Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Grasse - Wikipedia

Grasse

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Hierdie artikel handel oor die Franse stad. Vir die plantsoort, sien gerus gras.

Grasse
Vergroot
Grasse

Grasse is 'n stad in die Suid-Franse département Alpes-Maritimes, sowat 20 kilometer van die Côte d'Azur, met 45 000 inwoners (2002). Dit staan bekend as die hoofstad van die Franse reukwaterbedryf.

Inhoud

[wysig] Geografie

Grasse lê op 'n heuwel in die suidelike uitlopers van die Alpe, sowat 350 meter bo seevlak aan die grootpad Route National 1085.

[wysig] Geskiedenis

Die eerste historiese verwysing na die stad dagteken uit die jaar 1040. In 1227 verower graaf Raimond Béranger Grasse en lyf dit by Provence in. By die indeling van die Franse départements tydens die Franse Rewolusie behoort Grasse nog by die département Var en dien ook as sy hoofstad. In 1860 word Grasse saam met die graafskap Nice 'n deel van die département Alpes-Maritimes.

[wysig] Ekonomie

Jasmynbloeisels
Vergroot
Jasmynbloeisels

Sedert die 17de eeu spits die reukwatervervaardigers in Grasse hulle op die ekstraksie van die sap van veral die plaaslike lemoen- en jasmynbloeisels toe. Die jasmynplant, waarvan die bloeisels 'n hoofbestanddeel van baie reukwaters vorm, is tydens die 16de eeu deur die Sarasene in Suid-Frankryk ingevoer. Die jaarlikse oes van jasmynbloeisels in Grasse beloop tans 27 ton per jaar.

Die blommeplantasies, wat vroeër kenmerkend van Grasse en sy omgewing was, het nou skaars geword, aangesien die bloeisels meesal uit lande soos Marokko, Bulgarye, Indië of Turkye ingevoer word. Die plantekstrakte word naas reukwater ook vir kosmetika, afwasmiddels, waspoeier en geurstowwe in die voedselbedryf gebruik. Die reukwaterbedryf van Grasse skep tans werkgeleenthede vir 4 000 mense.

Sowat dertig fabrieke in Grasse en die omgewing voer hulle produkte wêreldwyd uit. Hulle verteenwoordig sowat twee derdes van die totale produksie van geurstowwe in Frankryk met 'n omset van jaarliks 600 miljoen Euro.

[wysig] Besienswaardighede

Die Rue des Soeurs, een van die kenmerkende straatjies in die ou stadskern
Vergroot
Die Rue des Soeurs, een van die kenmerkende straatjies in die ou stadskern
  • Die katedraal Notre-Dame du Puy dateer uit die 12de eeu en bekoor met sy minimalistiese boustyl. Dit spog met skilderye van Peter Paul Rubens, Jean Honoré Fragonard en Charles Nègre en 'n triptigon van Louis Bréa.
  • Die tuin Jardin des Plantes staan bekend danksy die suster van Napoléon Bonaparte, wat hier gereeld tydens die winter gebly het. Die tuin bied 'n pragtige uitsig oor die ou stadskern en die see.
  • Die blommeplantasies van die Domaine de Manon lê in 'n klein dorpie naby Grasse en is een van die historiese tuine van die plaaslike reukwaterbedryf.
  • Die Vlootmuseum dien ter herdenking van die groot Franse seevaarder admiraal François-Joseph Paul, graaf van Grasse (1722-1788). Hy staan bekend vir sy oorwinning in die seeslag van Chesapeake op 5 September 1781, waarmee die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog beëindig is. Sowat dertig modelskepe word in die museum uitgestal.
  • Die ou herehuis van die Marquise van Clapiers Cabris, 'n suster van Mirabeau, huisves die Musée d'Art et d'Histoire de la Provence (Museum van die Provensaalse kuns en geskiedenis). Sy meubilering, steengoed, skilderye, kleredragte en ander voorwerpe gee 'n indruk van die daaglikse lewe in die oostelike Provence en strek van die voorgeskiedenis tot by die vyftigerjare van die 20ste eeu.

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com