Suid-Sotho
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
- Sotho stuur aan na hierdie artikel. Alhoewel Sotho gewoonlik na Suid-Sotho verwys, kan dit dalk ook verwys na die Sotho-tale in die algemeen.
Die taal Suid-Sotho (Sesotho in Suid-Sotho) word deur rondom 3 104 197 mense gepraat (1996-sensus) in Suid-Afrika waar dit 'n amptelike taal is. Dit is ook die amptelike taal van Lesotho. Daar is 'n paar ortografiese verskille tussen die Suid-Sotho van Suid-Afrika en dié van Lesotho. Suid-Sotho is deel van die Sotho-taalfamilie.