Gebruiker:Morne
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
[wysig] Persoonlike gegewens
Morné van Rooyen is gebruiker Morne se naam. Ek woon op Saldanha en is redakteur van die Swartland en Weskus Herald. My belangstellings is veral Aardrykskunde en Geskiedenis, maar eintlik baie wyd. Ek hoop om te help om die Afrikaanse Wikipedia aan te vul tot hy kan saampraat in die 10 000+ afdeling. Wanneer ek nie by die koerant werk of hier rondspeel nie, is ek ook vryskutvertaler van Christelike lektuur vir 'n bekende Christelike uitgewery. My e-posadres is mcvanrooyen@hotmail.com.
[wysig] Bydraes
Van my bydraes sedert ek aangesluit het, is Weskusdorpe soos Langebaan, Vredenburg, Saldanha, Hopefield, Mykonos en Velddrif, asook 'n hele paar bydraes oor Zambië en Namibië. Ek probeer ook om meer Suid-Afrikaanse dorpe by te dra en alles wat daaruit voortspruit.