Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Anorganiese chemie - Wikipedia

Anorganiese chemie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Anorganiese chemie is die vertakking van chemie wat gemoeid is met die eienskappe en reaksies van anorganiese verbindings. Dit sluit al die chemiese stowwe in buiten die wat op koolstofkettings of -ringe gebaseer is en wat organiese verbindings genoem word en wat bestudeer word in die vertakking wat bekend staan as organiese chemie. Die skeidslyn tussen die twee studievelde is nie absoluut nie en daar vind heelwat oorvleueling plaas veral ten opsigte van die ondervertakking organometaalchemie.

Inhoud

[wysig] Geskiedkundige Definisie

Geskiedkundig is Anorganiese Chemie gedefinieer as die studie van chemiese elemente en reaksies wat nie met lewende organismes verbind word nie.

Sedert Friedrich Wöhler die organiese stof ureum vanuit die anorganiese verbinding Ammoniumsianaat in 1828 berei het, het die onderskeid gebaseer op die chemie van lewende organismes en die van nie-lewende voorwerpe egter begin vervaag.

[wysig] Vertakkinge

Hoof vertakkinge van anorganiese chemie sluit in:

  • Minerale, soos sout, asbes, silikate, ...
  • Metale en hulle allooie, soos yster, koper, aluminium, geelkoper, brons, ...
  • Verbindings wat nie-metaalagtige elemente insluit, soos silikon, fosfor, chloor, suurstof, soos onder ander water
  • Metaalkomplekse
  • Kristallografie
  • Koloïedchemie

Produkte vervaardig uit Anorganiese stowwe van kommersiële belang sluit in silikonskywe, transistors, Vloeibare kristal skerms, optiese vesel kabels en 'n groot aantal kataliste.

Anorganiese chemie is gebaseer op fisiese chemie en vorm die basis vir mineralogie en materiaal chemie. Dit oorvleuel met geo-chemie, analitiese chemie, omgewingschemie en organometaalchemie.

Organometaalchemie kombineer aspekte van organiese chemie met dié van anorganiese chemie en word formeel gedefinieer as die studie van stowwe wat metaal-koolstof bindings bevat, al bevat baie organometalliese verbindings glad nie sulke bindings nie. Van die eenvoudigste organometalliese verbindings is die metaalkarboniele waar die koolstof in koolstofmonoksied met 'n metaal verbind. Vitamiene B12, waarvan die aktiewe liggings soortgelyk is aan dié van hemoglobien is 'n organometalliese verbinding wat natuurlik voorkom en van groot belang in die menslike metabolisme is en bevat groot organiese komponente (korrien en proteïen) en 'n metaal, kobalt, wat aan die koolstof gebind is.

Anorganiese chemie sluit beide molekulêre verbindings in wat as diskrete molekules bestaan asook kristalle, waarvan die struktuur beskryf kan word as 'n oneindige raamwerk van reëlmatig geordende atome en wat in kristallografie en vastetoestand chemie bestudeer word.

[wysig] Reaksies

Tipiese reaksies betrokke by anorganiese chemie en waarvan die reaksietempo tipies ordes groter is as die van tipiese organiese reaksies, is:

  • Redoks reaksies
  • Suur-Basis-Reaksies
  • Komplekse reaksies

[wysig] Sien ook

Sien ook die Belangrike publikasies in anorganiese chemie

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com