Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Wit (kleur) - Wikipedia

Wit (kleur)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Vir alternatiewe betekenisse, sien Wit


#ffffff

Wit is 'n kleur (meer akkuraat gestel bevat dit alle kleure van die spektrum, en word soms as 'n achromatiese kleur beskryf — swart is die afwesigheid van kleur) wat 'n hoë helderheid maar geen skakering het nie. Die indruk van wit lig kan geskep word deur toepaslike sterktes van die primêre-kleur spektrum te meng (deur 'n proses genaamd "bytellende menging"): rooi, groen en blou. Daar moet gelet word daarop dat die lig wat deur hierdie tegniek verskaf word, grootliks verskil van dié wat deur gloeiing (sien onder) verskaf word.

Inhoud

[wysig] Verf

In verfwerk kan wit geskep word deur omgewingslig vanaf 'n wit pigment te reflekteer. Wanneer wit met swart gemeng word ontstaan grys.

[wysig] Wit lig

Totdat Newton se werk aanvaar is, het meeste wetenskaplikes geglo dat wit lig die fundamentele kleur van lig is, en dat ander kleure gevorm word slegs deur iets by lig te voeg. Newton het bewys dat wit lig gevorm word deur die ander kleure te kombineer.

In die wetenskap van beligting is daar 'n kontinuum van ligkleure wat "wit" genoem kan word. Een stel van kleure wat hierdie beskrywing verdien is die kleure wat vrygestel word ('n proses genaamd gloeiing) deur 'n swart liggaam by verskillende relatief-hoë temperature. Byvoorbeeld, die kleur van 'n swart liggaam teen 'n temperatuur van 2848 Kelvin stem ooreen met dié wat deur 'n huishoudelike gloeilamp afgegee word. Daar word gepraat van "die kleurtemperatuur van só 'n gloeilamp is 2848 K". Die wit lig wat gebruik word in teaterbeligting het 'n kleurtemperatuur van sowat 3200 K. Daglig het 'n naamwoordelike kleurtemperatuur van 5400 K (genoem gelyke-energie wit), maar kan wissel vanaf 'n koel rooi tot 'n blou 25,000 K. Nie alle swartliggaam-uitstraling kan as wit lig oorweeg word nie: die agtergrondstraling van die heelal, om 'n uiterste voorbeeld te gebruik, is slegs 'n paar Kelvin en heel onsigbaar.

[wysig] Standaard witte

Standaard witte word gereeld gedefinieer met verwysing na die International Commission on Illumination (CIE) se chromatisiteitsdiagram. Hierdie is die D-reeks van standaard-verligters. Verligter D65, oorspronklik ooreenstemmend met 'n kleurtemperatuur van 6 500 K, is geneem as die voorstelling van standaard daglig.

[wysig] Rekenaars

Rekenaarskerms het gewoonlik 'n kleurtemperatuur-kontrole, wat die gebruiker toelaat om die kleurtemperatuur te kies (gewoonlik vanuit 'n klein stel vooraf-bepaalde waardes) van die lig wat uitgestraal word wanneer die rekenaar 'n elektriese sein stuur wat ooreenstem met "wit". Die RGB-komponente van wit is <255,255,255>, waar die syfers die intensiteit van rooi, groen en blou aandui op 'n skaal van 0 tot 255.

[wysig] Gebruik, simboliek, volksmond-uitdrukkings

  • Die term wit word gereeld in die Weste gebruik om die "ras" van sogenaamde Kaukasiese mense aan te dui, d.w.s. mense van Europese/Wes-Asiese afkoms met ligte velkleur. Hierdie velkleur mag in werklikheid van pienk tot vaalbruin strek, en oorvleuel met sommige mense wat as "swart" geklassifiseer mag word. Vir meer inligting, sien Blankes.
  • Wit geraas, in akoestiek, is 'n sisklank wat gewoonlik 'n irritasie is, alhoewel dit ook spesifiek vir toetsdoeleindes geskep kan word.
  • Afwitting, figuurlik gesproke, beteken 'n poging om die waarheid te verbloem deur 'n spul leuens. Sien propaganda.
  • Witsig is 'n weerverskynsel waarin sig verminder word en oppervlakdefinisie verlore word in sneeuomgewings
  • In Sjinese en Indiese tradisie is wit die kleur van rou, dood en spoke.
  • Wit is die tradisionele kleur van die bruidsrok in beide westerse (Europese) en Japannese troues.
  • Wit word gereeld geassosieer met Konserwatisme (teenoor Kommunisme), spesifiek in die jare na die Eerste Wêreldoorlog, met burgeroorloë geveg tussen die "Rooies" en die "Wittes", soos byvoorbeeld in die Russiese Burgeroorlog en die Burgeroorlog in Finland.
  • 'n Wit vlag is 'n internasionale teken van óf 'n oorgawe, óf 'n wapenstilstand. Dit is 'n teken van vreedsame bedoelings, tipies in oorlogstyd.
  • 'n Wit lint word deur bewegings gedra wat teen geweld teenoor vroue betoog. Dit word ook deur sekere feministe gedra, en was 'n simbool vir vrede in Quebec aan die begin van 2003 as deel van die algemene teenstand tot die oorlog in Irak.
  • Om "die wit veer te wys" is om lafhartigheid te toon. In haangevegte word 'n wit veer in die stert beskou as 'n teken van swak teling. In Victoriaanse Engeland is aan 'n vermeende lafaard 'n wit veer gegee.
  • Wit is ook een van die twee opponente in vele bordspelle van abstrakte strategie, soos go, skaak en dambord.

[wysig] Kleurkoördinate

  • RGB:
    • R: 255
    • G: 255
    • B: 255
  • CMYK:
    • C: 0
    • M: 0
    • Y: 0
    • K: 0
  • HSV:
    • H: 0
    • S: 0
    • V: 100

Heksadesimale drietal: #FFFFFF

[wysig] Sien ook

  • Lys van kleure
Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com