Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Kuiper - Wikipedia

Kuiper

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Kuiper berei die kante van 'n vaatjie voor by die Van Ryn Brandewynkelder naby Stellenbosch, Suid-Afrika
Vergroot
'n Kuiper berei die kante van 'n vaatjie voor by die Van Ryn Brandewynkelder naby Stellenbosch, Suid-Afrika
Die vaatjie word met 'n deksel geseël, waterdig met rietblare gemaak, en die laaste ring vasgeslaan
Vergroot
Die vaatjie word met 'n deksel geseël, waterdig met rietblare gemaak, en die laaste ring vasgeslaan

Tradisioneel is 'n kuiper iemand wat vate en soortgelyke houtvoorwerpe maak. Die woord kom van die Nederlandse kuip, wat op sy beurt vanuit die Latynse cupa kom, wat "vat" beteken. Daar word na die maak van vaatjies verwys as kuipery.

Die vat bestaan uit 'n aantal duie, gewoonlik eikehout, wat met die hand gevorm word sodat hulle op mekaar pas en mekaar vertikaal ondersteun. Hulle word horisontaal deur staalringe of -hoepels van verskillende groottes saamgevat en bymekaar gehou, en met rietblare waterdig gemaak. Wanneer 'n vaatjie leeg gelaat word en nie klam gehou word nie, en die duie begin uitdroog, krimp dit sodat die vat later inmekaar val. Dit is waar die uitdrukking "in duie stort" vandaan kom. Dit kan egter verhoed word, deur die ringe aan beide kante van die vat liggies na die middel toe te tik en sodoende die vat weer stewig en bruikbaar te maak.

Deesdae is die ambag spesifiek verbind aan distillering in die wynbedryf, waar die kuiper omsien na die verouderingsvate waarin die wyn of ander spiritualieë in 'n horisontale posisie geberg word.

Terwyl plastiekhouers vandag meestal houthouers vervang en die kuiper oorbodig gemaak het, is daar steeds 'n groot aanvraag vir goeie kwaliteit houtvate, en die idee is gevestig dat die hoogste kwaliteit vaatjies slegs met die hand deur professionele kuipers gemaak kan word.

Daar word deesdae baie min na doodskismakers verwys as kuipers.

[wysig] Lees ook

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com