Bastille Dag
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Bastille Dag is die Franse nationale vakansiedag wat elke jaar op 14 Julie gevier word. Dit word in Frankryk die Fête Nationale (Nasionale Fees) genoem. Dit herdenk die Fête de la Fédération van 1790, wat gehou is op die eerste herdenking van die storm op die Bastille op 14 Julie 1789; die Fête de la Fédération is gesien as 'n simbool vir die opkoms van die moderne Franse "nasie", en van die rekonsiliasie van al die Franse binne die grondwetlike monargie wat die Eerste Republiek voorafgegaan het tydens die Franse Rewolusie.