Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Sterrebeeld - Wikipedia

Sterrebeeld

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Sterrebeeld (die Engelse term constellation gaan terug op die Latynse constellatio, "'n klompie sterre") is 'n groep sterre wat 'n patroon in die naghemel vorm, maar anders nie in enige verband met mekaar staan nie. Die tradisie om bepaalde beelde in die sterrehemel te sien bestaan by alle volkere, en by die vorming van sterrebeelde is daar soms verbasende ooreenkomste dwarsoor die wêreld.

Die huidige sterrebeelde is 'n erfenis van die Mesopotamiese, Griekse en Arabiese sterrekykers, wat 'n ryk universele mitologie geskep het. Van die sterrebeelde het baie ook Afrikaanse name, alhoewel die meeste sterrekundiges voorkeur aan die wetenskaplike Latynse benamings gee.

In 1928 en 1930 lê die Internasionale Sterrekundige Vereniging in Leiden (Nederland) die 88 sterrebeelde en hulle koördinate vas en besluit tegelykertyd om geen nuwe beelde meer by te voeg nie. Sterrekundige voorwerpe, wat in die toekoms ontdek sou word, sal as dele van die bestaande sterrebeelde beskou word.

Presies die helfte van die moderne sterrebeelde is al in die Griekse antieke tyd bekend, sommige van hierdie 44 beelde is selfs nog ouer en dateer uit die tydperk van die Babiloniërs.

[wysig] Die begin van die sterrekunde

Die geskiedenis van die sterrekunde begin moontlik saam met 'n ingrypende verandering in die menslike leefwyse - die oorgang van die jag na die landbou. Terwyl die vroeë mense plante net insamel, word die bepaling van die juiste tydstip vir die saad en oes 'n noodsaaklikheid vir beskawings wat boerdery as 'n ekonomiese basis het. Die mense begin natuurverskynsels soos reën noukeurig dophou.

Met die verfyning van die landboumetodes word wetenskappe ontwikkel, wat 'n oriëntasie in tyd en ruimte moontlik maak, soos wiskunde en sterrekunde. Dit is dus nie ongewoon dat volke soos die Babiloniërs, die Maya en Inka onafhanklik van mekaar en in verskillende lande en tydperke dieselfde wetenskaplike ontwikkelingspeil bereik het nie.

Ongelukkig is daar geen argeologiese vondse of oorlewerings wat uit die vroeë geskiedenis van die sterrekunde nie. Die vroegste bronne van sowat 5 000 jare gelede, byvoorbeeld uit Mesopotamië, is van beskawings wat reeds 'n baie hoë standaard van sterrekundige kennis het. Die groot aantal sterrebeelde wat as dierefigure gesien word, dui daarop dat hulle in dié periode van die mensheidsgeskiednis afgebaken is toe die mens diere nie meer jag nie, maar begin teel en beheers.

Die sterrebeeld Ursa Major (die Groot Beer) in Johann Bode se steratlas van 1782
Vergroot
Die sterrebeeld Ursa Major (die Groot Beer) in Johann Bode se steratlas van 1782

Verder kan 'n mens 'n verbintenis tussen godsdiens, astrologie en die vroeë sterrekunde aanwys. Die sinchronisiteit van hemelse gebeurtenisse en oestye, wat vir die landbou uiters belangrik is, lei tot die verering en aanbidding van die son, die maan en die sterre.

Aangesien die meeste vroeë kalenders op die maanjaar met 354 dae berus, word die sterre ook as 'n maat gebruik om die wentelbaan van die maan noukeurig te kan bepaal.

Om die sterre as oriëntasie in die tydsverloop, op see en in die woestyne te kan gebruik, begin mense hulle as beelde beskou. Sterre word in twee kategorieë sterrebeelde saamgevat - groepe van sterre, wat die silhoeët van 'n dier, mens of voorwerp uitbeeld, soos byvoorbeeld Orion, die jagter, en enkele sterre, wat op sigself 'n figuur simboliseer, soos byvoorbeeld die sewe sterre van die Plejade.

Om die hemels dop te hou, word in die antieke Mesopotamië, Egipte en Griekeland as die edelste van al die wetenskappe beskou. Die priesters van Assirië en Babilonië behoort tot die hoogs ontwikkelde sterrekykers; hulle slaag selfs daarin om die skynbare wenteling van die hemel waar te neem.

Griekse sterrekundiges begin vanaf die sesde eeu v.C. elemente van die Mesopotamiese, Persiese en Egiptiese hemelkunde, astrologie en mitologie saam te smelt en verder te ontwikkel. Die idee van die tekens van die diereriem, wat later die grondslag van die Westerse astrologie en sterrekunde vorm, gaan terug op die 5de eeu v.C.

Endoxus, 'n student van Plato, is die eerste Griekse sterrekundige wat die bekende beelde stelselmatig begin oplys. Claudius Ptolemeus (2de eeu n.C.) verwerk die bekende kennis van die hemelkunde, onder meer die navorsing van Hippokrates (2de eeu v.C.), in 'n katalogus, waarin hy sowat 1 000 sterre, wat in die Mediterreense lande waargeneem kan word, oplys. Hy stel 48 sterrebeelde saam, wat naas die twaalf beelde van die diereriem ook 21 noordelike en vyftien suidelike sterrebeelde insluit. Sy werk bly tot by die vyftiende eeu die mees belangrike bron vir die sterrekunde en dien ook vandag nog steeds as 'n astronomiese standaardbron.

Dit is die Europese ontdekkingsreisigers, wat 'n aantal suidelike sterrebeelde soos Crux (die Suiderkruis) waarneem en beskryf. Wetenskaplikes soos Johann Bayer (1572-1625), Johannes Hevelius (1611-1687) en Abbé Nicolas de Lacaille (1713-1762) voeg hulle by die bekende katalogus.

De Lacaille beoefen sy wetenskap in die gees van die Verligting, en hy baken veertien van die moderne sterrebeelde af. Hy vernoem hulle volgens die sterrekundige tradisie van die 17de en 18de eeu na voorwerpe, wat in noue samehang met die wetenskaplike vooruitgang staan. Daar is dus sterrebeelde soos Telescopium (die teleskoop), Microscopium (die mikroskoop), Circinus (die kompas van die opmeters), Octans (die oktant, voorloper van die sekstant), Fornax Chemica (die chemiese oond) en Horologium (die klok) in die suidelike hemel.

Ander moderne sterrebeelde versinnebeeld volke en eksotiese diere, wat deur die Europeane in oorsese gebiede ontmoet en ontdek word, soos byvoorbeeld Indus (die Indiër) en Chamaeleon, wat in die jare 1595-1597 deur die Nederlandse seevaarders Pieter Keyser en Frederik de Houtman vasgelê is. Die Poolse sterrekundige Johannes Hevelius noem die beeld Scutum (die wapenskild) ter ere van die Poolse koning Jan Sobieski III oorspronklik selfs Sobieski se Skild.

Vandag word die sterrebeelde veral as 'n soort kartografiese stelsel gebruik, waarmee nuwe astronomiese voorwerpe met koördinate voorsien kan word. Sterre binne 'n sterrebeeld word volgens die rangorde van hulle helderheid met die letters van die Griekse alfabet genoem, Alpha Centauri is gevolglik die helderste ster in die beeld Centaurus.

Maar ten spyte van die astronomiese nugterheid het die bekoring van die antieke mitologiese beelde in die hemel bewaar gebly, en hulle name is nooit aangetas nie.

[wysig] Lys van die 88 sterrebeelde

Latynse naam Afrikaanse naam Afkorting Latynse genitief Hoofster Vasgelê deur
Andromeda Andromeda And Andromedae Alpheratz (Sirrah) Ptolemeus
Antlia (Pneumatica)* Lugpomp Ant Antliae   Lacaille
Apus Paradysvoël Aps Apodis   Bayer
Aquarius Waterman Aqr Aquarii Sadalmelik Ptolemeus
Aquila Arend Aql Aquilae Atair Ptolemeus
Ara Altara Ara Arae   Ptolemeus
Aries Ram Ari Arietis Hamal Ptolemeus
Auriga Voerman Aur Aurigae Capella Ptolemeus
Boötes Beerwagter Boo Bootis Arcturus Ptolemeus
Caelum [Caela Sculptori]** Bytel** Cae Caeli   Lacaille
Camelopardalis Kameelperd Cam Camelopardalis   Plancius
Cancer Kreef Cnc Cancri Acubens Ptolemeus
Canes Venatici Jaghonde CVn Canum Venaticorum Cor Caroli Hevelius
Canis Major Groot Hond CMa Canis Majoris Sirius Ptolemeus
Canis Minor Klein Hond CMi Canis Minoris Prokyon Ptolemeus
Capricornus Steenbok Cap Capricorni Deneb Algedi Ptolemeus
Carina Skeepskiel (Sterrebeeld) Car Carinae Canopus Lacaille
Cassiopeia Cassiopeia Cas Cassiopeiae Schedir Ptolemeus
Centaurus Centaurus Cen Centauri Rigil Kentaurus Ptolemeus
Cepheus Kepheüs Cep Cephei Alderamin Ptolemeus
Cetus Walvis Cet Ceti Menkar Ptolemeus
Chamelaeon Chameleon Cha Chamaeleontis   Bayer
Circinus Sirkel Cir Circini   Lacaille
Columba Duif Col Columbae Phakt Plancius
Coma Berenices Haar van Berenike Com Comae Berenices Diadeem Ptolemeus
Corona Australis Suidelike Kroon CrA Coronae Australis Alfecca Meridiana Ptolemeus
Corona Borealis Noordelike Kroon CrB Coronae Borealis Alphekka (Gemma) Ptolemeus
Corvus Kraai Crv Corvi Alchiba Ptolemeus
Crater Beker Crt Crateris Alkes Ptolemeus
Crux (Australis)* Suiderkruis Cru Crucis Australis Acrux Hevelius
Cygnus Swaan Cyg Cygni Deneb Ptolemeus
Delphinus Dolfyn Del Delphini Sualocin Ptolemeus
Dorado Swaardvis Dor Doradus   Bayer
Draco Draak Dra Draconis Thuban Ptolemeus
Equuleus Vul Equ Equulei Kitalpha Ptolemeus
Eridanus Eridanus Eri Eridani Achernar Ptolemeus
Fornax (Chemica)* Chemiese oond* For Fornacis Fornacis Lacaille
Gemini Tweeling Gem Geminorum Castor Ptolemeus
Grus Kraan Gru Gruis Al Nair Bayer
Hercules Herkules Her Herculis Ras Algethi Ptolemeus
Horologium Horlosie Hor Horologii   Lacaille
Hydra Waterslang Hya Hydrae Alphard Ptolemeus
Hydrus Klein Waterslang Hyi Hydri   Bayer
Indus Indiër Ind Indi   Bayer
Lacerta Akkedis Lac Lacertae   Hevelius
Leo Leeu Leo Leonis Regulus Ptolemeus
Leo Minor Klein Leeu LMi Leonis Minoris Praecipua Hevelius
Lepus Haas Lep Leporis Arneb Ptolemeus
Libra Weegskaal Lib Librae Zuben el-Djenoebi Ptolemeus
Lupus Wolf Lup Lupi   Ptolemeus
Lynx Tierkat Lyn Lyncis   Hevelius
Lyra Lier Lyr Lyrae Wega Ptolemeus
Mensa Tafelberg Men Mensae   Lacaille
Microscopium Mikroskoop Mic Microscopii   Lacaille
Monocerus Eenhoring Mon Monocerotis   Hevelius
Musca Vlieg Mus Muscae   Hevelius
Norma Winkelhaak Nor Normae   Lacaille
Octans Oktant Oct Octantis   Lacaille
Ophiuchus Slangdraer Oph Ophiuchi Ras Alhague Ptolemeus
Orion Orion Ori Orionis Beteigeuze Ptolemeus
Pavo Pou Pav Pavonis Joo Tseo (Peacock) Bayer
Pegasus Pegasus Peg Pegasi Markab Ptolemeus
Perseus Perseus Per Persei Mirphak (Algenib) Ptolemeus
Phoenix Feniks Phe Phoenicis Ankaa Bayer
Pictor [Equuleus Pictoris]** Skilder Pic Pictoris   Lacaille
Piscis Austrinus Suidelike Vis PsA Piscis Austrini Fomalhaut Ptolemeus
Pisces Visse Psc Piscium Alrischa Ptolemeus
Puppis Agterdek van die Skip Pup Puppis Naos Lacaille
Pyxis (Nautica)* Skeepskompas (Kompas van die Seevaarder)** Pyx Pyxidis   Lacaille
Reticulum Net Ret Reticuli   Lacaille
Sagitta Pyl Sge Sagittae Sham Ptolemeus
Sagittarius Skutter Sgr Sagittarii Rukbat Ptolemeus
Scorpius Skerpioen Sco Scorpii Antares Ptolemeus
Sculptor [Apparatus sculpturis]** Beeldhouer (se ateljee)* Scl Sculptoris   Lacaille
Scutum Skild Sct Scuti   Hevelius
Serpens Slang Ser Serpentis Unukalhai Ptolemeus
Sextans Sekstant Sex Sextantis   Hevelius
Taurus Stier Tau Tauri Aldebaran Ptolemeus
Telescopium Teleskoop Tel Telescopii   Lacaille
Triangulum Australis Suidelike Driehoek TrA Trianguli Australis Atria Bayer
Triangulum Driehoek Tri Trianguli Metallah Ptolemeus
Tucana Toekan Tuc Tucanae   Bayer
Ursa Major Groot Beer (Groot Wa) UMa Ursae Maioris Dubhe Ptolemeus
Ursa Minor Klein Beer (Klein Wa) UMi Ursae Minoris Polaris Ptolemeus
Vela Seil van die Skip Vel Velorum Suhail al Muhlif Lacaille
Virgo Jonkvrou Vir Virginis Spica Ptolemeus
(Piscis) Volans* Vlieënde Vis Vol Volantis   Bayer
Vulpecula Vos Vul Vulpeculae   Hevelius

Sterre wat met 'n '*' gekenmerk is, het vandag 'n verkorte naam sonder die gedeelte tussen hakies.
'**' dui name aan wat geheel gewysig is. Die oorspronklike naam word tussen hakies aangedui '[ ]'

Kleure: Noordelike sterrehemel Suidelike sterrehemel

[wysig] Buiteskakel

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com