Valhalla
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Volgens die Skandinawiese mitologie is Valhalla 'n uitsonderlike paradys - die siele van krygers wat in 'n slag gesneuwel het is hierheen geneem. Walkures - Odin se strydmaagde - verkwik die krygers hier met dranke. Dikwels word Valhalla ook as die plek beskryf waar die finale slag tussen die magte van goed en kwaad gaan plaasvind.