Osaka
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Osaka (Hepburn: Ōsaka, Japanees: 大阪), is die derde grootste stad in Japan, met 'n bevolking van 2,7 miljoen. Die stad is op die Honshu-eiland, by die mond van die Yodo-rivier op Osaka-baai. Die stad is een van Japan se hoof industriële sentrums en hawes.
Dit is geleë in die middel van die Osaka-Kobe-Kyoto-metropolitaanse gebied.
In die Nippon-shiki- en Kunrei- Romeinse stelsels, is die stad se naam Ôsaka, en in JSL, is dit Oosaka. Alternatiewe Hepburn-metodes verwys ook na die twee laasgenoemde alternatiewe spelvorms.