Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Switserse sjokolade - Wikipedia

Switserse sjokolade

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Switserse sjokolade in 'n supermark in Interlaken
Vergroot
Switserse sjokolade in 'n supermark in Interlaken

Switserse sjokolade is sjokolade wat slegs in Switserland vervaardig word, wat aan sekere standaarde voldoen.

Sjokolade is in Europa sedert die 16de eeu bekend. Vanaf die 18de eeu word sjokolade slegs in 'n handvol klein bedrywe in die Switserse kanton Ticino en in die Bassin Lémanique, langs die Meer van Genève, vervaardig.

In 1819 stig François-Louis Cailler die maatskappy Chocolat Cailler, wat aanvanklik kakaopoeier en sjokolade bemark. Kort daarna vestig hy die eerste Switserse sjokoladefabriek.

Inhoud

[wysig] Stigtingsjare van bekende Switserse sjokoladefabrieke

Toblerone
Vergroot
Toblerone
  • 1819 – Cailler in Vevey (vandag Nestlé)
  • 1826 – Suchard in Serrières (vandag Kraft Foods)
  • 1826 – Favarger in Genève
  • 1830 – Kohler in Lausanne (vandag Nestlé)
  • 1845 – Sprüngli in Zürich
  • 1842 – Maestrani in Luzern
  • 1856 – Klaus in Le Locle
  • 1867 – Peter in Lausanne (vandag Nestlé)
  • 1879 – Lindt in Bern
  • 1887 – Frey in Aarau (vandag Migros)
  • 1899 – Tobler in Bern (vandag Kraft Foods), wat onder meer die handelsmerk Toblerone bemark
  • 1929 – Camille Bloch in Courtelary

Met die uitvinding van melksjokolade deur Daniel Peter en Henri Nestlé in 1875 en die fondantsjokolade deur Rodolphe Lindt verwerf die Switserse sjokolade teen die middel van die 19de eeu bekendheid dwarsoor Europa. In 1930 begin Nestlé ook wit sjokolade produseer.

[wysig] Afsetgebiede

Vanaf die laat 19de eeu tot die Eerste Wêreldoorlog steun die Switserse sjokoladebedryf veral op uitvoer. Op grond van handelsbeperkings wat die bedryf na die Tweede Wêreldoorlog knel, begin die Switserse produsente met die vervaardiging van sjokolade naby die buitelandse markte.

Die binnelandse mark is die grootste afsetgebied vir sjokolade wat in Switserland vervaardig word (54% in die jaar 2000), waarby die jaarlikse per capita-verbruik van sjokolade in Switserland die hoogste wêreldwyd is (11.6 kg in die jaar 2004).

Volgens Chocosuisse, die vereniging van die Switserse sjokoladeprodusente, het die vervaardiging van sjokolade in Switserland in die jaar 2004 148 270 ton beloop, waarvan 53% uitgevoer is (20% na Duitsland, 11% elk na Frankryk en die Verenigde Koninkryk en 13% na Noord-Amerika). Die omset van die Switserse sjokoladebedryf is in dieselfde jaar 1 365 miljoen Switserse Frank (814 miljoen CHF binnelands, 551 miljoen CHF buitelands).

Die belangrikste sjokoladeprodukte, wat in die jaar 2000 uitgevoer is, was sjokoladestafies (65 252 ton), sjokoladepralinees en ander lekkergoed (33 961 ton), halfverwerkte produkte vir fynbakkerye (23 200 ton), verskeie soorte feesartikels (6 400 ton) en sjokolade- en kakaopoeier (2,4 ton).

[wysig] Struktuur van die Switserse sjokoladebedryf

In 1901 verenig die Switserse sjokoladeprodusente hulle onder die dak van die Union libre des fabricants suisses de chocolat. Die vereniging word in 1916 in twee afdelings verdeel - die Chambre syndicale des fabricants suisses de chocolat en die Convention chocolatière suisse. Die voormalige „Chambre syndicale“ - wat vandag as Chocosuisse bekend staan – beskerm die belange van die ondernemings in die sjokoladebedryf. Die Convention chocolatière het toesig gehou oor die gehalte van Switserse sjokolade en die prysbeleid van die bedryf. Dit is in 1994 ontbind.

[wysig] Verwysings

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com