Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Grenoble - Wikipedia

Grenoble

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Grenoble

Land: Frankryk
Gewes (région): Rhône-Alpes
Département: Isère
Koördinate: 45°11' N, 5°43' O
Oppervlakte: 18,13 km²
Bevolking: 157 900 (2004)
Bevolkingsdigtheid: 8 709 / km²
Hoogte: 204-600 m bo seespieël
Burgemeester: Michel Destot (2001-2007)

Grenoble is die hoofstad van die département Isère en die historiese streek Dauphiné in die suidooste van Frankryk met sowat 157 900 inwoners (2004).

[wysig] Geografie

Grenoble lê tussen die bergmassiewe van Vercors, Belledonne en Chartreuse en vorm die geografiese middelpunt van die Franse Alpe. Grenoble is met sy meer as 150 000 inwoners die grootste stad in die Alpe, nog voor die Oostenrykse Innsbruck. Dikwels word dit ook die "hoofstad van die Alpe" genoem.

Die stad lê oorwegend in die riviervlakte van die Isère, maar dit word deur die nabygeleë bergreekse omring. Grenoble lê sowat 150 kilometer suid van Genève, 100 kilometer oos van Lyon en 350 kilometer noord van die Côte d'Azur. Sy ligging maak van Grenoble 'n gewilde toeristebestemming en skioord.

[wysig] Geskiedenis

Uitsig oor Grenoble, met die Belledonne-bergreeks in die agtergrond
Vergroot
Uitsig oor Grenoble, met die Belledonne-bergreeks in die agtergrond

Die eerste verwysing na Grenoble dateer uit die jaar 43 v.C. - Grenoble was toe 'n klein dorpie met die naam Cularo, wat deur die Galliese stam Allobroges gestig is. In die jaar 286 is 'n stadsmuur opgerig, waarvan 'n aantal oorblyfsels bewaar is.

Ter ere van keiser Gratianus het die dorp in die jaar 377 die naam Gratianopolis en stadstatus gekry. Die stadsnaam het geleidelik na verander Graignovol en uiteindelik Grenoble. Die einding -noble (Frans: "edel, adellik") was 'n indirekte verwysing na die Franse koning, aangesien die omliggende streek Dauphiné sy persoonlike besitting was. Vanaf 1032 het Grenoble tot die Heilige Romeinse Ryk behoort .

In die middeleeue het Grenoble as die hoofstad van die Dauphiné gedien, tydens die 14de eeu was dit ook die setel van 'n universiteit. In 1349 is Dauphiné deur Frankryk gekoop.

Die plaaslike onluste van die jaar 1788, die sogenaamde "Dae van die Dakteëls", was een van die gebeurtenisse aan die vooraand van die Franse Rewolusie - regeringstroepe is destyds met dakteëls beskiet. Tydens die rewolusie is die naam van die stad na "Grelibre" (Frans libre: "vry") verander. Die naamwysiging is eers deur Napoléon Bonaparte herroep.

Tussen die twee wêreldoorloë het 'n groot aantal Italiaanse immigrante hulle in die stad gevestig. Op 26 Mei 1944 is Grenoble deur 'n bomaanval verwoes.

Grenoble het internasionale bekendheid verwerf as gasheerstad van die Olimpiese Winterspele van die jaar 1968.

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com