Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Rösti - Wikipedia

Rösti

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Switserse Rösti
Vergroot
Switserse Rösti

Rösti (wat dikwels ook Röschti geskryf word; Frans: pommes de terre rôties) is geroosterde aartappelkoekies en een van die bekendste geregte van die Switserse kookkuns.

Die resep dateer vermoedelik uit die 19de eeu en het oorspronklik veral in die omgewing van Zürich die tradisionele ontbyt van melk- en papgeregte vervang. Rösti het vinnig ook in die omgewing van Bern en in die Franstalige gebiede van Switserland gewild geraak, waar hulle pommes de terres rôties ("geroosterde aartappels") genoem is. Die Duitse naam van die gereg is uit Frans ontleen (die kappie oor die o in rôties verwys na 'n s, wat vandag nie meer uitgespreek word nie).

Rösti is aanvanklik veral 'n gewilde ontbyt vir boere, wat hard op hulle plase moes werk. Mettertyd ontwikkel Rösti egter orals in Switserland tot 'n goedkoop maaltyd en uiteindelik 'n bygereg by die middag- of aandete, wat in verskillende variasies berei word. Vandag word dit nog nouliks as 'n ontbyt bedien.

Die hoofbestanddeel van Rösti is steeds gerasperde aartappels, wat gerooster word. Hulle word dikwels met 'n verskeidenheid byvoegsels soos uie, spek, kaas, groente, appels of vars kruie) verfyn.

Fynproewers verskil nog steeds oor die "juiste" metode van rösti-maak, byvoorbeeld of vars of liewer gekookte aartappels gebruik moet word en ook watter soort aartappels die mees geskikte sou wees vir die gereg. In die algemeen gee die fynproewers van Bern die voorkeur aan gekookte aartappels, terwyl in Zürich en die oostelike Switserland meesal vars aartappels gerasper word.

As 'n bygereg vir 'n souserige vleisdis blyk gekookte aartappels die beste keuse te wees. Word die rösti egter as 'n hoofgereg bedien (byvoorbeeld met 'n kaaskors), word die beste resultate met vars aartappels behaal.

Die Duitse term Röstigraben verwys na die verskil ten opsigte van mentaliteit en politieke oortuigings tussen Duits- en Franstalige Switsers en word dikwels gebruik, wanneer 'n verkiesing of referendum verskillende uitslae in die Duits- en Franstalige gebiede oplewer.

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com