6 November
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Okt - November - Des | ||||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
2004 dag rangskikking Al die dae |
Inhoud |
[wysig] Gebeure
- 1860 - Abraham Lincoln word die eerste republikeinse kandidaat om die VSA presidensiële verkiesing te wen.
- 1869 Diamante word te Kimberley ontdek. Die Groot Gat, effektief die grootste uitgrawing deur mensehand ter wêreld, ontstaan. Ongeveer 23 miljoen ton materiaal is verwyder en die opbrengs 2,722kg diamante.
- 1900 - Tweede Vryheidsoorlog: Generaal de Wet word by Bothaville verslaan. De Wet en President Steyn ontsnap egter en die Britte verloor Luitenant-Kolonel P.W.J Gallais.
- 1913 As leier van 'n mynwerkersprotes in Suid-Afrika, word Mohandas K Ghandi gearresteer.
- 1928 Jacob Schick slaag rakelings daarin om patent te verkry oor die eerste elektriese skeermes.
- 1952 Amerika se eerste waterstofbom ontplof oor die Stille Oseaan, te Eniwetok Atoll.
- 1955 Die Suid-Afrikaanse afvaardiging stap uit die Nasionale vergadering van die Verenigde Nasies.
- 1962 - Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies neem Resolusie 1761 aan wat Suid-Afrika se Apartheidsbeleid veroordeel. Ekonomiese sanksies word uitgevaardig.
- 1963 - Duong Van Minh neem amptelik beheer van die regering van Suid-Viëtnam oor, 'n paar dae ná die sluipmoord op President Ngo Dinh Diem.
[wysig] Geboortes
[wysig] Sterftes
- 1893 - Pyotr Ilyich Tchaikovsky, komponis.
[wysig] Vakansies, vierings en waarmeningsdae
- Grondwetdag in die Dominikaanse-Republiek (1844) en Tajikistan (1994)
- Gustavus Adolphus-dag in Swede
- Vlagdag in Finland.
11-04 | 11-05 | 11-06 | 11-07 | 11-08 |