Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Amsterdameiland - Wikipedia

Amsterdameiland

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Ander Amsterdameiland is 'n Arktiese eiland in die Svalbard argipel, naby die noordwetelike hoek van Spitsbergen.
Ortografiese afbeelding oor Amsterdameiland
Vergroot
Ortografiese afbeelding oor Amsterdameiland

Amsterdameiland (Frans: Île Amsterdam /ˈi.lɑ̃.stəˈdɑ̃/ vroeër Nieuw Amsterdam of Nouvelle Amsterdam) is 'n afgeleë Franse sub-antarktiese eiland geleë by 37°52′S 77°32′E, omtrent halfpad tussen Australië en Suid-Afrika. Hoewel die eiland vroër taamlik greeld deur skepe onderweg tussen Suid-Afrika en Autralië bsoek is het die heropening van die Suezkanaal en die byna algehele verdringing van passasierseevaart deur lugvaart verder bygedra tot die isolasie van die eiland.

[wysig] Beskrywing

Die eiland is vulkanies maar is tans onaktief. Dit het 'n oppervlak van 55 km2. Dit is 21 km lank en bereik 'n hoogte van 867 m (2844 voet) by Mont de la Dives. Die eiland is een van die min sub-Antarktiese eilande wat enigsins boombedekking het. Die eiland is deel van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede, en saam met die naburige Sint-Pauleiland (85 km Suid) vorm dit een van die distrikte van die gebied. Die eilandbasis Martin-de-Viviès, voorheen La Roche Gódon genoem, is die hoofstad van die gebied.

[wysig] Geskiedenis

Île Amsterdam is op 18 Maart 1522 deur die Spaanse ontdekkingsreisiger Juan Sebastián Elcano ontdek. Elcano het die eiland egter nie 'n naam gegee nie. Toe die Nederlandse kaptein Anthonie van Diemen in 1633 onderweg na Java op die onbenaamde eiland afkom vernoem hy dit na sy skip Nieuw Amsterdam. Op daardie stadium in die eiland se geskiedenis was dit dig bebos.

Gedurende die 18de en 19de eeue is die eiland van tyd tot tyd deur skibreukelinge en vissermanne van Réunioneiland besoek. Amerikaanse en Engelse walvisjagters het soms van hulle bemanning op die eilande gelaat om seeleeus te jag wat op daartie tydstip baie volop was en waarvan die pelse baie gesog in Sjina was. Teen die einde van die 19de eeu het die jag van 'n geraamde 50 000 seeleeus die spesie tot op die randjie van uitsterwing gebring.

In die 19de eeu is verskeie pogings aangewend om nedersettings op die Amsterdam- en Sint-Pauleiland te stig. Martin Dupeyrat, kaptein van die L'Olympe, het op 1 Julie 1843 namens die goewerneur van Réunion op Amsterdameiland aanwal gestap en twee dae later op Sint-Paul, om 'n Franse visserpos op laasgenoemde eiland te vestig. Alle vissery is egter in 1853 laat staan toe die Franse regering aansprake op die twee eilande laat vaar het. Op 18 Desember 1870 land 'n kleinboer, genaamd Heurtin, van Réunion met sy gesin en 'n paar vriende, op die La Sarcelle by Amsterdameiland om 'n skaap- en beesboerdery te begin. Hulle is egter nie suksesvol nie en verlaat die eiland op 19 Augustus 1871. Die beeste bly agter. Die nasate van die kudde het weer wild geword en tel nou meers as 2000. Aansienlike ekologiese skade is deur die oorbeweiding en vertrapping van inheemse plantegroei veroorsaak wat saam met brande, wat die groot stukke veen waarop die die inheemse Phylica bome staatmaak vernietig het, byna tot die uitwissing daarvan gelei.

Eers in 1892 neem die bemanning van die sloop Bourdonnais, gevolg deur die L'Eure in 1893 namens die Franse regering besit van die twee eilande.

Op 31 Desember 31 1949 bring Kaptein Verdadaine se kreefboot, Sapmer, 'n span van 23 Franse wetenskaplikes onder leiding van meteoroloog Paul Martin de Viviès na Amsterdameiland. Die agt maandlange ekspedisie rig die eerste permanente wetenskaplike basis in die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede op. Die eerste basis is op dieselfde plek as die huidige basis, Martin-de-Viviès opgerig, oorspronklik met die naam Camp Heurtin. Vanaf 1949 word nuwe ekspedisies jaarliks na die eiland gestuur – deels om wetenskaplike studies uit te voer en deels om Franse besit van die eilande in stand te hou. Amsterdameiland is ideaal geleë om die globale impak van lugbesoedeling en kweekhuiseffek te meet. Die wetenskaplikes monitor ook globale elektromagnetiese energie, doen seismiese opnames, dra by tot weervoorspelling, en ondersoek die effek van ekologie op diere voortplanting en voëlmigrasie. Die werking en instandhouding van die basis word deur staatsamptenare, die weermag, dienspligtiges en vrywilligers uitgevoer. Die personeel wat 'n jaar op die eiland spandeer staan as les hivernants (die oorwintererraars) bekend. Die oorwinteraars ondergaan 'n reeks sielkundige toetse om te verseker dat hulle die lang isolasie, gure weer en strak landskap in 'n klein gemeenskap sal oorleef. Goeie gesondheid is ook 'n vereiste aangesien die strawwe omstandighede onderliggende gesondheidsprobleme kan vererger en die plaaslike doktor moontlik nie ernstiger gevalle kan aanspreek nie.

Amsterdameiland word op 'n twee maandelikse basis saam met die ander subantarktiese eilande in die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede, Kerguelen en Crozet deur die Marion Dufresne bedien.


Die Global Atmosphere Watch het steeds 'n atmosferiese navorsingstasie op Amsterdameiland.

[wysig] Eksterne skakels


Distrikte van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede Vlag van Frankryk

Amsterdameiland/Sint-Paul - Crozeteilande - Kergueleneilande - Adélieland

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com