Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Kanadese Engels - Wikipedia

Kanadese Engels

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Inhoud

[wysig] Bevolking en tale

Kanada se bevolking van meer as 31 miljoen inwoners is hoofsaaklik van Europese afkoms, met groot minderhede van die Eerste Nasies, Sjinese en Inuït. Engels is die moedertaal van sowat 60% van sy mense, terwyl 24% Frans as huistaal gebruik (sien hoofartikel Kanadese Frans). Belangrike immigrantetale is Italiaans, Duits, Oekraïens en Portugees. Terwyl Kanada amptelik tweetalig is, kan daar nie dwarsoor die land sprake wees van funksionele tweetaligheid nie. Met uitsondering van Québec is daar orals 'n Engelssprekende meerderheid. Die grootste groep Franstaliges in 'n andersins Engelstalige provinsie is die sowat 33% Franssprekende inwoners van Nouveau-Brunswick (New Brunswick).

Die Engelse taal in Kanada word in toenemende mate deur die Amerikaanse norme beïnvloed; talle Amerikaanse radio- en televisieprogramme kan opgevang word, en driekwart van die bevolking leef in 'n 100 myl noue strook langs die Amerikaanse grens. Soos in die ander Engelstalige lande is daar plaaslike en etniese dialekte; die Engels van Québec is byvoorbeeld meer deur die Franse taal beïnvloed as die taal van Brits-Kolombië. Immigrante van die Karibiese Eilande toon kenmerke van Kreoolse Engels in hulle taalgebruik. In die algemeen is die Engelse taal van Kanada egter taamlik homogeen.

[wysig] Spelling

Die Kanadese spelling is 'n kombinasie van Britse en Amerikaanse reëls. Die oorspronklike Britse spelling van uitgange soos -our en -re (byvoorbeeld in colour en centre, wat in die VSA color en center gespel word) is moontlik onder die invloed van die Franse taal, waaruit dit ontleen is, bewaar (vergelyk Frans couleur en centre). Baie van die Britse spellings word nog steeds gebruik vir tweetalige woordvormings soos CITY CENTRE-VILLE, waar voordeel getrek kan woord uit die afwykende posisie van die byvoeglike naamwoord in Engels en Frans. Die eerste twee woorde kan sodoende Engels (city centre) en die laaste twee Frans (centre-ville) gelees word.

Onder meer het historiese en ekonomiese betrekkinge 'n sterk invloed op die keuse van die spelling. Weens die voormalige nou betrekkinge met die finansiële instellings van Brittanje is cheque nog steeds die gebruiklike Kanadese spelwyse, terwyl die Amerikaanse Engels check gebruik. Daarenteen word danksy die Amerikaanse oorheersing van die Kanadese motorbedryf oorwegend Amerikaanse vakwoorde en skryfwyses gebruik.

[wysig] Fonologie

Die Engels van Kanada is rhoties, d.w.s. die "r"-klank word altyd uitgespreek. Net soos in die VSA bly die /oe/-klank in woorde waar dit 'n /d,n,t/ opvolg en word nie /joe/ uitgespreek nie soos in Brittanje: news, duty. /t/ word tussen klinkers en tussen die medeklinkers /r/ en /t/ met stem uitgespreek. Indien die /t/ in die midde van 'n woord op 'n /n/ volg word dit by die uitspraak weggelaat: Toronto, plenty. Die voorsetsels anti- en semi- word met 'n /i/-klank in plaas van die Britse /ai/ uitgespreek.

[wysig] Woordeskat

Talle Amerikaanse woorde is oorgeneem en het die Britse ekwivalente vervang: Truck, gas, sidewalk in plaas van lorry, petrol, pavement. Riding is die Kanadese ekwivalent vir constituency (kiesafdeling).

[wysig] Grammatika

Die Franse woordvolgorde word eerder as die Engelse gebruik in Lake Superior, External Affairs Canada. Have you...? word eerder gebruik as die Britse Do you have...?.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com