Gito Baloi
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Gito Baloi is gebore in Mosambiek (1964 - 4 April 2004) en was 'n jazz musikant en baskitaarspeler, wat bekendheid in Suid-Afrika verwerf het as lid van die trio Tananas. Hy is 4 April 2004 in Johannesburg om die lewe gebring deur 'n onbekende groep mans terwyl hy van 'n konsert af huis toe bestuur het. Hy word oorleef deur sy vrou, kunstenaar Erika Hibbert, en kinders Lorha en Tiva.
[wysig] Sien ook
- Ian Herman
- Steve Newman