Ebooks, Audobooks and Classical Music from Liber Liber
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z





Web - Amazon

We provide Linux to the World


We support WINRAR [What is this] - [Download .exe file(s) for Windows]

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
SITEMAP
Audiobooks by Valerio Di Stefano: Single Download - Complete Download [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Alphabetical Download  [TAR] [WIM] [ZIP] [RAR] - Download Instructions

Make a donation: IBAN: IT36M0708677020000000008016 - BIC/SWIFT:  ICRAITRRU60 - VALERIO DI STEFANO or
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Ingewandskoors - Wikipedia

Ingewandskoors

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Ingewandskoors (ook bekend as buiktifus wat egter verwarring skep deurdat dit soos 'n onverwante siekte Tifus klink) is 'n siekte wat veroorsaak word deur die bakterium Salmonella typhii. Dit kom wêreldwyd algemeen voor en word versprei deur water of voedsel wat besmet is met die ontlasting van 'n persoon wat daarmee aangesteek is. Na 'n persoon aangesteek het kry hy simptome wat 'n hoë koors van 39 ° tot 40 °C wat stadig styg, 'n stadige polsslag (bradikardie), swakheid, kopsere, gebrekkige aptyt, ernstige diarree, maagkrampe, en 'n uitslag wat bestaan uit plat, rooskleurige vlekke - ook roosvlekke genoem. Uiterste simptome soos gaatjies in die ingewande of bloeding, hallusinasies en verwarring is ook moontlik. Diagnose word gemaak deur bloed-, beenmurg- of stoelgangkulture saam met die Widal-toets (wys teenwoordigheid van salmonella teenliggaampies teenoor antigene O-somaties en H-flagellaar) of in armer lande met die diazo uriene toets. In minder welgestelde lande word, nadat malaria, disenterie of longontsteking as oorsake uitgeskakel is, 'n terapeutiese toediening van chlooramfenikol gegee terwyl daar gewag word op die resultate van die Widal-toets en bloedkulture. Ingewandskoors kan noodlottig wees. Antibiotika soos ampisillien, chlooramfenikol, trimetopriem-sulfametoksasool en siprofloksasien word algemeen ingespan om ingewandskoors te behandel.

Dit kan ook gebeur dat mense asimptomatiese draers van ingewandskoors kan word, wat geen uiterlike simptome vertoon nie, maar in staat is om ander aan te steek. In 1907 het Mary Mallon die eerste Amerikaanse draer geword om geïdentifiseer te word. Ongeveer 5% van die mense wat ingewandskoors opdoen word as sulks draers van die siekte nadat hulle herstel het.

As ingewandskoors nie behandel word nie kan dit aangaan vir drie weke tot 'n maand. Sterfgevalle kom voor in tussen 10% tot 30% van onbehandelde gevalle. Inentings vir ingewandskoors is beskikbaar en word aanbeveel vir mense wat in streke reis waar die siekte algemeen voorkom (veral Asië, Afrika en Latyns-Amerika).

Ingewandskoors het al die lewens van verskeie beroemde mense geëis, onder andere Franz Schubert, Mark Hanna en Wilbur Wright.


[wysig] Verwysings

Our "Network":

Project Gutenberg
https://gutenberg.classicistranieri.com

Encyclopaedia Britannica 1911
https://encyclopaediabritannica.classicistranieri.com

Librivox Audiobooks
https://librivox.classicistranieri.com

Linux Distributions
https://old.classicistranieri.com

Magnatune (MP3 Music)
https://magnatune.classicistranieri.com

Static Wikipedia (June 2008)
https://wikipedia.classicistranieri.com

Static Wikipedia (March 2008)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com/mar2008/

Static Wikipedia (2007)
https://wikipedia2007.classicistranieri.com

Static Wikipedia (2006)
https://wikipedia2006.classicistranieri.com

Liber Liber
https://liberliber.classicistranieri.com

ZIM Files for Kiwix
https://zim.classicistranieri.com


Other Websites:

Bach - Goldberg Variations
https://www.goldbergvariations.org

Lazarillo de Tormes
https://www.lazarillodetormes.org

Madame Bovary
https://www.madamebovary.org

Il Fu Mattia Pascal
https://www.mattiapascal.it

The Voice in the Desert
https://www.thevoiceinthedesert.org

Confessione d'un amore fascista
https://www.amorefascista.it

Malinverno
https://www.malinverno.org

Debito formativo
https://www.debitoformativo.it

Adina Spire
https://www.adinaspire.com