Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Esoterie - Wikipedia

Esoterie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Esoterie verwys na die innerlike perspektief van 'n mens in terme van bewussyn, nabetragting, en diepdenkendheid. Esoterie staan in teenstelling met eksoterie wat verwys na die uiterlike of alledaagse bewussynsvlak.

Die woord esoterie is afgelei van die Griekse esoterikos, wat "innerlik", "verborge" en "geheim" beteken. Okkultiste is mense wat daarin geslaag het om die geheime van esoteriese kennis te ontrafel.

Mense het reeds sedert die antieke tydperk vermoed dat daar oorkant alle eksoteriese kennis en eksoteriese godsdienste 'n verborge essensiele wysheid moet wees, en esoteriese filosowe en denkers het hulle met 'n verskeidenheid esoteriese leerstellings en praktyke besig gehou.

[wysig] Wetenskaplike of pseudowetenskaplike bedrywighede

Natuurlike verskynsels word ondersoek om meer oor die spirituele wêreld te wete te kom. Die hoofrigtings is

  • Alchemie: Alchemie is in wese 'n primitiewe soort skeikunde, wat poog om onedele metale in goud te verander. Maar sy allegoriese betekenis verwys na die suiwering deur vuur en die skeiding en ontdekking van die suiwer gees. Baie leerstellings beskou sout, swael en kwik, wat deur alchemiste gebruik is, as simbole van die drie-eenheid.
  • Astrologie (Sterrewiggelary): Sterrewiggelary is 'n esoteriese wetenskap wat beweer dat die sterre en planete die lewe van 'n mens beïnvloed. Die presiese posisie van sterre en planete tydens die geboorte van 'n mens bevat vir die astroloog belangrike gegewens oor die voormalige en huidige lewe van 'n mens en sy lot.
  • Numerologie: Hierdie wetenskap beweer dat daar 'n ooreenkoms tussen nommers en esoteriese gedagtes is. Die geheimleer kabbala is uit antieke Joods-Christelike geskrifte ontwikkel en poog om 'n geheime waarheid in die Hebreeuse Geskrifte te vind, wat ontrafel kan word deur die ooreenkomste tussen nommers en Hebreeuse letters te ondersoek.

[wysig] Selferkenning of selfontdekking

Die geheime van die spirituele wêreld word ontrafel nadat 'n mens sy ware self ontdek het. Hoofrigtings sluit in

  • Antroposofie: Die spirituele wêreld word deur middel van kennis ontrafel.
  • Scientologie: Scientologie beweer dat geestelike wesens of siele (Thetane) die heelal geskep het. Ná 'n lang reeks van hergeboortes het hulle as gevolg van engramme - gestoorde herinnerings aan onaangename ervarings - vergeet wie en wat hulle werklik is. Dianetiek en Scientologie is gemik daarop om daardie engramme te verwyder om sodoende die selfbewussyn van 'n mens te herstel.

[wysig] Gebruik van psigiese vermoëns

Die gebruik van buitesintuiglike waarneming maak kommunikasie met die spirituele wêreld moontlik. Hoofrigtings sluit in

  • Die Aetherius-geselskap: Kosmiese Meesters van die Interplanetêre Parlement soos Jesus Chistus, Boeddha en Krisjna het in 1954 besluit om die Londenaar Dr. George King as hulle kommunikasiekanaal te gebruik, aldus die Aetherius-geselskap, wat sy hoofkwartier tans in Los Angeles (Verenigde State) het. Die Kosmiese Meesters gebruik vlieënde pierings om besoek aan die Aarde af te lê.
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com