Wet op Afsonderlike Geriewe
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Wet op Afsonderlike Geriewe, Wet No 49 van 1953, het deel gevorm van die apartheidstelsel van rassesegregasie in Suid-Afrika.
Die wet het segregasie van alle openbare fasiliteite, insluitend geboue en vervoergeriewe afgdewing om kontak tussen verskillende rassegroepe in die land te beperk. Die wet het ook bepaal dat geriewe vir verskillende rasse nie noodwendig van gelyke gehalte hoef te wees nie en in praktyk is die beste geriewe vir die wit rassegroep gereserveer en was die vir ander rasse van minderwaardige gehalte.
Die wet is in 1989 deur President F.W. de Klerk opgehef, 'n paar maande voor die ontbanning van 'n reeks politieke partye, die vrylating van politieke gevangenes en die aanvang van onderhandelinge om apartheid te beƫindig in Februarie 1990.