Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Neo-Paganisme - Wikipedia

Neo-Paganisme

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Neo-Paganistiese religieë stem in baie opsigte ooreen met New Age-religieë en kan breedweg as deel van die New Age-groep beskou word. Net soos New Age, is "Neo-Paganisme" ook 'n term wat nie na 'n spesifieke religie of godsdiensgroep verwys nie, maar eerder na 'n versameling afsonderlike religieë wat bepaalde eienskappe en oortuigings deel. Die woord "paganisme" verwys na die ou, inheemse, heidense religieë wat veral in Europa en die Midde-Ooste voor die koms van die Christendom bedryf is. Die Neo-Paganisme is dus die oplewing in gewildheid wat sommige van hierdie ou religieë sedert die laaste dekades van die twintigste eeu beleef.

Inhoud

[wysig] Moderne weergawes

Die belangrikste kenmerk wat die Neo-Paganistiese religieë van die meeste ander New Age-religieë onderskei, is dat hulle moderne weergawes is van religieë wat eens op 'n tyd byna heeltemal uitgewis is. Van die oorspronklike religieë, soos Godin-aanbidding, is moontlik meer as tien milleniums voor Christus reeds beoefen, maar het in die slag gebly namate die Christendom wêreldwyd gegroei het. Moderne weergawes van hierdie ou religieë is meestal kombinasies van sekere leerstellings van die oorspronklike religie, rituele en praktyke wat van ander okkulte groepe oorgeneem is (byvoorbeeld "magick"), en twintigste-eeuse kennis. Die rede hiervoor is dat min betroubare inligting oor die oorspronklike religieë bestaan en daar grootliks staatgemaak word op beperkte argeologiese, geskiedkundige en enkele religieuse bronne vir inligting. Hoewel sommige van die groepe, soos die Noorse Paganiste (Asatru), probeer om so na as moontlik aan die oorspronklike religie te bly, verskil die moderne weergawes waarskynlik heelwat van die oorspronklike.

[wysig] Deel van okkulte

Baie rituele en praktyke van die Neo-Paganisme kan oor die algemeen as okkulties beskryf word. Neo-Paganiste sien hulself meestal as beoefenaars van die sg "Wit Toorkuns", wat, anders as "Swart Toorkuns" wat in Satanisme gebruik word, volgens hulle "opbouend, positief en goed" is en niemand skade aandoen nie.

[wysig] Natuuraanbidding

'n Ander belangrike kenmerk wat al die Neo-Paganistiese religieë deel, is die besonderse rol van die natuur in hul religie. Neo-Paganiste is lief vir die natuur en glo dat daar 'n besondere band tussen hulle en die "magte en kragte" van die natuur is. Soms word daar met reg na hulle verwys as natuur-aanbidders, aangesien die meeste gode en goddelike wesens in hierdie religieë elemente van die natuur of natuurkragte verteenwoordig.

[wysig] God of godin

Die verskillende groepe kan gewoonlik as òf duoteïsties òf politeïsties beskou word omdat hulle òf 'n god en godin saam aanbid, òf in baie verskillende goddelike wesens glo en hulle vereer.

Neo-Paganiste het meestal 'n benadering van "leef en laat leef" teenoor ander religieë. Hulle glo dat daar nie net een religie of geloofstelsel is wat noodwendig reg is nie, maar dat elke mens die vryheid het om te kies wat vir hom of haar die beste is. Die beginsel van "doen wat jy wil, maar moet niemand skade aandoen nie," word deur die meeste Neo-Paganiste onderskryf.

[wysig] Feesdae

Neo-Paganiste het vier belangrike feesdae in die jaar wat verband hou met die nagewenings (Engels: "equinox", wanneer die dag en nag ewe lank is) en sonstilstande (wanneer die son die verste weg is van die ewenaar). Vier bykomende feesdae, wat elk tussen 'n nagewening en sonstilstand val, word ook gevier.

'n Ander kenmerk van Neo-Paganisme is dat dit meestal beoefen word deur individue of klein groepies, wat hulself "kringe" (circles), "vergaderings" (covens), "kampe" (garths), "boomgroepe" (groves), "haarde" (hearths) of "verwantskappe" (kindred) noem. Daar is selde sprake van 'n groot organisasie of hiërargiese struktuur.

[wysig] Okkulties

Baie Neo-Paganiste beoefen hul religie in die geheim en doen soms baie moeite om te verhinder dat mense uitvind dat hulle tot dié religieë behoort. Sommige is selfs lede van hoofstroom-religieë om hul ware lojaliteite te verberg.

[wysig] Neo-Paganisme vs Satanisme

[wysig] Natuurkrag en Horinggod

Een van die redes waarom baie Neo-Paganiste hul religie in die geheim beoefen, is dat mense hulle dikwels as "duiwelsaanbidders" en Sataniste beskou. Neo-Paganiste ontken egter enige verbintenis tussen die twee groepe. Hulle glo dat hulle in hul rituele van natuurkragte en natuurlike energie gebruik maak om sekere "positiewe" veranderings teweeg te bring wat niemand skade aandoen nie. Sataniste maak gebruik van die mag van Satan, maar sommige Sataniste beskryf hom ook as 'n "natuurkrag" (ander beskryf hom as 'n "diaboliese wese" of die Egiptiese god Set - sien artikel: "Satanistiese groepe"). Nog 'n rede waarom mense die twee religieë dikwels as een beskou, is die ooreenkomste in die visuele voorstellings van Satan en die Neo-Paganistiese "Horinggod". Die Horinggod speel veral 'n belangrike rol in Wicca, waar hy as die manlike teenpool van die "godin" beskou word en onder meer die mag het om dood te maak. Sommige bronne meen dat die Rooms-Katolieke Kerk vir hierdie ooreenkoms verantwoordelik is omdat voorstellings van die Horinggod tydens die groot heksejag in die Middeleeue gebruik is om Satan voor te stel.

[wysig] Rituele en hekse

Omdat die Neo-Paganisme heelwat van sy rituele praktyke by ander groepe in die okkulte oorgeneem het, is daar baie van die rituele en beginsels wat ooreenstem. Die toorkuns speel immers 'n baie belangrike rol in die Neo-Paganisme en elemente van onder meer "magick" en ander bekende vorme van die toorkuns kom algemeen in die Neo-Paganisme voor. Net soos in ander vorme van die okkulte, word daar gebruik gemaak van towerspreuke, waarsêery en vervloeking. Simbole soos die pentagram word ook deur Sataniste sowel as Neo-Paganiste gebruik. Hoewel sommige rituele wel verskil, is daar rituele wat byna identies ooreenstem, met die gevolg dat 'n buitestaander moeilik sal onderskei tussen 'n Satanistiese byeenkoms en 'n byeenkoms van Neo-Paganiste. Laasgenoemde hou egter vol dat die verskil daarin lê dat hulle vervloeking net gebruik om hulself te beskerm en dat toordery net só gebruik moet word dat dit niemand skade aandoen nie. 'n Term wat algemeen in die okkulte gebruik word, is die woord "heks". In die Satanisme sowel as die Neo-Paganisme verwys dit na iemand wat toordery beoefen. In 'n poging om 'n onderskeid aan te dui, verwys Neo-Paganiste soms na hulself as "Wit hekse" en praat hulle van Sataniste as "Swart hekse". Vir die meeste mense is dit egter steeds 'n negatiewe term en daarom gebruik sommige Neo-Paganiste eerder terme soos "Wiccan" (iemand wat Wicca beoefen), "Druïdis" (iemand wat Druïdisme beoefen), en so meer.

[wysig] Menslike offers

Die sensitiefste punt vir Neo-Paganiste is sekerlik die vraagstuk van menslike offers (wat vandag nog deur sekere Satanistiese groepe beoefen word). Daar bestaan onweerlegbare bewyse dat menslike offers 'n belangrike rol gespeel het in al die oorspronklike weergawes van die religieë wat vandag as Neo-Paganisties beskou word (sien artikels: "Druïdisme" en "Wicca"). Sulke offers was in daardie tyd natuurlik nie net tot hierdie groepe beperk nie, maar was 'n algemene praktyk in byna alle antieke (en sommige hedendaagse) inheemse religieë. Die weersin wat mense vandag nog in hierdie praktyke het, kan teruggevoer word na die Middeleeue, waar duisende vermeende hekse - waarvan sommige waarskynlik beoefenaars was van die ou Paganistiese religieë - gemartel, gehang en lewend verbrand is weens hul beweerde "duiwelsaanbidding". Vandag ontken Neo-Paganiste dat menslike of diere-offers nog deel van hul rituele vorm. Sommige groepe het die bring van offerandes heeltemal afgeskaf, terwyl ander menslike en diere-offers vervang het met die offer van vrugte en drank.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com