Gebruiker:EvZ
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
af | Hierdie gebruiker se moedertaal is Afrikaans. |
EvZ is Ettienne van Zyl, 'n vertaler en redigeerder. Ek is reeds van 1987 af voltyds in dié bedryf. In 2002 het ek by die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut aangesluit en is in 2003 daar geakkrediteer as professionele vertaler. So twee jaar terug het ek 'n bevlieging gekry en het ek besluit om 'n formele kwalifikasie te kry en gevolglik is ek nou besig met die Nasionale Diploma (Taalpraktyk) deur UNISA.
Vandat ek die Afrikaanse Wikipedia ontdek het, is ek redelik opgewonde en gretig om 'n bydrae te lewer om 'n nuwe, nuttige Afrikaanse naslaanbron te hê. Ek betreur al lank die feit dat die laaste goeie, omvattende wêreldensiklopedie in Afrikaans in die vroeë 1980's uitgekom het en dat daar sedertdien nog nie weer iets van daardie gehalte verskyn het nie. Nog 'n groot voordeel van Wikipedia is die feit dat 'n mens in Engels kan navorsing doen en dan kan sien of Afrikaanse inligting oor dieselfde onderwerp beskikbaar is. Omdat die Engelse artikels voortdurend verbeter word en groei, wil ek ook graag die artikels wat ek voltooi het, op datum hou.
Inhoud |
[wysig] Doelwitte
Ek skryf nie graag nie, want dit vat my te lank, maar ek het darem al deur die jare 'n redelike vertaalspoed opgebou. Ek wil dus 'n bydrae lewer deur soveel volledige artikels te vertaal as wat ek kan. Ek wil ook nog probeer om bestaande saadjies uit te brei sodat soveel ensiklopediese inligting as moontlik in Afrikaans beskikbaar is. My belangstellingsveld is redelik wyd en ek moes al oor baie onderwerpe navorsing doen . Ek het ook darem redelik baie naslaanbronne tot my beskikking en sal my bes doen om wat ek vertaal so goed as moontlik na te vors voor ek dit plaas.
Verder beywer ek my ook om die gehalte van wat reeds bestaan, te verbeter. My redigeerdersbrein (-gewete?) kom altyd in opstand teen inkonsekwenthede en ek sal probeer om waar ek kan, beleide konsekwent deur te voer.
[wysig] Bydraes
[wysig] Nuwe, volledige artikels
[wysig] Musiek
- Europese klassieke musiek (Uit Engels vertaal, 1/2006)
[wysig] Antieke Geskiedenis
- Kambuses, Persiese koning (Uit Engels vertaal, 2/2006)
- Zenobia, Siriese koningin (Uit Engels vertaal, 2/2006)
[wysig] Literatuur
- Antjie Krog (Uit Engels vertaal, 4/2006)
[wysig] Geografie
- Tigrisrivier (Uit Engels vertaal, 4/2006)
[wysig] Europese Geskiedenis
- Magna Carta (Kort stukkie, uit Nederlands, 5/2006)
- Jan van Engeland ('n Deel van die Engels vertaal, 6/2006)
[wysig] Allerlei
- Christophe Plantin, 16de-eeuse drukker (Uit Engels vertaal, 8/2006)
- Mozart-effek (Uit Engels vertaal, 8/2006)
[wysig] Ek werk aan
- 20ste-eeuse klassieke musiek
- Alexander die Grote — brei saadjie uit
- Barokmuskiek
- Cyrus II van Persië
- Definisie van musiek
- Elizabeth I van Engeland
- Frank Lloyd Wright
- Fuga
- Klassieke musiekperiode
- Leonardo da Vinci — brei kort artikel uit
- Ludwig van Beethoven
- Melodie
- Musieknotasie
- Musiekteorie
- Persiese Ryk
- William Shakespeare