Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Mons - Wikipedia

Mons

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Mons (Bergen)
Land: België
Gewes (deelstaat): Wallonië
Gemeenskap: Franse Gemeenskap
Provinsie: Hainaut
Koördinate: 50°27’ N, 03°56’ O
Oppervlakte: 146,56 vk km
Bevolking: 90 946 (Julie 2005)
Bevolkingsdigtheid: 621 / vk km
Burgemeester: Jean-Claude Carpentier (PS)

Mons (Duits en Nederlands: Bergen) is die hoofstad, handel- en kulturele sentrum van die Belgiese provinsie Hainaut (Wallonië). Sedert 31 Maart 1967 huisves Mons ook die Militêre Hoofkwartier van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), SHAPE (Supreme Headquarters Allied Powers Europe).

Die stad het sy naam te danke aan die geografiese ligging en is oorspronklik op een van die vyf heuwels in die riviervlakte van die Haine gestig. In die tydperk tussen die 9de en die 15de eeu is Mons die woonplek van die grawe van Hainaut. Mons lê digby die Franse grens in die Borinage-gebied, die voormalige sentrum van die steenkoolmynbou in België, en word deur middel van kanale met die Schelderivier en die kanaal van Brussel-Charleroi verbind.

[wysig] Geskiedenis

Mons: Die Grand' Place (markplein) met die raadsaal en kloktoring
Vergroot
Mons: Die Grand' Place (markplein) met die raadsaal en kloktoring

Argeologiese opgrawings in die nabygeleë vuursteengroewe van Spiennes, wat deur die UNESCO as wêrelderfenisgebiede gelys is, het die bewys gelewer dat die eerste menslike nedersettings in die gebied reeds in die Laat-Steentydperk en in die Ystertydperk bestaan.

Die oorspronge van Mons gaan terug op 'n Romeinse castrum, wat deur Gaius Julius Caesar tydens sy oorlog teen die Galliërs opgerig is. Mons dien in hierdie tydperk as 'n militêre kamp langs die grootpad van Bavay na Utrecht.

Die huidige stad ontwikkel ringsom 'n klooster uit die vroeë Middeleeue. Ter beskerming van die stad laat die hertog van Hainaut 'n kasteel op die bergspits van een van die heuwels in die omgewing oprig. 'n Verdedigingswal met 'n lengte van een kilometer is in die 12de eeu gebou.

Tydens die Nederlandse Vryheidsoorloë is Mons in 1572 deur die prins Lodewyk van Nassou ingeneem, tog slaag die Spanjaarde daarin om die stad in dieselfde jaar weer te herower. Pogings deur Coligny en die prins van Oranje om die stad te bevry, het misluk.

Ná 'n eerste Franse blokkade in 1677 onder die bevel van die maarskalk Humières is Mons op 8 April 1691 deur verraad aan die Franse generaal Vauban uitgelewer. As gevolg van die Vrede van Ryswyk, wat in 1697 gesluit is, is die Spaanse heerskappy oor die stad herstel.

Tydens die Spaanse erfopvolgingsoorlog word die stad opnuut deur die Franse ingeneem, gee egter in 1709 aan die gealliëerde magte oor. Op 10 Julie 1746 is Mons nog 'n keer deur Franse troepe beset, nogtans kom die stad later weer onder Oostenrykse heerskappy. Die laaste Franse besetting volg op die slag van Jemappes in 1792.

As gevolg van die besettings deur vreemde magte is die versterkings van Mons voortdurend uitgebrei en gemoderniseer. Tegelykertyd groei die stad en begin geleidelik ook om die omliggende dorpe by die stadsgebied in te lyf.

Teen die einde van die 19de eeu het Mons meer as 25 000 inwoners, met die suiker-, seep-, tabak-, kantwerk-, aardewerk-, yster-, wol- en katoennywerhede, brouerye en steenkoolmynbou as ekonomiese basis.

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com