Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Kameel - Wikipedia

Kameel

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Kameel is een van twee spesies groot, gelyktonige hoefdiere in die genus Camelus, naamlik die Dromedaris met sy enkele boggel en die Baktriese kameel met die dubbele boggel. Albei is inheems aan die droë en woestyngebiede van Asië en Noord-Afrika. Die naam kameel is afgelei via die Grieks, kamelos van die Hebreeus, gamal vir "kameel".

Die term kameel word in die breër sin gebruik om enige van die ses kameelagtige diersoorte in die familie Camelidae te beskryf; die twee ware kamele, asook die vier Suid-Amerikaanse kameelagtiges, naamlik die llama, alpakka, guanaco en vikoenja. Vir 'n oorsig oor die familie, sien Kameelagtiges.


  • Familie Camelidae
    • Genus Lama:
      • Llama Lama glama
        • Alpakka Lama glama pacos
      • Guanaco Lama guanicoe
    • Genus Vicugna:
      • Vikoenja Vicugna vicugna
    • Genus Camelus
      • Dromedaris, Camelus dromedarius
      • Baktriese kameel, Camelus bactrianus

Kamele is baie bekend vir hulle boggels. Daar word nie water in geberg soos algemeen geglo is nie, maar die boggels dien as 'n opgaarplek vir vetweefsel, terwyl water in die bloed opgeberg word. Dit stel kamele in staat om baie dae sonder kos of water te oorleef.

Die mens het die kameel etlike duisende jare gelede al mak gemaak. Die Dromedaris en die Baktriese Kameel word steeds gebruik vir melk, vleis en as lasdier; die Dromedaris in Noord-Afrika en Wes-Asië, die Baktriese Kameel verder na die noorde en ooste van Sentraal-Asië.

Hoewel daar vandag omtrent 13 miljoen Drommedarisse bestaan, is die spesie in die natuur feitlik uitgewis; almal behalwe 'n handjievol is makgemaakte diere (hoofsaaklik in Soedan, Somalië, Indië en nabygeleë lande), asook Suid-Afrika, Namibië en Botswana. Daar is egter 'n groot groep van omtrent 700 000 wilde kamele in Sentraal-Australië wat afstam van enkele kamele wat uit aanhouding ontsnap het gedurende die laat 19de eeu. Hierdie populasie groei teen nagenoeg 11% per jaar en onlangs het die Suid-Australiese regering besluit om die diere uit te dun deur gebruik te maak van skerpskutters in vliegtuie omdat die kamele te veel van die skaapboere se beperkte weiding gebruik.

Die Baktriese Kameel was voorheen baie volop, maar tans is daar sowat 1,4 miljoen diere, meestal mak. Daar word beweer dat daar ongeveer 1 000 wilde Baktriese Kamele in die Gobi-woestyn, asook klein getalle in Iran, Afganistan, Turkye en Rusland is.

'n Klein populasie ingevoerde Dromedarisse en Baktriese Kamele het tot vroeg in die 20ste eeu in die suid-weste van die Verenigde State oorleef. Hierdie diere, wat van Turkye ingevoer is, was deel van 'n proefneming van die "US Camel Corps" en is gebruik as trekdiere in myne, en hulle het ontsnap of is vrygelaat nadat die projek deur die mat geval het.


[wysig] Eksterne skakel

[wysig] Bron

Vertaal van die ooreenstemmende artikel in die Engelse Wikipedia

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com