Wikipedia:Redigeer
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Wat wikipedia besonder maak is dat enigiemand enige bladsy kan redigeer: jy kan foute korrigeer, 'n paar lyne byvoeg, 'n artikel vertaal en hier plaas, of selfs 'n totaal nuwe artikel skryf. Hierdie bladsy verskaf slegs 'n klein opsomming van die eenvoudigste dinge. Sien gerus die dokumentasie by Meta-Wikipedia (in Engels) wat op datum gehou word. 'n Artikel kan gewysig word deur te klik op wysig bo-aan 'n artikel. Hier kan u ook sien hoe die artikel geskryf is. Eksperimenteer gerus in die Sandput.
Onthou om altyd te klik op Wys voorskou voordat u 'n bladsy stoor, sodat u die resultaat van u redigeerwerk kan sien.
- Om 'n opskrif vir 'n afdeling in 'n artikel te maak, gebruik
== Opskrif ==
of
=== Sub-opskrif ===
- Om 'n skakel na 'n ander artikel te maak, gebruik
[[artikelnaam]]
- Om u handtekening op besprekingsbladsye te los, gebruik
~~~~