Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Hiperbool - Wikipedia

Hiperbool

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Grafiek van 'n hiperbool.
Vergroot
'n Grafiek van 'n hiperbool.

In wiskunde is 'n hiperbool (Grieks ὑπερβολή letterlik 'oorterffing') is 'n soort keëlsnit wat gedefinieer word as die snyding tussen 'n regtesirkelkeëloppervlak en 'n vlak wat deur beide helftes van 'n dubbelkeël gaan. Dit kan ook gedefinieer word as die lokus van punte in 'n vlak waar die verskil in afstand na twee vaste punte (die brandpunte) konstant is.

'n Eenvoudige bewys dat die bogenoemde twee beskrywings ekwivalent aan mekaar is kan met Dandelinsfere gedoen word.

Algebraïes is 'n hiperbool 'n kromme in die Cartesiese vlak gedefinieer deur 'n vergelyking met die vrom

Ax2 + Bxy + Cy2 + Dx + Ey + F = 0

sodat B2 > 4AC, waar al die koëffisiënte reël is, en waar meer as een oplossing, gedefinieer deur 'n paar punte (x, y) op die hiperbool, bestaan.

Inhoud

[wysig] Definisies

'n Hiperbool kan ook gedefinieer word as die lokus van punte waarvoor die verhouding van die afstande na een brandpunt en na 'n lyn (genaamd die direktriks) 'n nie-veranderlike groter as 1 is. Die nie-veranderlike is die eksentrisiteit van die hiperbool. Die brandpunte lê op die transversale as en hulle middelpunt is die middelpunt van die hiperbool.

'n Hiperbool bestaan uit twee onverbinde krommes genaamd arms wat die brandpunte skei. Op afstande ver van die brandpunte begin die hiperbool twee lyne wat die asimptote bekend staan benader.

'n Hiperbool het die eienskap dat 'n straal wat by een brandpunt ontstaan op so 'n manier weerkaats word dat dit voorkom asof dit by die ander brandpunt ontstaan het.

An ambigenale hiperbool is een van die drie tweede orde hiperbole wat een van sy oneindige bene binne die hoek wat deur die asimptote gevrom word, en die ander daar buite. [1]

Toegevoegde eenheidsreghoekige  hiperbole
Vergroot
Toegevoegde eenheidsreghoekige hiperbole

'n Spesiale geval van die hiperbool is die gelyksydige of reghoekige hiperbool, waarin die asimptote teen regtehoeke kruis. Die reghoekige hiperbool met koördinaatasse as asimptote word gegee deur die vergelyking xy=c, waar c 'n onveranderlike waarde is.

Net soos die sinus en kosinus funksies parametriese vergelykings vir die ellips gee, gee die hiperboliese sinus en hiperboliese kosinus 'n parametriese vergelyking vir die hiperbool.

As mens die x en y in die hiperbool vergelyking omruil word die toegevoegde hiperbool verkry. 'n Hiperbool en sy teogevoegde het dieselfde asimptote.

[wysig] Vergelykings

[wysig] Cartesies

Oos-wes opening hiperbool:

\frac{\left( x-h \right)^2}{a^2} - \frac{\left( y-k \right)^2}{b^2} = 1

Noord-suid opening hiperbool:

\frac{\left( y-k \right)^2}{b^2} - \frac{\left( x-h \right)^2}{a^2} = 1

In beide formules is (h,k) die middelpunt van die hiperbool, a is die semi-hoofas (helfte van die afstand tussen die twee takke), en b is die semi-kleinas. Let daarop dat b groter as a kan wees.

Die eksentrisiteit word gegee deur

e = \sqrt{1+\frac{b^2}{a^2}}

Die brandpunt vir 'n oos-wes opening hiperbool word gegee deur

\left(h\pm c, k\right)

en vir 'n noord-suid opening hiperbool word gegee deur

\left( h, k\pm c\right) where c is given by c2 = a2 + b2

Vir regheokige hiperbole met die koördinaatasse parallel aan hulle asimptote:

(x-h)(y-k) =   c \,

[wysig] Poolkoördinate

Oos-wes opening hiperbool:

r^2 =a\sec 2t \,

Noord-suid opening hiperbool:

r^2 =-a\sec 2t \,

Noordoos-suidwes opening hiperbool:

r^2 =a\csc 2t \,

Noordwes-suidoos opening hiperbool:

r^2 =-a\csc 2t \,

Reghoekige Hiperbool:

y=k/x\,

In alle formules die middelpunt by die pool, en is a die semi-hoof- en semi-kortas.

[wysig] Parametries

Oos-wes opening hiperbool:

x = a\sec \theta + h\,
y = b\tan \theta + k\,

Noord-suid opening hiperbool:

x = a\tan \theta + h\,
y = b\sec \theta + k\,

In beide formules is (h,k) die middelpunt van die hiperbool, a is die semi-hoofas, en b is die semi-kortas.


[wysig] Hiperboloïed

Hiperboloïed van een vlak
Vergroot
Hiperboloïed van een vlak
 Hiperboloïed van twee vlakke
Vergroot
Hiperboloïed van twee vlakke

'n Driedimensionele vorm gegrond op die hiperbool, 'n omwentelingshiperboloïed, kan verkry word deur 'n hiperbool om sy transversale of brandpuntas as te roteer.

[wysig] Kyk ook

  • Ellips
  • Parabool
  • Sirkel
  • Dandelinsfere
  • Hiperboliese sektor
  • Hiperboliese hoek
  • Hiperboliese funksie
  • Hiperboliese trajek
  • Hiperboloïed
  • Hiperboliese struktuur
  • Multilateration

[wysig] Verwysings

  1. 1828 Webster's Dictionary, public domain.

[wysig] Eksterne skakels

  • Sjabloon:Planetmath reference
  • Sjabloon:Planetmath reference
  • Sjabloon:Planetmath reference
  • Mathworld - Hyperbola
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com