Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Molekule - Wikipedia

Molekule

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Molekule is die kleinste partikel van 'n suiwer chemiese verbinding wat steeds sy chemiese samestelling en eienskappe kan behou. 'n Molekule bestaan uit meer as een atoom wat aanmekaar gebind is deur gedeelde elektrone in 'n kovalente verbinding. Dit mag betsaan uit atome van dieselfde chemiese element, soos in suurstofgas (O2), of uit atome van verskillende elemente, soos in water (H2O).

'n Stof wat uit molekules bestaan word 'n molekulêre stof genoem.

Figuur 1. 3D (links en middel) en 'n 2D (regs) voorstellings van die terpenoïde, atisaan. In die 3D model aan die linkerkant, koolstof atome word verteenwoordig deur grys sfere, wit sfere verteenwoordig waterstof atome en die silinders verteenwoordig die verbindings.  Die model is oortrek met 'n "net" voorstelling van die molekulêre oppervlak, gekleur met areas van positiewe (rooi) en nagatiewe (blou) elektriese ladings.  In die 3D model (middel), verteenwoordig die ligte blou sfere koolstof atome, die wit sfere die waterstof atome en die silinders daartussen enkelverbindings.
Figuur 1. 3D (links en middel) en 'n 2D (regs) voorstellings van die terpenoïde, atisaan. In die 3D model aan die linkerkant, koolstof atome word verteenwoordig deur grys sfere, wit sfere verteenwoordig waterstof atome en die silinders verteenwoordig die verbindings. Die model is oortrek met 'n "net" voorstelling van die molekulêre oppervlak, gekleur met areas van positiewe (rooi) en nagatiewe (blou) elektriese ladings. In die 3D model (middel), verteenwoordig die ligte blou sfere koolstof atome, die wit sfere die waterstof atome en die silinders daartussen enkelverbindings.

Die meeste molekules is te klein om met die blote oog waar te neem, maar daar is uitsonderings. 'n Voorbeeld van 'n makroskopiese grootte molekule is DNA, wat 'n makromolekule genoem word.

'n Eienskap van molekules is die heelgetalverhouding van die elemente wat die verbinding uitmaak, ook genoem die empiriese formule. As voorbeeld bestaan water altyd uit 'n 2:1 verhouding van waterstof tot suurstof, en etielalkohol of etanol altyd uit koolstof, waterstof en suurstof in 'n 2:6:1 verhouding. Die verhouding bepaal egter nie die uniekheid van die molekule nie – dimetiel eter het byvoorbeeld dieselfde elementverhouding as etanol. Molekules met dieselfde aantal atome in verskillende rangskikkings word isomere genoem.

Die chemiese formule reflekteer die presiese aantal atome waaruit 'n molekule bestaan. Die molekulêre massa word bereken vanuit die chemiese formule en word volgens konvensie uitgedruk in eenhede wat gelykstaande is aan 'n 1/12 van die massa van die 12C isotoop atoom.

Molekules het vaste meetkundige ewewigte – verbindinglengtes en hoeke – wat bepaal word deur die wette van kwantum meganika. 'n Suiwer stof bestaan uit molekules met dieselfde meetkundige struktuur. Die chemiese formule en die struktuur van 'n molekule is die twee belangrike faktore wat sy eienskappe bepaal, in in besonder sy reaktiwiteit. Isomere het dieselfde chemiese formule maar het verskillende eienskappe vanweë hulle verskillende strukture. Stereo-isomere is besondere soort isomere waarvan die fisiese en chemiese eienskappe baie met mekaar kan ooreenstem maar ook baie kan verskil ten opsigte van hul biochemiese aktiwiteite.


[wysig] Verwante artikels

  • molekulêre meetkunde
  • molekulêre orbitaal
  • kovalente verbinding
  • polêre molekules
  • nie-polêre molekules
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com