Telefoon
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die telefoon of net normaalweg, foon (vanuit Grieks τῆλε (ti:le) tele = ver, en φωνή (fɒni:) foon = stem) is 'n telekommunikasietoestel wat gebruik word om klank oor 'n afstand te vervoer en te ontvang. Die meeste telefone werk deur elektriese seine te versend oor 'n ingewikkelde telefoonnetwerk, wat veroorsaak dat amper enige twee persone met mekaar kan kommunikeer.