Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Amateurradio - Wikipedia

Amateurradio

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Radioamateur se antennas
Vergroot
'n Radioamateur se antennas
'n Amateurradio
Vergroot
'n Amateurradio

Radioamateurs is mense wat tweerigtingradio gebruik om met ander radioamateurs oral oor die wêreld te gesels. Vir sommige is die gesels die ding wat hulle geniet, vir ander is dit die tegnologie waarmee hulle kan speel. Al die nodige toerusting kan gekoop word maar baie amateurs geniet dit om van hulle eie toerusting te ontwerp en te bou. Van die doelwitte van die stokperdjie is om eksperimentering aan te moedig en om noodkommunikasie te verskaf wanneer ander kommunikasiemiddele vaal vanweë storms of ander rampe.

Amateurradio word deur meeste regerings in die wêreld toegelaat. In sulke lande bestaan nasionale organisasies soos die Suid-Afrikaanse Radioliga wat help met opleiding en ander sake wat die amateurs saambind.

Elke amateur moet eksamens slaag om 'n lisensie te bekom. Daar is gewoonlik verkillende liksensies wat verskillende voorregte toelaat. Die lisensie word gewoonlik uitgereik deur die nasionale departement waaronder radiokommunikasie val. In Suid-Afrika word lisensies deur die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid-Afrika[1] (OKOSA) uitgereik. Elke lisensie is gepaard met 'n roepsein soos ZS6BTV. Die letter(s) voor die nommer identifiseer die land waar die amateur gelisensieër is. Suid-Afrikaanse roepseine begin met ZU, ZR en ZS. Die roepsein is die primêre manier waarop die amateur homself of haarself op die lug identifiseer.

Radiogolwe neem hulle plek in in die elektromagnetiese spektrum. Behalwe radiogolwe sluit die spektrum ook verskynsels in soos lig, x-strale, gammastrale, en so aan. Amateurs het, deur intenasionale ooreenkoms, klein stukkies van die radiodeel van die spektrum wat hulle mag gebruik. Elke deel van die spektrum het ander radiopropagasie-eienskappe en kan dus vir 'n ander kommunikasiemetode gebruik word. So kan mens dus toerusting en radio frekwensies kies wat jou met jou buurman 'n paar kilometer in die pad af kan laat praat of jy kan jou sein oor 'n paar duisend kilometer laat reik deur die ionosfeer as 'n spieël te gebruik of deur van 'n amateursatelliet gebruik te maak.

Amateurs gebruik 'n verskeidenheid toerusting van klein draagbare radio's met 'n paar watt uitset tot radio's met versterkers wat om-en-by 'n 1000 Watt na die antenna toe kan stuur. Rekenaars is ook gereeld deel van 'n amateur se stasie.

Inhoud

[wysig] Toerusting

'n Amateurradio stasie bestaan ten minste uit die volgende:

∙ 'n radio vir ontvangs en uitsending. Dit kan twee aparte eenhede wees of alles in een kassie.
∙ 'n kragbron vir die radio. Die kragbron kan 'n battery wees of wisselstroom van die kragstasie af.
∙ 'n antenna vir die frekwensieband(e) wat jy wil gebruik. Gewoonlik is 'n antenna wat vir net een band ontwerp is die mees effektiewe keuse maar antennas wat vir meer as een band ontwerp is werk ook puik.
∙ 'n toring van een of ander aarde. Die antenna moet so hoog as wat jy kan geïnstalleer word, hoër as enige nabygeleë bome of geboue as dit moontlik is.
∙ kabel om die radio aan die antenna te koppel
∙ 'n manier om jou toerusting aan 'n goeie grond te koppel

By hierdie lys kan jy ook toerusting voeg wat jou in staat stel om Morsekode of digitale kommunikasie van een of ander aard te gebruik. Mens kan versterkers gebruik om jou sein meer hoorbaar te maak en, soos alreeds genoem, 'n rekenaar is 'n baie nuttige stukkie toerusting. 'n Antennainstemmer laat jou toe om enige stuk draad as 'n antenna te gebruik.

Selfs die maan kan as 'n stukkie amateurradio toerusting beskou word: seine kan van die maan af weerkaats word na die ander kant van die wêreld toe (mits jy 'n groot genoeg versterker en antennastelsel het).

[wysig] Herhalers

'n Herhaler is 'n gewilde stuk toerusting. Dis 'n ontvanger en sender wat gewoonlik aan 'n antenna gekoppel is wat iewers hoog in die lug geïnstalleer is. Die sender versterk en saai outomaties uit wat die ontvanger hoor maar op 'n ander frekwensie. Dit stel mens in staat om met 'n klein handradiotjie baie vêr te praat omdat die herhaler jou oor 'n lang afstand kan hoor en met sy kragtige sender en hoë antenna jou boodskap weid kan strooi. So kan mens byvoorbeeld met jou handradio gemaklik van Johannesburg met iemand in Pretoria gesels. Herhalers behoort dikwels aan plaaslike radioklubs.

[wysig] Amateursatelliete

Amsat Oscar 40 Amateursatelliet
Vergroot
Amsat Oscar 40 Amateursatelliet

Groepe radioamateurs bou elke nou en dan 'n satelliet. Hulle ry dan duim om 'n plek vir die satteliet te vind op 'n kommersiële vuurpyl sodat dit so in 'n wentelbaan geplaas kan word. Die satelliete funksioneer as herhalers maar dek groot dele van die aarde sodat jy van Pretoria met iemand in die Kaap en verder kan gesels. Van die satelliete dra ook telemetriese senders wat aanhoudend inligting oor die satelliet en sy omgewing aarde toe stuur.

[wysig] Kortgolf-amateurradio

Bogenoemde herhalers gebruik baie hoë frekwensies en ultra-hoë frekwensies en meeste van die satelliete doen dieselfde. 'n Eienskap van die frekwensies is dat hulle net gebruik kan word mits jou ontvangsantenna binne sig van die senderantenna is.

Die langer golflengte hoë frekwensies (kortgolf) stel mens egter in staat om sonder herhaler of satteliet met amateurs in ander lande te praat. Vir hoëfrekwensieseine werk die geïoniseerde lae hoog in die atmosfeer soos 'n spieël en buig hulle die radiosein weer terug af na die aarde toe. So 'n radiosein kan dus tussen die geïoniseerde lae en die oppervlak van die aarde heen-en-weer bons sodat mens met 'n kortgolfradio van kontinent tot kontinent kan gesels. Die vorige genoemde hoërfrekwensieseine ignoreer die ionosfeer en verdwyn die ruimte in.

[wysig] Suid-Afrikaanse lisensiestruktuur

Daar is drie lisensiepeile in Suid-Afrika. Elke peil het sy eie roepseinvoorvoegsel.

  • Vir 'n beperkte (ZR voorvoegsel) lisensie moet 'n Klas A-eksamen en 'n praktiese operateurstoets geslaag word.
  • Vir 'n Klas B (ZU) lisensie moet 'n Klas B-eksamen en 'n praktiese operateurstoets geslaag word.
  • Vir 'n Klas A (ZS) lisensie moet 'n Klas A-eksamen, 'n praktiese operateurstoets en 'n voorgeskrewe evaluering geslaag word.

'n ZR-lisensie word aan iemand toegeken wat al die Radio Amateur Eksamen (RAE) geslaag het maar nog nie die voorgeskrewe evaluering deurgekom het nie.

[wysig] QSL Kaartjies

Om kontak te bevestig stuur radioamateurs dikwels aan mekaar 'n kaartjie per pos, of deesdae per internet, met inligting van hulle kontak. "QSL" is een van 'n aantal drie-letter kodes wat amateurs gebruik as afkortings veral wanneer hulle Morsekode gebruik. Dit kom van die vroeë dae van die telegraafdiens in die VSA as 'n manier om boodskappe kort te hou.

'n Voorbeeld van 'n qsl kaart wat kontak bevestig tussen 'n Suid-Afrikaanse amateur en een in die Oostenreik.
Vergroot
'n Voorbeeld van 'n qsl kaart wat kontak bevestig tussen 'n Suid-Afrikaanse amateur en een in die Oostenreik.

[wysig] Toekennings

'n Radioamateur kan 'n paar uitdagings aanpak om toekennings te verdien.

[wysig] Plaaslik

[wysig] Die Hele Afrika (All Africa Award)

Die toekenning word deur die Suid-Afrikaanse Radioliga geborg en is bedoel om kontak met die lande van Afrika aan te moedig. Om die toekenning te ontvang moet 'n amateur bewys dat hy kontak gemaak het met al ses roepsein areas in Suid-Afrika (ZS1-ZS6) en ten minste een kontak in elk van die 25 lande in Afrika.

[wysig] Alle ZS Bestemmings (Worked All ZS Award - WAZS)

Hierdie toekenning is beskikbaar aan alle amateurradio operateurs en ook kortgolf luisteraars. Om vir hierdie toekenning te kwalifiseer moet jy bewys lewer van of twee-rigting kommunikasie of kortgolf luister rapporte met 'n honderd Suid-Afrikaanse roepseine. Die aantal roepseine nodig word as volg verdeel tussen die roepsein areas:

  • ZS1 - 16 kontakte
  • ZS2 - 8 kontakte
  • ZS3 - 1 kontakte
  • ZS4 - 6 kontakte
  • ZS5 - 13 kontakte
  • ZS6 - 56 kontakte

'n Operateur kan die toekenning aanvul deur 200, 300, en so aan, kontakte te maak om sodoende die WAZS-200, WAZS-300 en so voorts te bekom.

[wysig] Hoë Band Sertifikaat (Top Band Certificate)

Hierdie toekenning is bedoel om meer gebruik van die 160 meter band aan te moedig deur te vereis dat 'n operateur met ses verskillende suider Afrikaanse roepseingebiede sal kontak maak. Ten minste vyf van hulle moet in Suid-Afrika wees. Die ander kan met operateurs in Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Swaziland of Zimbabwe wees.

Die 160 meter band is een van die oudste radio frekwensie bande omdat radio histories by die lang golflengtes begin het en soos tegnologie ontwikkel het so het die korter en korter golflengtes bruikbaar geword.

[wysig] Uit die VSA

[wysig] Al die State (in die VSA)(WAS)

Om hierdie toekenning te kry moet mens bevestiging hê van elk van die vyftig state van die VSA. Spesiale byvoegsels tot die toekenning kan verdien word deur spesiale metodes to gebruik byvoorbeeld satelliet, TV, Morsekode en deur jou tot net een frekwensie band te beperk.

[wysig] Een Honderd DX Bestemmings (DXCC)

Die is moontlik die mees gesogte amateurradio toekenning. Om dit te kry moet 'n operateur bewys lewer van kontakte met 'n honderd van die plekke in die Amerikaanse Radio Liga se DXCC Lys. Ook verkrygbaar is 'n lae krag DXCC toekenning waar met 'n honderd lande kontak gemaak word maar jou sender is beperk tot net 5 Watt uitsetkrag.

[wysig] Velddag

Daar is ook 'n dag wat opsy gesit word waar die idee is om 'n radiostasie op te stel en te gebruik weg van jou hooflyn elektrisiteit af. Mens moet dus 'n kragopwekker, sonkrag, of ander bron van elektrisiteit gebruik en tipies is jou antenne ook 'n draagbare een wat enigeplek opgestel kan word.

[wysig] Kompetisies

Een van die interessantste kompetisies waaraan radioamateurs deelneem is sendersoektogte. Iemand gaan kruip weg met 'n klein sendertjie en die res van die operateurs moet dan hom of haar soek met spesiale direksionele toerusting. Dit word gewoonlik per motor oor 30 of 40 vierkante kilometer gedoen. In Europa meng hulle atletiek met so 'n soektog waar mens te voet tot vyf verskillende senders moet vind.

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com