Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Empire State-gebou - Wikipedia

Empire State-gebou

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Empire State-gebou
Vergroot
Die Empire State-gebou
Die Empire State-gebou is verlig vir Kersfees
Vergroot
Die Empire State-gebou is verlig vir Kersfees

Die Empire State-gebou is 'n 102-verdiepinghoë gebou in New York en is ontwerp deur Shreeve, Lamb, and Harmon Associates en gebou in 1931. Die toring het sy naam gekry uit 'n lys van noemname vir Amerikaanse state en dan meer spesifiek New York-staat.

Die Amerikaanse Vereniging van Siviele Ingenieurs het die Empire State-gebou as een van die moderne Sewe Wonders van die Wêreld verklaar. Die gebou behoort ook aan die Wêreld Federasie van Groot Torings.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis en statistiek

Die Empire State-gebou was die hoogste gebou in die stad voor die oprigting van die World Trade Center, en was vir baie jare die hoogste gebou in die wêreld. Dit is tans die tweede hoogste gebou in die Verenigde State.

Die ingangsportaal
Vergroot
Die ingangsportaal

Die gebou is amptelik geopen op 1 Mei 1931. Die kantoorspasie in die gebou was tot in 1940 redelik leeg - daarom het baie mense die gebou die noemnaam die "Empty State Building" gegee. 'n Uitsaai toring is in 1950 bo-op gesit wat die totale hoogte tot 443,5 meter verhoog het.

Daar is 'n publieke uitkykpunt aan die bokant van die gebou en bied asemrowende uitsigte van die hele stad en is 'n gewilde toeriste-aantreklikheid. Spreiligte verlig die bokant van die gebou in die aand in kleure wat ooreenstem met die seisoene of ander gebeure; die ligte was maande lank rooi, wit en blou na die vernietiging van die World Trade Center.

New York soos gesien van die Empire State-gebou
Vergroot
New York soos gesien van die Empire State-gebou

Die gebou weeg ongeveer 330 000 ton. Dit het 6 500 vensters, 73 hysbakke en mens moet 1 860 trappe klim tot by die boonste vloer. Die totale vloeroppervlak is 204 385 m2 (2 200 000 vierkante voet). Dit is geleë te 350 Fifth Avenue, ZIP-kode 10118, tussen 33ste en 34ste Strate, in Midtown, Manhattan, direk oorkant Weehawken Cove, en aan die ander kant van die Hudson River.

Een van die gebou se grootste prestasies is die spoed waarteen dit opgerig is: konstruksie was klaar na een jaar en 45 dae, sonder dat daar oortyd gewerk is. Staalwerkers het met 'n spoed gewerk en het die 58 000 ton raam in 23 weke gebou. Die loodgieters het 82 kilometer pype gelê, en die elektrisiëns het 5 miljoen meter telefoonlyne geïnstalleer.

[wysig] 1945-vliegtuigongeluk

Op Saterdag 28 Julie 1945 om 9:49 die oggend, het 'n B-25 bomwerper per ongeluk teen die noordekant van die gebou vasgevlieg - tussen die 79ste en 80ste vloer waar die kantore van die National Catholic Welfare Council geleë was. Die vuur is binne 40 minute geblus. 14 mense is in die voorval dood. Sien Empire State Building Withstood Airplane Impact

Tydens die ongeluk het die hysbakoperateur Betty Lou Oliver 'n val van 75 verdiepings binne die hysbak oorleef en hou huidiglik die Guinness World Record vir die langste val binne 'n hysbak.

[wysig] Krabberklimmer

In 1994 het die Franse Krabberklimmer Alain "Spiderman" Robert sonder waarskuwing teen die buitekant van die gebou opgeklim deur slegs sy kaal hande en voete te gebruik sonder enige veiligheidstoerusting.

[wysig] Media

Die Empire State-gebou is al beskryf as die mees waardevolle Amerikaanse uitsaaigebou. Uitsending het in die laat 1930's vanaf die Empire-gebou plaasgevind toe RCA die 85ste vloer gehuur het en 'n laboratorium vir Edwin Howard Armstrong daar gevestig het.


[wysig] Die Empire State-gebou en populêre kultuur

Die Empire State-gebou se hoogte in vergelyking tot ander wolkekrabbers.
Vergroot
Die Empire State-gebou se hoogte in vergelyking tot ander wolkekrabbers.
Die Empire State-gebou in die aand.
Vergroot
Die Empire State-gebou in die aand.

Een van die bekendste voorstellings van die gebou is in die 1933 film King Kong, waar die hoofkarakter, 'n groot aap, tot bo die gebou klim om sy aanvallers vry te spring, en sterf op die ou einde toe hy van die gebou af val.In 1983 vir die 50ste herdenking van die film was 'n opblaasbare King Kong bo-op die regte Empire State-gebou geplaas. Ongelukkig het 'n muis deur dit gebyt en die aap gedeeltelik afgeblaas.

Asemrowende uitsig van New York vanuit die Empire State-gebou soos gesien in die lente van 2005
Vergroot
Asemrowende uitsig van New York vanuit die Empire State-gebou soos gesien in die lente van 2005


[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com