Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Zürich - Wikipedia

Zürich

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Zürich
Land: Switserland
Kanton: Zürich
Distrik: Zürich
Koördinate: 47°23' N, 08°32' O
Oppervlakte: 91,88 km²
Bevolking: 366 145 (31 Desember 2004)
Bevolkingsdigtheid: 3 985 / km²
Hoogte: 408 m bo seespieël
Stadpresident: Elmar Ledergerber

Zürich is die grootste stad en ekonomiese sentrum van Switserland met 366 145 (2004) inwoners in die stad en 1 091 732 inwoners in die metropolitaanse gebied. Zürich is ook die hoofstad van die gelyknamige kanton in die noordooste van Switserland en beskik oor die belangrikste internasionale lughawe, Zürich-Kloten.

Die naam Zürich is waarskynlik afgelei van die Keltiese woord zua-ro-ean. In die Romeinse tydperk staan die stad onder sy Latynse naam Turicum bekend, terwyl dit in die plaaslike Duits-Alemanniese dialek Züri genoem word.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Zürich bestaan al voor die Romeinse verowering van Helvetië in die jaar 15 v.C. as 'n klein Keltiese dorp. Onder die Romeinse heerskappy bly dit 'n dorp (Latyns: vicus) en doeanepos met sowat 250 inwoners, Turicum, aan die grens tussen die provinsies Gallia en Rhaetia. Die laaste Romeinse soldate verlaat die fort, wat in die vierde eeu n.C. opgerig is, in die jaar 401.

Die Fraumünster-kerk
Vergroot
Die Fraumünster-kerk

In die 7de eeu kom die gebied van Zürich onder die heerskappy van Alemanniese hertoë. Karel die Grote trou in 771 in hierdie adellike familie in, sodat Zürich 'n Karolingiese besitting word. Ondanks 'n aantal legendes het Karel nooit besoek aan Zürich afgelê nie.

Met die splitsing van die ryk volgens die Verdrag van Verdun word Zürich in 843 'n deel van die Germaanse deelstaat onder Lodewyk die Duitser. Lodewyk laat aan die oostelik kant van die voormalige Romeinse kasteel 'n palts oprig en stig 'n nonneklooster, wat deur sy seun Karel die Dikke in 874 uitgebrei en van 'n pragtige kerk, die huidige Fraumünster-kerk, voorsien is.

Vanaf die 12de eeu word die dorp uitgebrei; in 1218 kry Zürich stadstatus as Duitse Ryksstad. Alhoewel die stad oor sy eie administrasie beskik, probeer ook die abdis van die Fraumünster en die plaaslike adel die gesag oor Zürich uit te oefen. Na die oprigting van die stadsmuur begin 'n aantal bedelordes, soos die Augustyne, Dominikane en Fransiskane hulle in Zürich vestig en kloosters bou. Die sowat 9 000 inwoners, wat omtrent 1300 in die stad woon, is adellikes, handelaars en reglose ambagsmanne.

Die vier groot kerke in die ou stadskern
Vergroot
Die vier groot kerke in die ou stadskern

Tydens die 14de eeu dring ook die ambagsmanne aan op hul eie verteenwordiging in die stadsregering, wat grotendeels deur welgestelde koopmans en 'n klein groep edele ambagsgesinne soos goudsmede oorheers word. Die rewolusie van die gildes, wat in hierdie tydperk 'n tipiese verskyning in die stede van die Duitse Ryk is, word in Zürich ook deur die adellikes gesteun. In 1336 word die leier van die opstand, die ridderseun Rudolf Brun, burgemeester van Zürich. Sy nuwe bedeling lei tot die vestiging van 'n stadsraad, wat nog steeds deur adellikes en koopmans oorheers is, maar waarin nou ook die dertien politiese gildes van die ambagsmanne verteenwordig is. Hierdie stedelike grondwet geld tot in die jaar 1798.

[wysig] Gildearistokrasie

Die voormalige lede van die stadsraad, wat Zürich as bannelinge moet verlaat, kom 'n rukkie later in opstand teen Zürich, en saam met die adellikes van die nabygeleë stad Rapperswil begin hulle 'n burgeroorlog. Aangesien ook ander stede soos Basel, Straatsburg, Freiburg in die Breisgau en Breisach saam met die huis Habsburg vyandelik optree teen Zürich, sluit Brun op 1 Mei 1351 'n ewige verbond met die Switserse Konfederasie.

Tog is daar ook lede in die stadsraad wat eerder nouer bande met die huis Habsburg wil hê. Uiteindelik slaag Zürich daarin om sy politieke rol as 'n outonome stad in die Duitse Ryk te vestig. Sy nuwe bedeling maak voorsiening vir 'n Klein Raad, waarin die adel, koopmans en ambagsmanne verteenwordig is en wat as die stadsregering dien, en 'n Groot Raad of Raad van Tweehonderd. Die lede van die twee rade is lewenslank verkies en maak van Zürich sodoende 'n soort gildearistokrasie.

Die groter rol van die ambagsmanne lei tot die agteruitgang van die uitvoernywerhede en die handel. Die gildes strewe eerder daarna om die omliggende gebiede as markte vir die stedelike produkte en verskaffers van natuurlike hulpbronne en graan te wen. Die uitbreiding van Zürich se heerskappy in die eerste helfte van die 15de eeu ontketen 'n konflik met Schwyz en ander kantons.

Die Ou Raadsaal van Zürich
Vergroot
Die Ou Raadsaal van Zürich
Die Hard-toring, die oudste gebou in Zürich
Vergroot
Die Hard-toring, die oudste gebou in Zürich

Eers met die verowering van die Thurgau in 1460 en in die Waldshuter Oorlog (1468) kies Zürich weer die kant van die Switserse konfederasie. Zürich word 'n sogenaamde voorstad (Vorort) van die konfederasie en vergroot sy gebied steeds verder, onder meer met die stede Winterthur (1467), Stein am Rhein (1459/84) en Eglisau (1496).

Die posisie van Zürich in die konfederasie word tydens die Boergondiese Oorlog aansienlik versterk. Die vernaamste middeleeuse burgemeester van die stad, Hans Waldmann, haal as 'n bekwame leëraanvoerder en diplomaat die oorwinning oor hertog Karel die Stoute, een van die magtigste Europese heersers tydens die 15de eeu.

Ondanks sy buitelandse sukses word Waldmann die slagoffer van 'n binnelandse komplot en 'n opstand van die landelike bevolking. In 1489 is hy tereggestel.

Zürich bevorder in die konfederasie nou weer die belange van Habsburg, terwyl die stad Bern as 'n bondgenoot van Frankryk optree. Die voorneme van die Duitse keiser Maximiliaan om die konfederasie weer nouer aan die ryk te bind lei tot 'n afkeer van die huis Habsburg. Zürich neem deel aan die Swabiese Oorlog van 1499. Tydens die gevegte in Noord-Italië in die tydperk tussen 1500 en 1522 word Zürich die sentrum van die konfederasie.

[wysig] Reformasie

In 1519 word Ulrich (Huldrych) Zwingli as predikant in die Grossmünster van Zürich benoem en begin na 1523 geleidelik met sy reformatoriese werk. In die jaar skryf Zwingli sy godsdienstige opvattings in 'n eerste geloofsbelydenis neer. 'n Toenadering aan die gedagtes van die Duitse reformasie blyk in 1529 tydens die Marburgse Godsdienstige Gesprekke tussen Luther en Zwingli nie wenslik te wees nie.

Die stad onteien die kloosters en beheer die kerk, skole en armesorg. Die omvangryke kloosterlike grondbesit verseker dat Zürich se burgers tot in die 19de eeu geen belasting hoef te betaal nie. Ook die feodale strukture van die landbou word hervorm, alhoewel die maatskaplike en ekonomiese posisie van die plattelandse bevolking nog steeds swak bly.

Die katolieke gebiede bied gewapende weerstand teen die uitbreiding van die reformasie. Zwingli sneuwel in 1531 in 'n geveg naby die stad Kappel.

[wysig] Zürich as aristokratiese stadstaat

Die ou stadskern van Zürich en die Limmatrivier
Vergroot
Die ou stadskern van Zürich en die Limmatrivier

Die skeiding van die Switserse konfederasie volgens godsdiens duur in die 16de eeu voort. Zürich onderhou noue betrekkinge met die gereformeerde stede van Suid-Duitsland, Genève, Mulhouse (Mühlhausen) en Straatsburg en verleen aan hulle ook militêre bystand. Zürich groei tot een van die sentra van die calvinisties-gereformeerde beweging, en die godsdienstige vlugtelinge uit Frankryk (Hugenote) en Ticino, wat nuwe vaardighede en kennis saambring, lewer 'n belangrike bydrae tot die ekonomiese en kulturele opbloei van die stad. Hulle gee onder meer die aanleiding tot die oprigting van 'n tekstielnywerheid in Zürich.

Tydens die 16de en 17de volg die stadsraad en burgerskap 'n aristokratiese en absolutistiese beleid. Nuwe burgers moet steeds aan meer voorwaardes voldoen om in Zürich aanvaar te word. Onder die indruk van die Dertigjarige Oorlog (1618-1648) word die stad versterk. Met die erkenning van die Switserse onafhanklikheid van die Duitse Ryk in die Vrede van Wesfale in 1648 verander die stad sy amptelike naam van Reichsstadt Zürich na Republik Zürich.

Aangesien Zürich as die beskermheer van die Switserse protestante optree, ontlont die godsdienstige spannings dikwels in gewapende konflikte met die katolieke stede en kantons van Switserland.

[wysig] Zürich in die 18de eeu: "Athene aan die Limmat"

Die 18de eeu is 'n bloeitydperk van die kulturele lewe in Zürich, veral danksy 'n groot aantal verenigings, waarin vry gedebatteer en geskryf kan word. In hierdie periode is daar reeds plaaslike koerante, wat weekliks verskyn. Die Zürcher Zeitung, wat in 1780 gestig is, bestaan nog steeds en word sedert 1821 onder die naam Neue Zürcher Zeitung uitgegee. Ook Vrymesselaars speel 'n belangrike rol.

Die gedagtes van die verligting verwerf in Zürich, anders as in Wes-Switserland en Bern, nie slegs danksy Franse invloede bekendheid nie, maar raak veral deur Duitse, Nederlandse en Engelse filosowe gewild. Die literatuurkritikus en professor in geskiedenis Johann Jakob Bodmer is die dosent van 'n aantal studente, wat later self bekende filosowe en kunstenaars word, soos byvoorbeeld die skilder Johann Heinrich Füssli en die pedagoog Johann Heinrich Pestalozzi.

Bodmer se verbintenis met Jean-Jacques Rousseau bevorder die uitbreiding van Rousseau se filosofiese gedagtes in Zürich, tog word die stad se administrasie nouliks deur die nuwe filosofie geraak. Die stad word deur 'n klein aantal burgerlike gesinne oorheers. Die 18de eeu is 'n tydperk van ongekende vrede vir Zürich, en veral die welgestelde families, wat as groothandelaars in die sy- en katoenbedryf optree, trek voordeel uit die politieke stabiliteit, die internasionale handelsbetrekkinge en lae belasting.

[wysig] Ekonomie

Nywerhede in die stadswyk Oerlikon
Vergroot
Nywerhede in die stadswyk Oerlikon
Switserse effektebeurs in Zürich
Vergroot
Switserse effektebeurs in Zürich

Zürich is die hoofkwartier van die Switserse bankbedryf met 400 banke (waarvan 95 filiale van buitelandse banke) en staan bekend as 'n eersterangse finansiële sentrum. Danksy die tradisie van die Switserse bankgeheim is Zürich se banke ook die belangrikste verskaffers van buitelandse bankdienste. Naas die nasionale bank van Switserland, die Schweizerische Nationalbank, en die twee grootste Switserse banke Crédit Suisse en Union Bank of Switzerland is daar 'n groot aantal kleiner banke. Zürich huisves ook die Switserse effektebeurs (Zürcher Börse), die vierde grootste ter wêreld, en is die belangrikste sentrum van die internasionale goudhandel.

Tans is die tersiêre sektor saam met die administrasie en die tersiêre onderwysinstellings die belangrikste werkgewers in Zürich, terwyl die tradisionele nywerhede nou 'n kleiner rol speel. Desondanks het groot internasionale ondernemings uit die tegnologiese sektor soos Siemens, General Motors, Dow Chemical, IBM en ABB dogtermaatskappye in die stad gevestig. Die vernaamste nywerhede en dienste is assekuransies (met onder meer Swiss Re), toerisme, masjienbou, tekstiele, handel en verskeie ligte nywerhede. Die dienstesektor verskaf werk aan meer as driekwart van Zürich se beroepsbevolking.

Lae belastingtariewe, hoogs geskoolde werknemers, die sentrale ligging in die hartland van Europa, die hoë lewensstandaard en besondere lewenskwaliteit maak van Zürich 'n geskikte plek vir internasionale ondernemings. Die per-capita-inkomste in Zürich is die hoogste in Europa en verseker 'n groot navraag na luukse produkte, alhoewel die werkloosheidsyfer met 4,5 persent hoër is as die gemiddelde syfer van Switserland.

Die Groter Metropolitaanse Gebied van Zürich met sowat drie miljoen inwoners, 140 000 ondernemings en 1,4 miljoen werknemers vorm die ekonomiese sentrum van Switserland.

[wysig] Klimaat

Die gemiddelde temperature in Januarie en Julie is respektiewelik -0,5° en 17,5°C. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 1 142 millimeter.

[wysig] Demografie

Volgens 'n amptelike skatting het Zürich in 2005 370 000 inwoners, waarvan twee derdes Switsers is. Die grootste groepe buitelanders is Duisers (18 000), Italianers en immigrante uit Serwië en Montenegro.

Die meeste inwoners is Rooms-Katolieke of gereformeerde Christene.

Die agglomerasie van Zürich, wat 'n aantal voorstede insluit, het tans 920 000 inwoners, terwyl sowat 1,4 miljoen mense in die groter metropolitaanse gebied woon.

[wysig] Onderwys en tersiêre instellings

Die hoofgebou van die ETH Zürich
Vergroot
Die hoofgebou van die ETH Zürich

Zürich staan bekend vir sy talle akademiese en ander onderwysinstellings. In die 19de eeu word die Eidgenössische Technische Hochschule (ETH) en die Universiteit van Zürich gestig, wat vandag albei instellings van wêreldfaam is.

Ander bekende instellings is die Hochschule für Gestaltung und Kunst Zürich · Hochschule für Musik und Theater Zürich · Hochschule für Technik Zürich · Hochschule für Wirtschaft und Verwaltung Zürich · Hochschule für Angewandte Psychologie Zürich · Hochschule für Pädagogik Zürich· Hochschule für Heilpädagogik Zürich · Hochschule für Soziale Arbeit Zürich · Internationale Schule für Touristik AG · Universitätsspital Zürich · Psychiatrische Universitätsklinik Zürich ("Burghölzli") · Freud Institut Zürich en die Technopark Zürich.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com