Napels (stad)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Napels, die immense hoofstad van die arme suide van Italie, oftewel il mezzogiorno d'Italia laat jou nie vinnig los na jou eerste besoek nie. Die misterie van hierdie stad word weerspieel in 'n paar uitdrukkings wat hulle oorsprong het in die reise wat in die 19e eeu deur 'n paar prominente literere figure onderneem is.