Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Metz - Wikipedia

Metz

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Metz

Land: Frankryk
Gewes (région): Lorraine (Lotaringe)
Département: Moselle
Koördinate: 49°07' N, 6°10' O
Oppervlakte: 41,94 km²
Bevolking: 124 776 (2004)
Bevolkingsdigtheid: 2 951 / km²
Hoogte: 162-256 m bo seespieël
Burgemeester: Jean-Marie Rausch (2001-2007)

Metz is 'n stad in die département Moselle, wat deel uitmaak van die région (gewes) Lorraine (Noordoos-Frankryk). Die stad van 124 000 inwoners is vandag 'n belangrike administratiewe, nywerheid- en handelsentrum by die samevloeiing van die riviere Seille en Moselle.

[wysig] Geskiedenis

Die eerste nedersettings dateer uit die tydperk van 3000 v.C.; die gewes lê in die Keltiese gebied van Europa. Gaius Julius Caesar verower die stad in die 1ste eeu v.C.. In die Romeinse tyd kry dit aanvanklik die Latyns-Galliese naam Divodurum (Burg van die Gode), wat in die Keisertyd tot Mediomatricum verander word - 'n aanduiding van die Keltiese stam van die gebied. Mediomatricum groei vinnig en word een van die welvarendste stede in Gallië; sy bevolkingstal oortref selfs dié van Lutetia (die antieke Parys).

Die katedraal van Metz
Vergroot
Die katedraal van Metz

Die vroeë Gallo-Romeinse bloeitydperk eindig met die Hunne-inval van die jaar 451, toe Attila se troepe die stad verwoes. Die stad word in die 6de eeu as 'n bisdom en Frankiese palts herstig. In die volgende eeu is Metz 'n kulturele sentrum en die hoofstad van die Oustrasië (die oostelike gedeelte van die Frankiese Ryk).

Met die splitsing van die Karolingiese Ryk in 843 word Metz Lotaringies, terwyl die hertogdom Lotaringe in 870 'n Franstalige deel van die Duitse Ryk word. Die stad staan nou bekend onder sy Middeleeuse naam Mettis. Metz is sedert 925 'n Vrye Rykstad. Die biskoppe het in die 10de eeu die gesag oor die stad en kan die hertoë se pogings om die stad te annekseer steeds keer. Die stedelike adel begin in die 12de eeu 'n aantal stedelike instellings vir die groeiende bevolking te stig, terwyl hulle enige magsdeling met die ambagsmanne van die stad afkeur. Veral die soutproduksie maak van Metz in die middeleeue 'n welvarende stad.

Die binnestad van Metz word in die 13de en 14de eeu in die gotiese boustyl heropgerig. Metz is in dié tyd die stad met die grootste grondgebied in die Duitse Ryk.

Op 10 April 1552 beset die Franse koning Hendrik II die stad saam met die bisdomme Toul en Verdun. In die Vredesluiting van Münster 1648 slaag Frankryk daarin die gebiede offisiëel te annekseer. In die verloop van die 17de eeu word dit as 'n strategiese vesting in die Franse ooste ontwikkel.

Metz word nog twee keer Duits, in die tydperk van 1871 tot 1918 word Elsas-Lotaringe na die Franko-Pruisiese Oorlog 'n Duitse ryksland, en van 1940 tot 1944 beset Duitse troepe die gewes om dit by die Duitse Ryk in te lyf.

[wysig] Besienswaardighede

  • Die gotiese katedraal St-Etienne, wat in die jaar 1220 begin en in 1520 voltooi is, het 'n aantal bekoorlike glasvensters wat deur Marc Chagall ontwerp is.
  • Die Jaumont-sandsteen met sy kenmerkende goue kleur is die belangrikste boumateriaal vir die historiese geboue van die stad; saans word die argitektoniese besonderhede met behulp van kollig-stralers baie duidelik sigbaar.
  • Die tweede grootste vlooimark van Frankryk vind een tot twee keer per maand plaas.
  • Die Moselmeer in die stadsentrum is 'n paradys vir windseil-entoesiaste.

[wysig] Kookkuns

Die bekendste geregte van Metz en die omgewing is die Quiche lorraine ('n pikante tert met onder meer spek en eiers), die Cochon de lait de Metz (in melk gekookte varkvleis), die Pôtée Lorraine ('n bredie van groente) en die Tarte à la mirabelle ('n vrugtetert).

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com