Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Ernest Oppenheimer - Wikipedia

Ernest Oppenheimer

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Sir Ernest Oppenheimer (oorspronklik Ernst Oppenheimer, * 22 Mei 1880 in Friedberg (Hessen, Duitsland); † 25 November 1957 in Brenthurst, Johannesburg) was 'n bekende Suid-Afrikaanse sakeman en die stigter van die diamantekartel, wat deur die maatskappy De Beers beheer is.

Ernest Oppenheimer was die vyfde seun van 'n sigarehandelaar in die Duitse dorp Friedberg. Ná sy leerjare in Londen (1896-1902) het hy vir die juwelehandelaar Anton Dinkelsbuhler in Kimberley (Suid-Afrika) gewerk, die destydse sentrum van die diamantebedryf. In 1906 het hy sy leerskap voltooi en in Londen met Mary Lina Pollock, die dogter van 'n beursmakelaar, getrou. Ná sy terugkeer na Kimberley het hy eers 'n lid van die stadsraad en later, op 32-jarige leeftyd, burgemeester geword.

Die Duitse Vloot se torpedering van die passasierskip Lusitania tydens die Eerste Wêreldoorlog het tot anti-Duitse onluste gelei, en Oppenheimer emigreer in 1915 na Engeland. Hy aanvaar Britse burgerskap en wysig sy voornaam na Ernest.

Nogtans vestig hy hom een jaar later weer in Suid-Afrika en stig in Johannesburg die maatskappy Anglo-American Corporation. Danksy die handel met grondstowwe ontwikkel Anglo-American tot een van die belangrikste mynboumaatskappye ter wêreld. Oppenheimer brei die onderneming na 'n aantal Afrikalande uit en verkry aandele van De Beers. In 1929 word hy die voorsitter van De Beers Consolidated Mines Bpk.

Tydens die Groot Depressie begin hy in 1930 die internasionale diamantemarkte leegkoop en vestig sy wêreldwye monopolie onder die naam Central Selling Organisation. Voortaan beheer dié monopolie met sy 180 lede die wêreldmark vir diamante.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog weier hy 'n aansoek van die Amerikaanse president Franklin D. Roosevelt om industriële diamante aan die Verenigde State te verskaf - uit vrees vir 'n daling in die diamanteprys. Oppenheimer is in die Verenigde State tot "ongewenste persoon" verklaar, en alle bedrywighede van De Beers is weens 'n oortreding van die Amerikaanse anti-kartel-wette verbied.

Met Sir Ernest Oppenheimer se afsterwe in 1957 oorneem sy seun Harry die leiding van die maatskappy. Die Central Selling Organisation is in 2001 ontbind, nadat dit 'n slegte reputasie opgebou het. In 2004 was De Beers van voorneme om in die Verenigde State skuldig te pleit op 'n moontlike aanklag van kartelvorming.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com