hulle raad geïgnoreer.

Bron: The Royal Institution of Great Britain webwerf

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com