Sainte-Anne-de-Beaupré
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sainte-Anne-de-Beaupré is 'n dorp in die Franstalige provinsie Québec (Kanada) met 3 100 inwoners. Die dorp lê teen die Sint-Laurensrivier en die grootpad Route 138.
Sainte-Anne-de-Beaupré is vandag 'n bekende toeristebestemming en bedevaartsoord. 'n Skeepsbemanning, wat in die jaar 1658 tydens 'n storm gered is, rig hier die eerste katolieke kerk in Kanada as 'n offer van dankbaarheid op. Die kerk staan vinnig bekend vir sy wonderdade van Sainte Anne (die heilige Anna) en lok talle pelgrims na die oord.
Die waterval van die Riviére Sainte-Anne du Nord (74 meter) met die Grand Canyon des Chutes Sainte-Anne lê sowat ses kilometer van die dorp.