Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Wiskundige - Wikipedia

Wiskundige

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Wiskundige is 'n persoon wie se studie- en navorsingsveld wiskunde is.

Inhoud

[wysig] Rol

Wiskundiges bestudeer nie slegs nie maar doen ook navorsing, 'n kwessie wat prominent hier genoem moet word omdat daar 'n algemene wanindruk by leke bestaan dat alles aangaande wiskunde reeds bekend is. Die publikasie van nuwe ontwikkelings in wiskunde gaan egter onverpoos voort in letterlik honderde wetenskapjoernale, en baie van hulle is uitsluitlik gerig op wiskundige onderwerpe of toegepaste wiskunde (soos teoretiese rekenaarwetenskap en teoretiese fisika).

[wysig] Logika en patrone

Wiskundiges bemoei hulle hoofsaaklik met die vind en beskrywing van patrone wat hul oorsprong uit berekeningsprobleme gehad het, maar wat na die abstrakte omgeskakel is om probleme in eie reg te word. Vanuit gepubliseerde werke van wiskundiges wil dit voorkom asof die hoofbenadering van 'n wiskundige is om met 'n gegewe stel aannames te begin, dikwels aksiome genoem, en om dan voort te gaan om hulle idees (vermoedes) wat uit die aannames volg deur die reëls van logika te gebruik. Dit is egter gewoonlik die finale produk wat gepubliseer word en nie die werk in ontwikkeling nie.

[wysig] Motivering

Wiskundiges se motiverings verskil. Oor die algemeen word wiskundiges nie deur die strewe na rykdom gemotiveer nie; die vrug van hul arbeid is dikwels nie patenteerbaar nie en is in baie gevalle van suiwer akademiese belang. Baie wiskundiges word gemotiveer deur die genot wat hulle uit die aktiwiteit put asook deur die respek wat hulle by hul eweknieë afdwing.

[wysig] Geskiedenis

Wiskunde vereis lang tye om nuwe benaderings te oordink en daarom moes wiskundiges tipies baie tyd gehad het om hulle belangstelling te beoefen. Die geskiedenis wys dan ook dat wiskundiges dikwels uit welvarende families kom. "Volgens legende was Archimedes deel van die koninklike familie van Sirakuse. Die Markies van l'Hopital (1661-1704) was ryk genoeg om Johann Bernoulli te huur om hom in Analise te onderrig. Daar was egter so nou en dan armer, onbetaalde amateur wiskundiges wat tog belangrike bydraes tot die veld gemaak het.

[wysig] Demografie

Soos in die geval van baie wetenskaplike beroepe, is wiskunde as vakgebied in groot maat deur mans oorheers. Van die bekende vroulike wiskundiges tel Emmy Noether (1882 - 1935), Sophie Germain (1776 - 1831), Sofia Kovalevskaya (1850 - 1891), Rózsa Péter (1905 - 1977), Julia Robinson (1919 - 1985), Mary Ellen Rudin, Eva Tardos, Émilie du Châtelet en Marianna Csörnyei.

[wysig] Aanhalings

...wees versigtig vir wiskundiges, en almal wat leë voorspellings maak. Die gevaar bestaan reeds dat die wiskundiges 'n verbond met die duiwel gesluit het om die gees te verdonker en om mens in die boeie van die Hel op te sluit.

-Sint Augustyn, De Genesi ad Litteram (met "wiskundiges" in hierdie verband verwys hy hoofsaaklik na die astroloë.)

'n Wiskundige is 'n masjien wat koffie in stellings verander.

-Paul Erdős

Die Mathematiker sind eine Art Franzosen; redet man mit ihnen, so übersetzen sie es in ihre Sprache, und dann ist es alsobald ganz etwas anderes. (Wiskundiges is soos 'n soort van Fransman; as jy met hulle praat, vertaal hulle dit in hulle eie taal en dan beteken dit onmiddelik iets heeltemal anders.)

-Johann Wolfgang von Goethe

Sommige mense is wiskundige, ander is nie.

-Jane Goodall (1971) In the Shadow of Man

[wysig] Skakels en Verwysings

[wysig] Verwysings

  • A Mathematician's Apology, by G. H. Hardy. Memoir, met voorwoord deur C. P. Snow.
    • Herdrukte weergawe, Cambridge University Press, 1992; ISBN 0521427061
    • Eerste Uitgawe, 1940
  • Dunham, William. The Mathematical Universe. John Wiley 1994.
  • Ooreenstemmende artikel in die Engelstalige Wikipedia [[1]].

[wysig] Sien ook

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com