Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Kookkuns - Wikipedia

Kookkuns

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Kookkuns het met voedsel en voedselvoorbereiding te doen. Kookkuns word gesien as 'n kuns, 'n vakgebied, 'n vorm van uitdrukking, ontspanning, maar natuurlik ook 'n noodsaaklike aktiwiteit vir miljarde mense op aarde.

[wysig] Geskiedenis

Die doel van die kook van kos, asook ander maniere van voedselbereiding, was in prehistoriese tye om die tyd wat voedsel bewaar kon word te verleng. Smaakverbetering was 'n belangrike tweede doel.

In die tyd van die Grieke ontstaan kookkuns. Toe die Romeine die Griekse beskawing oorneem, kom die kookkuns tot bloei a.g.v. die invoer van 'n groot verskeidenheid produkte. Met die val van die Romeinse Ryk, in die middeleeue, lê die klem op die bereiding en eet van vleis en die drink van bier. In die Renaissance kry die gevariëerde en verfynde kookkuns weer meer aandag.

In die twintigste eeu lê die klem sterk op die behou van natuurlike smaak, en op die behoud van vitamiene en minerale. Die kalorieë (verbrandingswaarde) van verskillende voedingstowwe word vasgestel. Die versiering van 'n bord word met tye as baie belangrik beskou. In die 1990's is Mediterreense kos en mengsels van Asiese en westerse kos hoog in die mode asook om bestanddele op mekaar te stapel. Die behoefte aan eenvoudige, goeie kos wat van goeie bestanddele gemaak word bly egter sterk. Wegneemetes is 'n nuwe fenomeen van hierdie tyd.

Baie Europese lande het invloede van oorsese kolonies deel gemaak van hulle kookkuns. So byvoorbeeld is die invloed van Indiese kos in die Verenigde Koninkryk en Nederland groot. In Suid-Afrika word kookkuns beïnvloed deur die Maleise slawe, die Indiërs asook die inheemse bevolking.

[wysig] Romeinse kookkuns

Die Romeinse kookkuns word eeue lank deur die eenvoudige geregte van die boere oorheers. Ryk en arm geniet aanvanklik veral 'n dik pap van geroosterde spelt as hulle hoofmaaltyd, terwyl brood nouliks geëet word. Die pap word gereeld met groente verfyn: Groen en wit boontjies, prei, kool, keker-ertjies en lensies is die mees bekende soorte.

Vleis word selde opgedis, in teenstelling met ingesoute vis wat volop en teen goedkoop pryse beskikbaar is.

Die groot omwenteling in die Romeinse kookkuns kom met die tweede eeu v.C. en die uitgebreide handelskontakte met die oostelike gebiede van die Mediterreense wêreld. Onder die oosterse invloed word die verfynde kookkuns baie gewild, en die opkoms van die gesuurde brood verdring die tradisionele papgeregte. Terwyl die armes slegs die growwe swartbrood kan bekostig, is daar 'n verskeidenheid van broodspesialiteite vir die welgesteldes. Witbrood, kaasbrood, brood wat aan die spit gerooster word, brood wat in erdewerk-potte gebak word, en brood met rosyntjies, anys en olie raak baie gewild. Rolletjies, terte en wafels is eweneens al bekend.

Die arm stedelike bevolking van Rome woon oorwegend in die huurwonings van die groot insulae, stadhuise met soms sewe of meer verdiepings, waar weens gebrek aan vuurhout en die brandgevaar nouliks gekook kan word. Hier eet mense meesal pap of brood met kaas, groente, vygies, uie, olywe of knoffel. Gebraaide varkvleis of gesoute vis word as wegneem-etes by straathandelaars gekoop.

Die welgesteldes beskik oor hul eie kombuise, en gewoonlik koop die mans daagliks kos op een van die talle markte. Kokke kan in dié tyd gehuur word om 'n groot dinee voor te berei.

Die Romeine hou van vet geregte en gebruik talle souse en speserye om kos te verfyn. Die duurste spesery is die silphium-kruid wat uit die Cyrenaica (Noord-Afrika) ingevoer word en reeds in die eerste eeu n.C. feitlik verdwyn. Dit is vandag nie meer bekend nie. Daarnaas word peper, kaneel, asyn en dosyne ander speserye gebruik.

Die Romeinse smaak verskil sterk van die huidige, en die belangrikste vissous in daardie tyd - garum of liquamen - is van visse gemaak wat sommer net in die son lê om te verrot en vervolgens uitgepers word. Die gefermenteerde vis-vloeistof verleen baie geregte 'n soutige, vis- en kaasagtige smaak. Die sous word óf self gemaak, óf in die groot sousnywerhede van Antipolis (die huidige Antibes in Frankryk), Leptis Magna (in die huidige Libië) of Pompeii vervaardig.

[wysig] Eksterne skakels

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com