Dricky Beukes
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Dricky Beukes is op 29 Desember 1918 op Prieska gebore as Hendrika Johanna van Staden, die jongste van 13 kinders. Sy het grootgeword op Karos naby Upington in die Noord-Kaap en ook haar skoolopleiding hier ontvang. Sy is op 9 November 1999 in Bellville oorlede.
Sy was die skryfster van meer as honderd Afrikaanse romans, hope kortverhale en talle Afrikaanse radiovervolgverhale, waarvan talle maande lank voortgegaan het, veral op die destydse kommersiële radiosender Springbok Radio. 'n Frase wat landwyd bekend geword het, was dié inleiding tot die radiovervolgverhaal Die Indringer: 'n verhaal wat elke moederhart sal roer.[1]
[wysig] Verwysings
- ↑ Die Burger 13/11/1999