Wikipedia:Bladsye vir vertaling
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Bladsye in ander tale verteenwoordig 'n ryk bron van materiaal vir die Afrikaanse Wikipedia. Meeste groot wiki's het 'n lys van hulle beste artikels en as jy iets soek om te vertaal is dit 'n uitstekende wegspringpunt. Jy kan ook 'n artikel waarvoor 'n vertaling spesifiek versoek is aanpak, of die vertaling van die week op die meta wiki kies. Hierdie onderwerpe word hieronder meer breedvoerig bespreek.
Inhoud |
[wysig] Topartikels in ander tale
[wysig] In Nederlands
Die Nederlandse wikipedia [1] het 'n indrukwekkende 150 000+ artikels en sommer vier lyste om van te kies:
- 'prima' artikels [2]
- Uitmuntend soos beoordeel deur die skryfwedstrydkommissie
- Wikipedia:Uitgelicht - Kwaliteitsartikels wat prominent op die tuisblad vertoon is.
- Wikipedia:Etalage - 'n klein groep artikels wat die gebruikers van Wikipedia besonder waardeer (word tans hersien)
Let daarop dat daar soms subtiele verskille tussen Afrikaans en Nederlands is. 'Vaak' beteken byvoorbeeld heel verskillende dinge in Afrikaans (slaperig) en Nederlands (dikwels). Moet egter nie laat dit jou verhinder om iets te vertaal nie – iemand sal dit wel regmaak. Nuttige wenke oor vertaling uit Nederlands kan opgespoor word by: Afrikaans-Nederlandse samewerking.
Naby verwant aan die Nederlandse wiki is ook die Limburgse en Fries wiki's wat ook vir Afrikaanssprekendes verstaanbaar behoort te wees. Die wiki's is uit die aard van die saak heelwat kleiner (onderskeidelik 1860 en 2329 artikels), maar dit mag wees dat daar artikels is oor Limburg en Friesland wat nie elders beskikbaar is nie, of wat van beter kwaliteit is.
Nederlands is natuurlik ook 'n amptelike taal in België (waar die lokale dialek as Vlaams bekend staan) en die Suid Amerikaanse land Suriname en behoort goeie inligting oor onderwerpe wat daarmee verband hou te hê.
[wysig] In Engels
Die Engelse wiki [3] is by verre die grootste met meer as 'n miljoen artikels. Dit vertoon elke dag 'n artikel onder die hofie 'Today's featured article' op sy tuisblad. Die artikels kom uit 'n lys van 927 uit die totaal van meer as 1 040 000 op die engelse wiki. Kies gerus 'n artikel uit en:Wikipedia:Featured_articles wat nog nie in Afrikaans vertaal is nie, of verbeter die bestaande artikel met vertaalde teks uit die Engelse artikel.
[wysig] In Duits
Die Duitse wiki [4] is die tweede grootste (na Engels) met meer as 370 000 artikels.
Top Duitse artikels word aangetref by: de:Wikipedia:Exzellente_Artikel
Ter interessantheid word Kleiner Wikipedia's in Tale wat nou verwant is aan Duits hier gelys:
- Lëtzebuergesch Die derde amptelike taal van Luxemburg. Met 8700+ artikels het dit meer as die Afrikaanse wiki - nogal indrukwekkend vir 'n taal met slegs 250 000 eerstetaalsprekers! Switserse sjokolade is byvoorbeeld onlangs uit Lëtzebuergesch vertaal.
- Plattdüütsche Wikipedia 2286 artikels
- D' alemannische Wikipedia 1829 artikels
[wysig] In Frans
Die Franse Wikipedia [5] is een van slegs 10 tale waar die wiki meer as 100 000 artikels het (Die ander is Engels, Duits, Italiaans, Japanees, Nederlands, Pools, Portugees, Spaans en Sweeds).
Articles de qualité 'n lys van 273 kwaliteitsartikels op die Franse wiki.
Sien ook (in Frans):
- Wikipédia:Article de la semaine/Articles de qualité Artikel van die week
- Wikipédia:Articles de qualité/Justification de leur promotion – rasionaal vir die insluiting as kwaliteitsartikels – dit is ook waar Fransprekendes artikels voorstel en of daarvoor of teen stem.
- fr:Wikipédia:Articles_de_qualité/Contestations_et_retraits Wikipédia:Articles de qualité/Contestations et retraits Artikels wat gebruikers voel uit die lys van kwaliteitsartikels gehaal moet word.
[wysig] Vertaling van die week
Die metawiki het 'n projek waarvolgens die gemeenskap bladsye kies wat in soveel moontlik tale vertaal moet word in 'n spesifieke week. Help ons om die artikels ook in Afrikaans te vertaal en neem ook gerus aan die stemmery deel. Papiervliegtuig was byvoorbeeld die vertaling van die week in week 11 van 2005.
Hierdie week se artikel is en:Great Hurricane of 1780, de:Großer Hurrikan von 1780.
Daar word ook gesoek na vinnige vertalings van die artikel en:Etoumbi, 'n dorpie in die Kongo waar Ebola onlangs uitgebreek het. Dit is slegs vyf lyne lank en is teen Maandagoggend, 22 Julie 2005 reeds in 35 tale vertaal.
Verlede week se artikel is en:Matsuo Basho die (haiku pennaam) van 'n Japanese digter uit die Edo tydperk. Vertalings sluit in: ca, de, es, fr, he, id, it, li, nn, ja, pl, scn, simple, fi, th, zh. Die Limburge vertaling is ongelukkig net 'n template:saadjie.
Meer inligting (in Engels) by:
Translation_of_the_week - Vertaling van die week
[wysig] Vorige vertalings sluit in (2005):
- Week 1 : tt:Qasím (ru:Касимов, en:Kasimov) (19 tale)
- Week 2 : zh:大熊猫 (en:Giant Panda) (26 tale)
- Week 3 : de:Pyramiden von Güímar (en:Pyramids of Güímar) (18 tale)
- Week 4 : Tuvan taal: Хөөмей (en:Xöömej) (13 tale)
- Week 5 : en:Lao (16 tale)
- Week 6 : en:Manama (23 tale)
- Week 7 : scn:Trisceli (12 tale)
- Week 8 : it:Lago di Bolsena (13 tale + foto's in commons)
- Week 9 : fi:Lapin sota () (18 tale)
- Week 10 : en:Enric Valor i Vives (13 tale)
- Week 11 : Papiervliegtuig (16 tale)
- Week 12 : fr:Oum Kalthoum (13 tale)
- Week 13 : ro:Nadia Comăneci, en:Nadia Comaneci (13 tale)
- Week 14 : en:Ainu language, ja:アイヌ語 (20 tale)
- Week 15 : en:Jawi - 'n aangepaste Arabiese alfabet vir die Maleise taal (15 tale)
- Week 16 : ja:第五福竜丸(13 tale)
- Week 17 : cs/de/eo/fr/ru:Antoni Grabowski 'n poolse chemiese ingenieur en Esperanto-Aktivis(29 tale)
- Week 18 : it:Fori Imperiali Monumentale pleine in antieke Rome van 46 v.C. tot 113 n.C.(11 tale)
- Week 19 : ru/de/eo/en/nn:Arsen Kotsoyev (12 tale)
- Week 20 : en:Matsuo Basho (20 tale)
- Week 21 : en:Whale song, (12 tale)
- Week 22 : en:Albireo (17 tale)
- Week 23 : en:Mihai Eminescu (12 tale)
- Week 24 : ro:Delta Dunării (19 tale)
- Week 25 : zh:黑脸琵鹭 (12 tale)
- Week 26 : en:Rock, Paper, Scissors (18 tale)
- Week 27 : en:BACH motif (12 tale)
- Week 28 : en:Trans-Saharan trade (16 tale)
[wysig] Versoeke vir vertaling
Hier volg artikels wat gebruikers graag in Afrikaans vertaal wil hê. Voeg gerus jou eie versoek by deur die bladsy te wysig.
[wysig] Vanuit Nederlands
braadstuk
[wysig] Vanuit Engels
[wysig] Wikipedia raamwerk
[wysig] Inhoud vir Uitgesoekte herdenkings
Help ons om die inhoud van die uitgesoekte herdenkings wat op die Tuisblad vertoon word te verbeter deur vertaling van arikels wat hier gelys word:
- en:Alan Turing - interessant, redelik kort en op Wikipedia:Uitgesoekte_herdenkings/28 Mei gelys (met prent)
- en:Theory_of_relativity (relatiwiteitsteorie) (Wikipedia:Uitgesoekte_herdenkings/29 Mei)
- en:Godiva - interessant, redelik kort en op Wikipedia:Uitgesoekte_herdenkings/31 Mei gelys (met prent)
[wysig] Vanuit Duits
[wysig] Vanuit Frans
[wysig] Bladsye wat vertaal moet word
Bladsye waar 'n Afrikaanse bladsy geskep is maar die teks nog geheel en al of gedeeltelik in 'n ander taal is, word gemerk as 'Bladsye wat vertaal moet word'. Dit word gedoen deur 'vertaal-onvoltooid'-templaat in te sluit wat die bladsy dan outomaties in die kategorie plaas en sigbaar maak op die "Bladsye wat vertaal moet word"- kategoriebladsy. Besoek gerus die lys by:Bladsye wat vertaal moet word
[wysig] Gereedskap en hulp met vertaling
- Wikipedia:Geselshoekie - heelwat onderwerpe relevant tot vertaling word hier bespreek, en jy kan altyd 'n nuwe onderwerp byvoeg.
- Ontwikkeling van nuwe Afrikaanse uitdrukkings vir nuwe begrippe