Ryk (biologie)
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
In die biologie is 'n ryk (soms: koninkryk) die hoogste taxon in die wetenskaplike klassifikasie. Oorspronklik is daar twee ryke onderskei: die diere en die plante. Teenwoordig word ses ryke gebruik:
- Die archaea, prokaryote met 16S rRNA (rRNA is ribosomaal-RNA).
- Die bacterieë, prokaryote met 5S rRNA.
- Die protiste is eenselliges met selkern (eukaryote).
- Die plante. Dit is veelsellige eukaryote wat hulle eie voedsel aanmaak d.m.v. fotosintese.
- Die diere. Dit is veelsellige eukaryote wat voedsel ekstern opneem. Sy kan hulle beweeg.
- Die skimmels. Dit is veelsellige eukaryote wat voedsel ekstern opneem.
Ook word organismes ingedeel in drie superryke, die archaea, die bakterieë en die eukaryote.
In die begin was daar ook 'n derde ryk vir die minerale bedink. Die oorspronklike onderverdelinge in taxons word nie meer gebruik nie omdat die insigte hieroor gewysig is.
Haeckel (1894) Drie ryke |
Whittaker (1959) Vyf ryke |
Woese (1977) Ses ryke |
Woese (1990) Drie superryke |
---|---|---|---|
Protiste | Monere | Eubakterieë | Bakterieë |
Archaea | Archaea | ||
Protiste | Protiste | Eukaryote | |
Plante | Skimmels | Skimmels | |
Plante | Plante | ||
Diere | Diere | Diere |