ECHELON
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Antenna 4 van die Echelon intelligensie-invorderingstasie te Silwermyn, Kaapse Skiereiland, Suid Afrika.
ECHELON is 'n uiters geheime wêreldwye seinonderskeppings- en analisenetwerk wat deur die [UKUSA]-gemeenskap bedryf is. [1] ECHELON kan bykans enige plek in die wêreld, radio- en satellietkommunikiasie, telefoonoproepe, fakse en eposboodskappe onderskep. Dit sluit ook outomatiese analise en sortering van onderskepte boodskappe in. Daar word geskat dat [2] ECHELON tot bykans 3 miljard boodskappe daagliks onderskep.