Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Gruyère (kaas) - Wikipedia

Gruyère (kaas)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Gruyère (kaas)
Gruyère-kaas
Vergroot
Gruyère-kaas
Herkoms Hoofsaaklik kantons Fribourg, (Vaud, Neuchâtel en Jura (Switserland)
Vetgehalte 49 tot 53 %
Vorm Silindries, deursnee 55-65 cm
Hoogte 9,5 tot 12 cm
Gewig 25 tot 40 kg
Tipe Harde kaas
Oorsprong Koeimelk (volmelk), Alpemelk, bio-melk

Gruyère (Duits: Greyerzer) is 'n Switserse harde kaas wat volgens die bepalings van die Appellation d'origine contrôlée (AOC, kaas van oorsprong) van 26 Julie 2001 net in die Switserse kantons Fribourg, Vaud, Neuchâtel en Jura, die distrikte Courtelary, Moutier en La Neuveville, asook in 'n aantal dorpe langs die grens van die kanton Berne vervaardig mag word.

Inhoud

[wysig] Eienskappe

Die ronde kaas het 'n deursnee van tussen 55 en 65 cm, is tussen 9,5 en 12 cm dik en weeg tussen 25 en 40 kilogram. Die vetgehalte is 49 tot 53 persent. Vir 'n kaas van sowat 35 kg word sowat 400 liter melk benodig.

[wysig] Variante

Gruyère is in verskillende variante beskikbaar, wat volgens hulle stadium van rypwording, melksoort (Gruyère d'alpage, Alpemelk-Gruyère) en produksiemetodes (biologiese landboumetodes) onderskei word.

Stadium van rypwording Ouderdom
mild (doux) tenminste 5 maande
ryp (mi-salé) 7 tot 8 maande
ryp (salé) 9 tot 10 maande
surchoix/réserve tenminste 10 maande
ekstra ryp (vieux) tenminste 15 maande

'n Besonderse variant is Gruyère-kaas wat na aanvanklik drie maande in die kaasmakery 'n verdere nege maande in steengrotte ryp word. Die grotte se natuurlike hoë lugvogtigheid van tot by 95 persent en die lae temperature van sowat 10° C verseker optimale omstandighede vir die rypwordingsproses.

[wysig] Geskiedenis

Die eerste verwysing na die Gruyère-kaas (gruière) dagteken uit die 17de eeu, alhoewel die gebied reeds in die antieke tyd bekend staan vir sy kaasspesialiteit. Tydens die 18de eeu vestig immigrante uit die kanton Fribourg hulle in Vaud, die Valais, Franche-Comté, Jura en Savoie en bring hulle kennis van kaasmakery saam na hulle nuwe tuiste.

In die jaar 1762 voeg die Académie française die woord gruyère as nuwe vakterm vir 'n kaas uit daardie gebied by hulle woordeboek.

[wysig] Gebruik in die kookkuns

Gruyère-kaas word baie dun gesny en teen kamertemperatuur geniet, sodat dit sy volle smaak kan ontwikkel. Gerasperde Gruyère pas goed by pastageregte, slaai en groente wat in die oond gebak word. Dit is ook 'n belangrike bestanddeel van Franse uiesop, Quiche Lorraine en baie fondue-resepte.

[wysig] Eksterne skakel

Die webwerf van die Gruyère-kaas

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com