Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Esties - Wikipedia

Esties

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Esties (Eesti keel) is die amptelike taal van die republiek Estland. Die taal, wat ook Estnies of Ests genoem word, het ongeveer 1 miljoen sprekers. Daarmee is dit op een na (Yslands) die kleinste taal in Europa wat op alle vlakke (wetgewing, regspraak, wetenskap en letterkunde) gebruik word. Die eerste Estiese boek verskyn in 1535. Esties behoort tot die Fins-Oegriese tale, en binne die familie tot die Oosseefinse tale. Tot die groep tale, wat rondom die Finse Golf gespraat word, behoort ook Fins, 'n taal wat die meeste Este sonder veel moeite kan verstaan. Omgekeerd geld dit trouens minder: behalwe die verwantskap tussen die tale speel dit ook 'n rol dat die Este vertroud is met Fins, byvoorbeeld omdat hulle steeds Finse televisie kan ontvang en omdat Estland druk besoek word deur Finse toeriste.

Esties is nie verwant aan Lets of Litaus nie en net so min nie met Russies nie. Afrikaans is om die waarheid te sê as Indo-Europese taal nader aan die drie tale as Esties.

Esties gebruik die Latynse alfabet, aangevul met die klinkertekens ä, ö, ü en õ. Die laatste teken staan vir 'n tipies Estiese klinker wat gevorm word deur die tong te plaas asof 'n o uitgespreek word en die lippe daarby te trek . Sowel klinkers as medeklinkers kan kort, lank en ekstra lank wees. In Estiese spelling word grotendeels slegs die verskil tuusen kort en lank weergegee en wel deur die letter dubbel te skryf: sada 'honderd' vs. saada 'om te kry' en kana 'hoender' vs. kanna 'dra!'.

Esties het van alle omringende tale invloed ondergaan. Daar is Oudgermaanse, Baltiese en Slawiese leenwoorde uit die tyd toe die Oosseefinse familie nog een taal vorm (voor die begin van ons jaartelling), byvoorbeeld ondreskeidelik die woorde rand (strand, Germaans), sild (brug, Balties) en aken (raam, Slawies). Jonger is die groot aantal leenwoorde uit Platduits, die taal van die Hanze. Die taal lyk baie soos Nederlands (meer as na Hoog-Duits), en aangesien die Estiese spelreëls op sommige punte ooreenkom met die Nederlandse, is daar 'n hele aantal woorde wat in Nederlands en ook in Afrikaans en in Esties identies is:klooster,kaart, kroon, kraan. Ander wyk 'n bietjie af, maar is tog heel herkenbaar: hoov (hof), triikima (stryk), pott (pot) en pann (pan). Die aantal Russiese leenwoorde uit die vorige eeu is redelik beperk. Die invloed van Engels is tans wel groot. Esties het minder as Fins die neiging om eie, puristiese woorde te gebruik vir nuwe sake (telefon, instituut, maar wel arvuti vir rekenaar instede van die engelse computer). Dit herinner aan die verskil tussen Afrikaans en nederlands waar Afrikaans ook meer geneig is om nuwe woorde te gebruik terwyl Nederlands gereeld Engelse woorde aanneem.


Kenmerkend van Esties:

- Esties gebruik dikwels naamvalle, waar Indo-europese tale liewer voorsetsels gebruik: käes 'in die hand', Eestisse 'na Estland'.
- daar is geen verskil tussen mannlike en vroulike woorde nie; tema beteken sowel 'hy' as 'sy'.
- na 'n telwoord volg enkelvoud. Die bybehorende naamval is die partitief, 'n naamval wat oorspronklik 'n deel van iets uitdruk (vergelikbaar met die Franse du pain).
- medeklinkers in 'n woord word 'swak' (verander, verkort of verdwyn) as daar sprake is van 'n geslote (of: oorspronklik geslote) lettergreep: tiib 'vleuel' vs. tiival 'aan die vleuel'.
- daar is geen lidwoorde nie.
- Esties vermy opeenhoping van medeklinkers aan die begin van 'n woord: strand word rand.
Estisch deel bostaande eienskappe met Fins en met die meeste andere Fins-Oegriese tale.

Op die volgende punte wyk Esties van Fins af:

- daar is geen klinkerharmonie nie. Na die eerste lettergreep kan wel slegs 4 klinkers voorkom: a, e, i en u (as variant soms o).
- klinkers kan in verboë vorm veranderinge ondergaan: madu 'slang" vs. mao 'van die slang' (u word o), rida 'ry' vs. rea 'van die ry' (i word e).
- waar in Fins besit uitgedruk word deur 'n uitgang na die woord, gebruik Esties 'n vorm van persoonlike voornaamwoord: Fins käsini = Esties minu käsi 'my hand'.
- daar is 'n groot aantal werkwoordvoorvoegsels, vergelykbaar met die in Nederlands en Afrikaans: kandma 'dra': ette kandma 'voordra'.
- daar is twee infinitiewe: ma tahan saada 'ek wil kry' vs. ma pean saama 'ek moet kry' ( saama/saada = om te kry).

Die getalle van 1 tot 10 in Esties:

1 - üks | 2 - kaks | 3 - kolm | 4 - neli | 5 - viis | 6 - kuus | 7 - seitse | 8 - kaheksa | 9 - üheksa | 10- kümme.

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in [[:{{{kode}}}:|Esties]]
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com