Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Julien-Marie Crozet - Wikipedia

Julien-Marie Crozet

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Julien-Marie Crozet (1725 - 1782), 'n seevaarder uit Port Louis, Mauritius, na wie die Crozeteilande vernoem is, word op 26 November 1728, as die oudste van 17 kinders van Joseph Crozet in Port Louis gebore. Na 'n kort skoolopleiding vertrek hy in September 1739, op 11 jarige ouderdom as pilotin, op die skip Maurepas na Pondichéry in Frans-Indë. Hy keer in Mei 1741 terug. In Desember 1742 vertrek hy vir twee jaar na Sjina, steeds as pilotin, aan boord die Philibert. Van toe af spandeer hy meer en meer tyd op die see en begin hy die sporte van 'n vloot loopbaan klim.

In 1771 is hy as tweede in bevel op die Mascarin deel van die ontdekking van die Crozeteilande deur Marc-Joseph Marion du Fresne. Die ontdekkking vorm deel van 'n reis vanaf Mauritius na Tahiti wat oorspronklik daarop gemik was om Ahu-toru, 'n Tahitiaan wat na Parys gebring is, terug te neem na Tahiti. Die skepe, die Mascarin en die Marquis de Castries, verlaat Port Louis in Oktober 1771. Die Tahitiaan sterf egter in Madagaskar van pokke en 'n suidelike rigting word ingeslaan. Marion-Dufresne en Julien Crozet, herontdek die Marion- en Prince Édouardeilande voor hulle die Crozeteilande op 22 Januarie 1772 bereik. 'n In-besit-neemplegtigheid word op 24 Januarie op Île de la Possession gehou - Julien Crozet word aan wal gestuur waar hy die eilande in besit neem deur 'n bottel met 'n perkament in die naam van koning Louis XV neer te lê. Die eiland word Île de la Possession na aanleiding van die gebeurtenis. Crozet oorleef die voorval in Nieu-Seeland waar Marion-Dufresne en twaalf ander bemanningslede in 'n Maoriaanval sterf.

Hy keer in Augustus 1776 na Port Louis terug. In sestien jaar van getroude lewe was hy skaars 3 jaar tuis. Dit verhoed hom egter nie om in Maart 1777 as kaptein van die Elisabeth sy swanger vrou by huis te laat nie. Volgens sommige berigte sterf hy in 1780 op sy laaste reis, "iewers op die see". Ander berigte wil dit hê dat hy op 24 September 1782 in Parys gesterf het. Sy vrou, Jeanne-Marguerite Crozet, sterf op 14 Januarie 1784 op twee-en-veertig-jarige ouderdom in Port Louis.

Sedert 1966 dra 'n straat in die Kerzo distrik van Port-Louis die naam Julien Crozet.

[wysig] Eksterne skakel

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com